Skrifture
Jakob 4


Hoofstuk 4

Al die profete het die Vader aanbid in die naam van Christus—Abraham se offerande van Isak was ’n sinnebeeld van God en sy Eniggeborene—Mense moet hulleself versoen met God deur die Versoening—Die Jode sal die fondamentsteen verwerp. Ongeveer 544–421 v.C.

1 Nou kyk, dit het gebeur dat ek, Jakob, wat my volk met veel prediking in woord gedien het (en ek kan slegs ’n paar van my woorde skryf vanweë die moeilikheid van gravering van ons woorde op plate), en ons weet dat die dinge wat ons op plate skryf, moet bly;

2 Maar watter dinge ons ook al op enigiets skryf behalwe as op plate, moet vergaan en verdwyn; maar ons kan ’n paar woorde skryf op plate, wat ons kinders, en ook ons geliefde broers, ’n geringe mate van kennis sal gee aangaande ons, of aangaande hulle vaders—

3 Nou verbly ons ons in hierdie ding; en ons werk ywerig om hierdie woorde te graveer op plate, met die hoop dat ons geliefde broers en ons kinders hulle sal ontvang met dankbare harte, en hulle bestudeer, sodat hulle met vreugde mag leer en nie met droefheid nie, nóg met minagting, aangaande hulle eerste ouers.

4 Want, met hierdie bedoeling het ons hierdie dinge geskrywe, dat hulle mag weet dat ons ageweet het van Christus, en ons het ’n hoop gehad van sy heerlikheid baie honderde jare voor sy koms; en nie alleen het ons ’n hoop gehad van sy heerlikheid nie, maar ook al die heilige bprofete wat voor ons was.

5 Kyk, hulle het in Christus geglo en die Vader in sy Naam aaanbid, en ons het ook die Vader in sy Naam aanbid. En met hierdie bedoeling onderhou ons die bwet van Moses, want dit crig ons siele op Hom; en om hierdie rede is dit tot ons geheilig vir regverdigheid, net soos dit tot Abraham gereken was in die wildernis om gehoorsaam te wees aan die bevele van God deur sy seun Isak te offer, wat ’n sinnebeeld is van God en sy dEniggebore Seun.

6 Daarom, ons ondersoek die profete, en ons het baie openbaringe en die gees van aprofesie; en omdat ons al hierdie bgetuies het, verkry ons ’n hoop, en ons geloof word onwrikbaar, in soverre dat ons waarlik kan cbeveel in die dNaam van Jesus en selfs die bome gehoorsaam ons, of die berge, of die golwe van die see.

7 Desnieteenstaande, die Here God toon aan ons ons aswakheid, dat ons mag weet dat dit deur sy genade is, en sy groot neerdalendhede aan die kinders van mense, dat ons mag het om hierdie dinge te doen.

8 Kyk, groot en wonderbaarlik is die werke van die Here. Hoe aondeurgrondelik is die dieptes van die bverborgenhede van hom; en dit is onmoontlik dat die mens al sy weë kan ontdek. En geen mens cken sy dweë nie, behalwe as dit aan hom geopenbaar word; daarom, broers, verag nie die openbaringe van God nie.

9 Want kyk, deur die krag van sy awoord het die bmens op die aangesig van die aarde gekom, welke aarde geskape is deur die krag van sy woord. Daarom, as God in staat is om te spreek en die wêreld was daar, en om te spreek en die mens is geskape, o dan, hoekom dan nie in staat wees om die caarde te beveel, of die werke van sy hande op die aangesig daarvan, volgens sy wil en behae nie?

10 Daarom, broers, soek nie om die Here araad te gee nie, maar om raad van sy hand te ontvang. Want kyk, julle weet self dat Hy braad gee in wysheid, en in geregtigheid, en in groot barmhartigheid, oor al sy skeppinge.

11 Daarom, geliefde broers, wees versoen met Hom deur die aversoening van Christus, sy bEniggebore Seun, en julle mag ’n copstanding verkry volgens die krag van die opstanding wat in Christus is, en aangebied word as deerste vrugte van Christus tot God, deur julle geloof, en ’n gewisse hoop van heerlikheid in Hom verkry, voordat Hy Hom geopenbaar het in die vlees.

12 En nou, geliefdes, verwonder julle nie dat ek julle hierdie dinge vertel nie; want hoekom nie apraat oor die versoening van Christus nie, en ’n volmaakte kennis van Hom verkry en ook om ’n kennis te verkry van ’n opstanding en van die toekomstige wêreld nie?

13 Kyk, my broers, hy wat profeteer, laat hom profeteer tot die begrip van mense; want die aGees spreek die waarheid en lieg nie. Daarom, dit spreek van dinge soos hulle regtig bis, en van dinge soos hulle regtig sal wees; daarom, hierdie dinge word cduidelik aan ons geopenbaar, vir die heil van ons siele. Maar kyk, ons is nie getuies alleen in hierdie dinge nie; want God het dit ook gespreek met die profete van ouds.

14 Maar kyk, die Jode was ’n ahardnekkige volk; en hulle het die woorde van duidelikheid bverag, en die profete gedood, en gesoek vir dinge wat hulle nie kon verstaan nie. Daarom, vanweë hulle cblindheid, welke blindheid gekom het deur verby die doel te kyk, moet hulle noodwendig val; want God het sy duidelikheid van hulle weggeneem, en aan hulle baie dinge gegee wat hulle dnie kan verstaan nie, omdat hulle dit begeer het. En omdat hulle dit begeer het, het God dit gedoen, dat hulle mag struikel.

15 En nou ek, Jakob, word voortgelei deur die Gees om te profeteer; want ek gewaar deur die werking van die Gees wat in my is, dat deur die astruikeling van die Jode, hulle die bsteen sal cverwerp waarop hulle kan bou en ’n veilige fondament hê.

16 Maar kyk, volgens die skrifture sal hierdie asteen die groot, en die laaste, en die enigste sekere bfondament word, waarop die Jode kan bou.

17 En nou, my geliefdes, hoe is dit moontlik dat diegene, nadat hulle die sekere fondament verwerp het, aooit daarop kan bou, dat dit die hoeksteen kan word?

18 Kyk, my geliefde broers, ek sal dié verborgenheid aan julle ontvou; as ek nie, op een of ander wyse, geskud word in my vastigheid in die Gees, en struikel vanweë my uitermate besorgdheid oor julle nie.