Skrifture
Mormon 9


Hoofstuk 9

Moroni doen ’n beroep op diegene wat nie in Christus glo nie om te bekeer—Hy verkondig ’n God van wonderwerke, wat openbaringe gee en gawes en tekens uitstort op die gelowiges—Wonderwerke hou op as gevolg van ongeloof—Tekens volg diegene wat glo—Die mens word vermaan om wys te wees en die gebooie te onderhou. Ongeveer 401–421 n.C.

1 En nou, ek spreek ook aangaande diegene wat nie in Christus glo nie.

2 Kyk, sal julle glo in die dag van julle besoeking—kyk, wanneer die Here sal kom, ja, en wel daardie agroot dag wanneer die baarde opgerol sal word soos ’n boekrol, en die elemente sal csmelt met vurige hitte, ja, in daardie groot dag wanneer julle gebring sal word om te staan voor die Lam van God—sal julle dan sê dat daar geen God is nie?

3 Sal julle dan langer die Christus loën, of kan julle die Lam van God aanskou? Veronderstel julle dat julle by Hom sal woon onder ’n bewustheid van julle skuld? Veronderstel julle dat julle gelukkig kan wees om te woon by daardie heilige Wese, wanneer julle siele gemartel word deur ’n bewustheid van skuld, dat julle altyd sy wette oortree het?

4 Kyk, ek sê vir julle dat julle ellendiger sal wees om te woon by ’n heilige en regverdige God, onder ’n bewustheid van julle vieslikheid voor Hom, as wat julle sou woon by die averdoemde siele in die bhel.

5 Want kyk, wanneer julle gebring sal word om julle anaaktheid te sien voor God, en ook die heerlikheid van God, en die heiligheid van Jesus Christus, sal dit ’n vlam aansteek van onblusbare vuur in julle.

6 O dan julle aongelowiges, bwend julle tot die Here; roep kragtig tot die Vader in die Naam van Jesus, dat julle miskien vlekkeloos, crein, en skoon, en wit bevind mag word, omdat julle gereinig is deur die bloed van die dLam, op daardie groot en laaste dag.

7 En verder spreek ek met julle wat die openbarings van God aloën, en sê dat hulle weggedoen is, dat daar geen openbarings is, nóg profesieë, nóg gawes, nóg genesing, nóg spreek in tonge, en die buitleg van tonge;

8 Kyk, ek sê vir julle, hy wat hierdie dinge loën, ken nie die aevangelie van Christus nie; ja, hy het nie die skrifture gelees nie; indien wel, bverstaan hy hulle nie.

9 Want lees ons nie dat God adieselfde is gister, vandag, en vir ewig nie, en in Hom is daar geen veranderlikheid of skaduwee van ommekeer nie?

10 En nou, as julle vir julle ’n god voorgestel het wat verander, en in wie daar ’n skaduwee van ommekeer is, dan het julle vir julle ’n god voorgestel wat nie ’n God van wonderwerke is nie.

11 Maar kyk, ek sal aan julle ’n God toon van wonderwerke, en wel die God van Abraham, en die God van Isak, en die God van Jakob; en dit is daardie selfde aGod wat die hemele en die aarde geskape het, en alle dinge wat in hulle is.

12 Kyk, Hy het vir Adam geskape, en deur aAdam het die bval van die mens gekom. En vanweë die val van die mens het Jesus Christus gekom, en wel die Vader en die Seun; en vanweë Jesus Christus het die cverlossing van die mens gekom.

13 En vanweë die verlossing van die mens, wat gekom het deur Jesus Christus, word hulle teruggebring na die teenwoordigheid van die Here; ja, dit is waardeur alle mense verlos word, omdat die dood van Christus die aopstanding teweegbring, wat ’n verlossing teweegbring uit ’n eindelose bslaap, uit welke slaap alle mense opgewek sal word deur die krag van God wanneer die trompet sal blaas; en hulle sal te voorskyn kom, beide klein en groot, en almal sal staan voor sy regbank, verlos en bevry van hierdie ewige cband van die dood, welke dood ’n tydelike dood is.

14 En dan kom die aoordeel van die Heilige Een oor hulle; en dan kom die tyd dat hy wat bvieslik is, steeds vieslik sal wees; en hy wat regverdig is, sal steeds regverdig wees; hy wat gelukkig is, sal steeds gelukkig wees, en hy wat ongelukkig is, sal steeds ongelukkig wees.

15 En nou, o julle almal wat vir julle ’n god voorgestel het wat ageen wonderwerke kan verrig nie, ek wil vir julle vra, het al hierdie dinge verbygegaan, waarvan ek gespreek het? Het die einde al gekom? Kyk, ek sê vir julle, Nee; en God het nie opgehou om ’n God van wonderwerke te wees nie.

16 Kyk, is die dinge wat God verrig het, nie wonderbaarlik in ons oë nie? Ja, en wie kan die wonderbaarlike awerke van God begryp?

17 Wie sal sê dat dit nie ’n wonderwerk was dat deur sy awoord die hemel en die aarde sou wees nie, en dat deur die krag van sy woord is die mens bgeskape uit die cstof van die aarde; en deur die krag van sy woord is wonderwerke verrig?

18 En wie sal sê dat Jesus Christus nie baie magtige awonderwerke gedoen het nie? En daar is baie magtige wonderwerke verrig deur die hande van die apostels.

19 En as daar toe awonderwerke verrig is, hoekom het God opgehou om ’n God van wonderwerke te wees, en tog ’n onveranderlike Wese te bly? En kyk, ek sê vir julle, Hy verander nie; indien wel, sal Hy ophou om God te wees; en Hy hou nie op om God te wees nie, en is ’n God van wonderwerke.

20 En die rede waarom Hy ophou om awonderwerke te doen onder die kinders van mense, is omdat hulle kwyn in ongeloof, en afwyk van die regte weg, en nie die God ken op wie hulle behoort te bvertrou nie.

21 Kyk, ek sê vir julle dat wie ook al in Christus glo, en glad nie twyfel nie, awat hy ook al die Vader sal vra in die Naam van Christus, dit sal aan hom gegee word; en hierdie belofte is aan almal, en wel tot aan die eindes van die aarde.

22 Want kyk, so sê Jesus Christus, die Seun van God, aan sy dissipels wat sou vertoef, ja, en ook aan al sy dissipels, ten aanhore van die skare: aGaan julle die hele wêreld in, en preek die evangelie aan elke skepsel;

23 En hy wat glo en gedoop word, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal averdoem word;

24 En hierdie atekens sal hulle volg wat glo—in my Naam sal hulle bduiwels uitwerp; hulle sal in nuwe tonge spreek; hulle sal slange opneem; en as hulle enige dodelike ding drink, sal dit hulle nie kwaad doen nie; hulle sal die chande lê op die siekes en hulle sal herstel;

25 En wie ook al in my Naam sal glo, en glad nie twyfel nie, aan hom sal Ek al my woorde abevestig, en wel tot aan die eindes van die aarde.

26 En nou, kyk, wie kan die werke van die Here weerstaan? aWie kan sy woorde loën? Wie sal opstaan teen die almagtige mag van die Here? Wie sal die werke van die Here verag? Wie sal die kinders van Christus verag? Kyk, julle almal wat bveragters is van die werke van die Here, want julle sal wonder en vergaan.

27 O dan, verag nie, en wonder nie, maar slaan ag op die woorde van die Here, en vra die Vader in die Naam van Jesus vir welke dinge julle ook al nodig sal hê. Twyfel nie, maar wees gelowig, en begin soos in die dae van die voortyd, en akom na die Here met julle hele bhart, en cwerk julle eie heil uit met vrees en bewing voor Hom.

28 Wees awys in die dae van julle toetsing; stroop julleself van alle onreinheid; vra nie, sodat julle dit nie mag deurbring in julle bwelluste nie, maar vra met standvastige onwankelbaarheid, dat julle nie sal swig voor enige versoeking nie, maar dat julle die waaragtige en clewende God sal dien.

29 Sorg dat julle nie aonwaardig gedoop word nie; sorg dat julle nie bonwaardig die nagmaal van Christus gebruik nie; maar sorg dat julle alle dinge doen in cwaardigheid, en doen dit in die Naam van Jesus Christus, die Seun van die lewende God; en as julle dit doen, en volhard tot die einde toe, sal julle geensins uitgewerp word nie.

30 Kyk, ek spreek met julle asof ek uit die dode agespreek het, want ek weet dat julle my woorde sal hê.

31 Veroordeel my nie vanweë my aonvolmaaktheid nie, nóg my vader, vanweë sy onvolmaaktheid, nóg hulle wat geskrywe het voor hom; maar gee eerder dank aan God dat Hy aan ons ons onvolmaakthede geopenbaar het, sodat julle mag leer om wyser te wees as wat ons was.

32 En nou kyk, ons het hierdie kroniek geskryf volgens ons kennis, in die karakters wat onder ons bekend staan as ahervormde Egipties, wat oorgelewer is en gewysig is deur ons volgens ons spreekwyse.

33 En as ons plate groot genoeg was, sou ons in Hebreeus geskryf het; maar die Hebreeus is ook gewysig deur ons; en as ons in Hebreeus kon geskryf het, kyk, sou julle geen onvolmaakthede gehad het in ons kroniek nie.

34 Maar die Here ken die dinge wat ons geskryf het, en ook dat geen ander volk ons taal ken nie; daarom, en omdat geen ander volk ons taal ken nie, daarom het Hy amiddele berei vir die vertolking daarvan.

35 En hierdie dinge word geskryf sodat ons ons kleding mag reinig van die bloed van ons broers, wat gekwyn het in aongeloof.

36 En kyk, hierdie dinge wat ons abegeer het aangaande ons broers, ja, naamlik hulle herstel tot die kennis van Christus, is volgens die gebede van al die heiliges wat in die land gewoon het.

37 En mag die Here Jesus Christus gun dat hulle gebede verhoor mag word volgens hulle geloof; en mag God die Vader die verbond onthou wat Hy gesluit het met die huis van Israel; en mag Hy hulle seën vir ewig, deur geloof in die Naam van Jesus Christus. Amen.