Skrifture
Jakob 6


Hoofstuk 6

Die Here sal Israel weer versamel in die laaste dae—Die wêreld sal met vuur verbrand word—Mense moet Christus volg om die poel van vuur en swael te vermy. Ongeveer 544–421 v.C.

1 En nou, kyk, my broers, soos ek aan julle gesê het dat ek sou profeteer, kyk, dit is my profesie—dat die dinge wat hierdie profeet aZenos gespreek het, aangaande die huis van Israel, waarin hy hulle vergelyk het met ’n mak olyfboom, sekerlik moet geskied.

2 En die dag waarop Hy sy hand weer vir die tweede keer sal uitstrek om sy volk te aversamel, is die dag, ja, en wel die laaste keer, dat die bdiensknegte van die Here sal uitgaan in sy ckrag, om sy dwingerd te eversorg en te snoei; en daarna kom die feinde spoedig.

3 En hoe geseënd is hulle wat ywerig gearbei het in sy wingerd; en hoe vervloek is hulle wat uitgewerp sal word in hulle eie plek! En die wêreld sal averbrand word met vuur.

4 En hoe barmhartig is onse God teenoor ons, want Hy onthou die huis van aIsrael, beide wortels en takke; en Hy strek sy bhande uit na hulle die hele dag lank; en hulle is ’n chardnekkige en wederstrewige volk; maar soveel as wat nie hulle harte sal verhard nie, sal gered word in die koninkryk van God.

5 Daarom, my geliefde broers, versoek ek julle in woorde van erns dat julle moet bekeer, en moet kom met volle voorneme van hart, en aan God akleef soos Hy aan julle kleef. En terwyl sy barm van barmhartigheid uitgestrek is na julle in die lig van die dag, verhard nie julle harte nie.

6 Ja, vandag, as julle sy stem sal hoor, verhard nie julle harte nie; want waarom sal julle asterwe?

7 Want kyk, nadat julle gevoed is deur die goeie woord van God die hele dag lank, sal julle slegte vrugte voortbring, sodat julle aafgekap moet word en in die vuur gewerp word?

8 Kyk, sal julle hierdie woorde verwerp? Sal julle die woorde verwerp van die profete; en sal julle al die woorde verwerp wat gespreek is aangaande Christus, nadat sovele gespreek het aangaande Hom; en die goeie woord van Christus loën, en die krag van God en die agawe van die Heilige Gees, en die Heilige Gees blus, en ’n bespotting maak van die groot plan van verlossing, wat vir julle neergelê is?

9 Weet julle nie dat as julle hierdie dinge sal doen, dat die mag van die verlossing en die opstanding, wat in Christus is, julle sal bring om te staan met skande en verskriklike askuldbesef voor die bregbank van God nie?

10 En volgens die krag van ageregtigheid, want geregtigheid kan nie geloën word nie, moet julle weggaan in daardie bpoel van vuur en swael, waarvan die vlamme onblusbaar is, en waarvan die rook opstyg vir ewig en ewig, welke poel van vuur en swael ceindelose dpyniging is.

11 O, dan, my geliefde broers, bekeer julle, en gaan in by die aeng poort, en volhard in die weg wat smal is, totdat julle die ewige lewe sal verkry.

12 O wees awys; wat kan ek meer sê?

13 Eindelik, ek sê vir julle vaarwel, totdat ek julle sal ontmoet voor die aangename regbank van God, welke regbank die goddelose tref met avreeslike angs en vrees. Amen.