Skrifture
Mosia 2


Hoofstuk 2

Koning Benjamin spreek sy volk toe—Hy beskryf die billikheid, geregtigheid en geestelikheid van sy heerskappy—Hy gee aan hulle raad om hulle Hemelse Koning te dien—Diegene wat rebelleer teen God sal sielesmart ly soos onblusbare vuur. Ongeveer 124 v.C.

1 En dit het gebeur dat nadat Mosia gedoen het soos sy vader hom beveel het, en ’n aankondiging in die hele land gemaak het, dat die volk hulleself versamel het deur die hele land, sodat hulle mag opgaan na die tempel om die woorde te hoor wat koning Benjamin met hulle sou spreek.

2 En daar was ’n groot aantal, en wel so baie dat hulle hul nie getel het nie; want hulle het uitermate vermenigvuldig en talryk geword in die land.

3 En hulle het ook van die aeerstelinge van hulle kuddes geneem, sodat hulle bofferandes kon bring en cbrandoffers dvolgens die wet van Moses;

4 En ook dat hulle dank mag betuig aan die Here hulle God, wat hulle uit die land Jerusalem gebring het, en wat hulle uitgelewer het uit die hande van hulle vyande, en regverdige manne aaangestel het om hulle bleraars te wees, en ook ’n regverdige man om hulle koning te wees, wat vrede gevestig het in die cland Zarahemla, en wat hulle geleer het om die gebooie van God te donderhou, dat hulle hul mag verheug en gevul word met eliefde teenoor God en alle mense.

5 En dit het gebeur dat toe hulle opkom na die tempel, het hulle hul tente rondom opgeslaan, elke man volgens sy agesin, bestaande uit sy vrou, en sy seuns, en sy dogters, en hulle seuns, en hulle dogters, vanaf die oudste af tot die jongste toe, elke gesin was geskei van mekaar.

6 En hulle het hulle tente opgeslaan rondom die tempel, elke man met sy atent se ingang na die tempel toe, sodat hulle gevolglik in hulle tente mag bly en die woorde hoor wat koning Benjamin met hulle sou spreek;

7 Want die skare was so groot dat koning Benjamin hulle nie almal kon onderrig binne die mure van die tempel nie, daarom het hy opdrag gegee dat ’n toring opgerig word sodat sy volk daardeur die woorde kon hoor wat hy met hulle sou spreek.

8 En dit het gebeur dat hy met sy volk begin spreek het vanaf die toring; en hulle kon nie almal sy woorde hoor nie vanweë die grootte van die skare; daarom het hy die woorde wat hy gespreek het laat neerskryf en uitgestuur onder diegene wat nie onder die klank van sy stem was nie, sodat hulle ook sy woorde mag ontvang.

9 En dit is die woorde wat hy agespreek en laat neerskrywe het, en gesê het: My broers, julle almal wat julle versamel het, julle wat my woorde kan hoor wat ek met julle sal spreek hierdie dag; want ek het nie vir julle beveel om hierheen op te kom om die woorde bligtelik op te neem wat ek sal spreek nie, maar dat julle op my sal cag slaan, en julle ore oopmaak dat julle mag hoor, en julle dharte dat julle mag verstaan, en julle everstand dat die fverborgenhede van God oopgevou mag word tot julle aanskouing.

10 Ek het julle nie beveel om hierheen op te kom dat julle my sal avrees nie, of dat julle sal dink dat ek meer as ’n sterflike mens is nie.

11 Maar ek is soos julle, onderhewig aan allerhande swakhede van liggaam en verstand; tog is ek gekies deur hierdie volk, en geordineer deur my vader, en is toegelaat deur die hand van die Here dat ek ’n heerser en ’n koning oor hierdie volk sal wees; en behou en bewaar is deur sy ongeëwenaarde krag, om julle te dien met al die mag, verstand en krag wat die Here aan my geskenk het.

12 Ek sê vir julle dat omdat ek toegelaat is om my dae deur te bring in julle diens, en wel tot op die huidige tyd, en nie agoud nóg silwer nóg enige soort rykdom van julle gesoek het;

13 Ook het ek nie toegelaat dat julle in kerkers opgesluit sou word nie, nóg dat julle slawe die een van die ander sou maak, nóg dat julle sou moor, of roof of steel, of egbreuk pleeg; nóg het ek toegelaat dat julle enige vorm van boosheid sou pleeg, en het julle geleer dat julle die gebooie van die Here moet onderhou, in al die dinge wat Hy julle gebied het—

14 En selfs ek het agearbei met my eie hande dat ek julle mag dien, en dat julle nie belaai moet word deur belastings nie, en dat daar niks oor julle moet kom wat swaar was om te verdra nie—en van al hierdie dinge waarvan ek gespreek het, is julle self getuies hierdie dag.

15 Tog, my broers, ek het nie hierdie dinge gedoen dat ek mag roem nie, nóg vertel ek hierdie dinge dat ek julle daardeur mag beskuldig; maar ek vertel julle hierdie dinge dat julle mag weet dat ek met ’n rein agewete voor God hierdie dag kan antwoord.

16 Kyk, ek sê vir julle dat omdat ek aan julle gesê het dat ek my dae in julle diens deurgebring het, begeer ek nie om te roem nie, want ek was waarlik in die diens van God.

17 En kyk, ek vertel julle hierdie dinge dat julle awysheid mag leer; dat julle mag leer dat wanneer julle in die bdiens van jul cmedemens is, julle waarlik in die diens van julle God is.

18 Kyk, julle het my jul koning genoem; en as ek, wat julle jul koning noem, arbei om julle te adien, dan, behoort julle nie te arbei om mekaar te dien nie?

19 En kyk ook, as ek, wat julle jul koning noem, wat sy dae in julle diens deurgebring het, en tog in die diens van God was, enige dank van julle verdien, o, hoe behoort julle nie jul hemelse Koning te adank nie!

20 Ek sê vir julle, my broers, dat as julle al die dank en alof sou gee wat julle hele siel die mag het om te besit, aan daardie bGod wat julle geskape het, en julle behoed en bewaar het, en veroorsaak het dat julle jul sou verbly, en gegee het dat julle in vrede met mekaar moes lewe—

21 Ek sê vir julle dat as julle Hom sou dien wat julle geskape het van die begin af, en julle bewaar van dag tot dag, deur julle asem te verleen, sodat julle mag lewe en beweeg en handel volgens julle eie awil, en julle selfs ondersteun van een oomblik tot die ander—ek sê, as julle Hom sou dien met julle ganse siele, tog sou julle bonverdienstelike diensknegte wees.

22 En kyk, al wat Hy van julle vereis, is om sy agebooie te bonderhou; en Hy het julle belowe dat as julle sy gebooie sal onderhou, julle voorspoedig sal wees in die land; en Hy cwyk nooit af van dit wat Hy gesê het nie; daarom, as julle wel sy gebooie donderhou, seën Hy julle en maak julle voorspoedig.

23 En nou, in die eerste plek, Hy het julle geskape, en het aan julle jul lewe geskenk, waarvoor julle in die skuld is by Hom.

24 En tweedens, Hy vereis dat julle moet doen soos Hy julle gebied het; waarvoor, as julle dit doen, Hy julle onmiddellik aseën; en daarom het Hy julle betaal: En julle is steeds in die skuld by Hom, en is, en sal wees, vir ewig en ewig; daarom, wat het julle om oor te roem?

25 En nou vra ek, kan julle iets sê van julleself? Ek antwoord julle, Nee. Julle kan nie sê dat julle selfs soveel is as die stof van die aarde nie; tog is julle ageskape uit die bstof van die aarde; maar kyk, dit behoort aan Hom wat julle geskape het.

26 En ek, selfs ek, wie julle jul koning noem, is niks beter as wat julself is nie; want ek is ook van die stof. En julle sien dat ek oud is, en op die punt is om hierdie sterflike gestalte oor te gee aan sy moederaarde.

27 Daarom, soos ek aan julle gesê het dat ek julle gedien het, awandelend met ’n rein gewete voor God, en wel so het ek in hierdie tyd beveel dat julle bymekaar sou kom, sodat ek skuldeloos bevind mag word, en sodat julle bbloed nie oor my moet kom wanneer ek sal staan om geoordeel te word deur God van die dinge wat Hy my beveel het aangaande julle nie.

28 Ek sê vir julle dat ek bevel gegee het dat julle julself moet bymekaarmaak sodat ek my kleding mag areinig van julle bloed, op hierdie tydstip wanneer ek op die punt staan om neer te daal na my graf, dat ek mag neerdaal in vrede, en my onsterflike bgees mag aansluit by die ckore daarbo om die lof van ’n regverdige God te sing.

29 En bowendien, ek sê vir julle dat ek beveel het dat julle julself moet bymekaarmaak, sodat ek aan julle mag verklaar dat ek nie langer julle leraar nóg julle koning kan wees;

30 Want selfs op hierdie tydstip beef my hele gestalte uitermate terwyl ek probeer om met julle te spreek; maar die Here God onderskraag my, en het toegelaat dat ek met julle mag spreek, en het my gebied dat ek vir julle moet verklaar op hierdie dag, dat my seun Mosia ’n koning en heerser oor julle is.

31 En nou, my broers, ek wil hê dat julle moet doen soos julle tot dusver gedoen het. Soos julle my bevele onderhou het, en ook die bevele van my vader, en voorspoedig was, en verhoed is om in die hande van julle vyande te val, net so, as julle die bevele van my seun sal onderhou, of die gebooie van God wat oorgelewer sal word aan julle deur hom, sal julle voorspoedig wees in die land, en julle vyande sal geen mag oor julle hê nie.

32 Maar, o my volk, waak dat daar geen atwiste onder julle ontstaan nie, en julle kies om die bose gees te gehoorsaam, waarvan my vader Mosia gespreek het.

33 Want kyk, daar word wee uitgespreek oor hom wat kies om daardie gees te gehoorsaam; want as hy verkies om hom te gehoorsaam, en bly en sterwe in sy sonde, hy drink averdoemenis oor sy eie siel; want hy ontvang vir sy loon ’n bewigdurende straf, omdat hy die wet van God oortree het strydig met sy eie kennis.

34 Ek sê vir julle, dat daar geeneen onder julle is, behalwe dat dit julle klein kindertjies is wat nie geleer is aangaande hierdie dinge nie, of wat nie weet dat julle vir ewig in die skuld is by julle hemelse Vader, om aan Hom alles te gee wat julle het en is nie; en ook geleer is aangaande die kronieke wat die profesieë bevat wat gespreek is deur die heilige profete, en wel tot die tyd toe ons vader Lehi Jerusalem verlaat het;

35 En ook, alles wat gespreek is deur ons vaders tot nou toe. En kyk, ook, hulle het dit gespreek wat hulle beveel is deur die Here; daarom, hulle is juis en waar.

36 En nou, ek sê vir julle, my broers, dat nadat julle geweet het en al hierdie dinge geleer is, indien julle sou oortree en strydig optree met dit wat gespreek is, dat julle julself onttrek van die Gees van die Here, sodat dit geen plek mag hê in julle om julle te lei in die weë van wysheid, dat julle geseënd, voorspoedig en behoed mag wees nie—

37 Ek sê vir julle, dat die man wat dit doen, hy kom uit in openlike arebellie teen God; daarom verkies hy om die bose gees te gehoorsaam, en word ’n vyand van alle regverdigeid; daarom, die Here het geen plek in hom nie, want Hy woon nie in bonheilige tempels nie.

38 Daarom, as daardie man nie abekeer nie, en bly en sterwe as ’n vyand van God, wek die eise van goddelike bgeregtigheid sy onsterflike siel tot ’n lewendige besef van sy eie cskuld op, wat hom laat terugdeins van die teenwoordigheid van die Here, en sy bors vul met skuld, en pyn, en sielesmart, wat soos ’n onblusbare vuur is, waarvan die vlam opstyg vir ewig en ewig.

39 En nou sê ek aan julle, dat abarmhartigheid geen aanspraak het op daardie man nie; daarom is sy uiteindelike lot om nimmereindigende pyniging te verduur.

40 O, al julle ou manne, en ook julle jong manne, en julle klein kindertjies wat my woorde kan verstaan, want ek het duidelik met julle gespreek sodat julle mag verstaan, ek bid dat julle sal ontwaak tot ’n aherinnering aan die vreeslike toestand van diegene wat in oortreding verval het.

41 En bowendien, ek sou begeer dat julle moet nadink oor die geseënde en agelukkige toestand van diegene wat die gebooie van God onderhou. Want kyk, hulle is bgeseënd in alle dinge, beide stoflik en geestelik; en as hulle cgetrou bly tot die einde, word hulle in die dhemel ontvang, sodat hulle daardeur met God mag woon in ’n toestand van nimmereindigende geluk. O onthou, onthou dat hierdie dinge waar is; want die Here God het dit gespreek.