Skrifture
Mormon 1


Die Boek van Mormon

Hoofstuk 1

Ammaron gee Mormon opdrag aangaande die heilige kronieke—Oorlog begin tussen die Nefiete en die Lamaniete—Die Drie Nefiete word weggeneem—Boosheid, ongeloof, towery en heksery heers. Ongeveer 321–326 n.C.

1 En nou ek, aMormon, maak ’n bkroniek van die dinge wat ek beide gesien en gehoor het, en noem dit die Boek van Mormon.

2 En omtrent die tyd dat aAmmaron die kronieke weggebêre het tot die Here, het hy na my gekom, (ek was omtrent tien jaar oud, en ek het begin om bgeleerd te word in ’n mate volgens die wyse van die geleerdheid van my volk) en Ammaron het aan my gesê: Ek bemerk dat jy ’n ernstige kind is, en vlug van begrip;

3 Daarom, wanneer jy omtrent vier en twintig jaar oud is, wil ek hê dat jy die dinge moet onthou wat jy waargeneem het aangaande hierdie volk; en wanneer jy daardie ouderdom is, gaan na die land Antum, na ’n heuwel wat aSim genoem sal word; en daar het ek al die heilige graverings weggebêre tot die Here aangaande hierdie volk.

4 En kyk, jy sal die aplate van Nefi vir jouself neem, en die res sal jy laat in die plek waar hulle is; en jy sal al die dinge wat jy waargeneem het aangaande hierdie volk graveer op die plate van Nefi.

5 En ek, Mormon, omdat ek ’n afstammeling is van aNefi, (en my vader se naam was Mormon) het die dinge onthou wat Ammaron my beveel het.

6 En dit het gebeur dat ek, toe ek elf jaar oud was, weggeneem is deur my vader na die land suidwaarts, en wel na die land Zarahemla.

7 Die hele aangesig van die land was oortrek met geboue, en die volk was byna so talryk, as’t ware, soos die sand van die see.

8 En dit het gebeur in hierdie jaar het daar ’n oorlog begin ontstaan tussen die Nefiete, wat bestaan het uit die Nefiete en die Jakobiete, en die Josefiete en die Zoramiete; en hierdie oorlog was tussen die Nefiete, en die Lamaniete en die Lemueliete en die Ismaeliete.

9 Nou, die Lamaniete en die Lemueliete en die Ismaeliete is Lamaniete genoem, en die twee groepe was Nefiete en Lamaniete.

10 En dit het gebeur dat die oorlog onder hulle begin ontstaan het langs die grense van Zarahemla, by die waters van Sidon.

11 En dit het gebeur dat die Nefiete ’n groot getal manne bymekaar gemaak het, wat die getal van dertigduisend oorskry het. En dit het gebeur dat hulle in dieselfde jaar ’n aantal veldslae gehad het, waarin die Nefiete die Lamaniete verslaan het, en baie van hulle gedood het.

12 En dit het gebeur dat die Lamaniete afgesien het van hulle plan, en daar is vrede gestig in die land; en die vrede het geduur vir ’n tydperk van omtrent vier jaar, dat daar geen bloedvergieting was nie.

13 Maar boosheid het geheers oor die aangesig van die hele land, in soverre dat die Here sy ageliefde dissipels weggeneem het, en die werk van wonders en genesing het opgehou vanweë die ongeregtigheid van die volk.

14 En daar was geen agawes van die Here nie, en die bHeilige Gees het nie oor enigeen gekom nie, vanweë hul boosheid en congeloof.

15 En ek, toe ek vyftien jaar oud was, en omdat ek ietwat ernstig van geaardheid was, daarom is ek besoek deur die Here, en het van die goedheid van Jesus gesmaak en geweet.

16 En ek het gepoog om te preek vir hierdie volk, maar my mond is gesluit, en ek is verbied dat ek vir hulle sou preek; want kyk, hulle het moedswillig agerebelleer teen hulle God; en die geliefde dissipels is bweggeneem uit die land, vanweë hulle ongeregtigheid.

17 Maar ek het onder hulle gebly, maar ek is verbied om vir hulle te preek, vanweë die hardheid van hulle harte; en vanweë die hardheid van hulle harte was die land avervloek om hulle ontwil.

18 En hierdie Gadianton-rowers, wat onder die Lamaniete was, het die land vervuil, tot so ’n mate dat die inwoners daarvan begin het om hulle askatte weg te bêre in die aarde; en hulle het glibberig geword, omdat die Here die land vervloek het, dat hulle hul nie kon hou nie, nóg hulle weer behou.

19 En dit het gebeur dat daar towery, en heksery, en towerkuns was; en die mag van die bose een was werksaam oor die hele aangesig van die land, en wel tot die vervulling van al die woorde van Abinadi, en ook Samuel die Lamaniet.