Skrifture
Helaman 8


Hoofstuk 8

Korrupte regters poog om die mense op te steek teen Nefi—Abraham, Moses, Zenos, Zenok, Esias, Jesaja, Jeremia, Lehi en Nefi het almal getuig van Christus—Deur inspirasie maak Nefi die moord van die hoofregter bekend. Ongeveer 23–21 v.C.

1 En nou het dit gebeur dat toe Nefi hierdie woorde gespreek het, kyk, was daar manne wat regters was, wat ook behoort het aan die geheime bende van Gadianton, en hulle was vertoornd, en hulle het uitgeroep teen hom, en gesê vir die volk: Waarom gryp julle nie hierdie man en bring hom uit sodat hy veroordeel mag word volgens die misdaad wat hy gepleeg het nie?

2 Hoekom sien julle hierdie man, en hoor hoe hy uitvaar teen hierdie volk en teen ons wet?

3 Want kyk, Nefi het met hulle gespreek aangaande die verdorwenheid van hulle wet; ja, baie dinge het Nefi gespreek wat nie geskryf kan word nie; en niks het hy gespreek wat teenstrydig was met die gebooie van God nie.

4 En daardie regters was vertoornd op hom omdat hy duidelik met hulle agespreek het aangaande hulle geheime werke van duisternis; nogtans, hulle het dit nie gedurf om hul eie hande op hom te lê nie, want hulle het die volk gevrees dat hulle teen hulle sou uitroep.

5 Daarom het hulle geroep tot die volk, en gesê: Hoekom laat julle hierdie man toe om uit te vaar teen ons? Want kyk, hy veroordeel hierdie hele volk, en wel tot vernietiging. Ja, en ook dat hierdie ons groot stede van ons weggeneem sal word, dat ons geen plek sal hê in hulle nie.

6 En nou weet ons dat dit onmoontlik is, want kyk, ons is magtig, en ons stede groot, daarom kan ons vyande geen mag oor ons hê nie.

7 En dit het gebeur dat hulle so die volk opgestook het tot toorn teen Nefi, en twiste onder hulle gewek het; want daar was sommiges wat uitgeroep het: Laat hierdie man staan, want hy is ’n goeie man, en daardie dinge wat hy sê sal sekerlik gebeur tensy ons bekeer;

8 Ja, kyk, al die oordele sal oor ons kom waarvan hy aan ons getuig het; want ons weet dat hy eerlik getuig het aan ons aangaande ons ongeregtighede. En kyk, hulle is baie, en hy aweet alle dinge wat met ons sal gebeur net soos hy ons ongeregtighede ken;

9 Ja, en kyk, as hy nie ’n profeet was nie, kon hy nie getuig het aangaande daardie dinge nie.

10 En dit het gebeur dat daardie mense wat gesoek het om Nefi te vernietig, verplig was, vanweë hulle vrees, om nie hul hande op hom te lê nie; daarom het hy weer begin om met hulle te spreek, toe hy sien dat hy guns gevind het in die oë van sommiges, in soverre dat die res van hulle gevrees het.

11 Daarom was hy genoop om meer met hulle te spreek, en het gesê: Kyk, my broers, het julle nie gelees dat God aan een man mag gegee het, naamlik Moses, om op die waters van die aRooi See te slaan, en hulle het hiernatoe en daarnatoe verdeel, in soverre dat die Israeliete, wat ons vaders was, deurgekom het op droë grond, en die waters het gesluit oor die leërs van die Egiptenare en het hulle opgesluk?

12 En nou kyk, as God aan hierdie man sulke mag gegee het, dan waarom sou julle twis onder mekaar, en sê dat Hy aan my geen mag gegee het waardeur ek mag weet aangaande die oordele wat oor julle sal kom, tensy julle bekeer nie?

13 Maar kyk, julle loën nie alleen my woorde nie, maar julle loën ook al die woorde wat deur ons vaders gespreek is, en ook die woorde wat gespreek is deur hierdie man, Moses, aan wie sulke groot mag gegee is, ja, die woorde wat hy gespreek het aangaande die koms van die Messias.

14 Ja, het hy nie getuienis gelewer dat die Seun van God sou kom nie? En soos hy die koperslang aopgehef het in die woestyn, net so sal Hy wat sal kom, opgehef word.

15 En soveel as wat daardie slang sou aanskou, sou alewe, net so, soveel as wat die Seun van God sou aanskou in geloof, omdat hulle ’n verslae gees het, mag blewe, en wel tot daardie lewe wat ewig is.

16 En nou, kyk, Moses het nie alleen getuig van hierdie dinge nie, maar ook aal die heilige profete, van sy dae selfs tot die dae van Abraham.

17 Ja, en kyk, aAbraham het gesien aangaande sy koms, en is vervul met vreugde en het hom verheug.

18 Ja, en kyk, ek sê vir julle, dat Abraham nie alleen geweet het van hierdie dinge nie, maar daar was abaie voor die dae van Abraham wat geroep is volgens die borde van God; ja, naamlik volgens die orde van sy Seun; en dit sodat dit getoon sou word aan die volk, baie duisende jare voor sy koms, dat selfs verlossing sou kom vir hulle.

19 En nou wil ek hê dat julle moet weet, dat selfs vanaf die dae van Abraham daar baie profete was wat getuig het van hierdie dinge; ja, kyk, die profeet aZenos het moedig getuig; waarvoor hy gedood is.

20 En kyk, ook aZenok, en ook Esias, en ook bJesaja, en cJeremia (Jeremia wat daardie selfde profeet was wat getuig het van die vernietiging van dJerusalem), en nou weet ons dat Jerusalem vernietig is volgens die woorde van Jeremia. O dan, hoekom sal die Seun van God nie kom, volgens sy profesie nie?

21 En nou sal julle twyfel dat aJerusalem verwoes is? Sal julle sê dat die bseuns van Sedekía nie gedood is nie, almal behalwe cMulek? Ja, en sien julle nie dat die saad van Sedekía met ons is nie, en hulle is verdrywe uit die land Jerusalem? Maar kyk, dit is nie al nie—

22 Ons vader Lehi is verdrywe uit Jerusalem omdat hy getuig het van hierdie dinge. Nefi het ook getuig van hierdie dinge, en ook byna al ons vaders, selfs tot hierdie tyd; ja, hulle het getuig van die koms van aChristus en het vooruitgesien, en het gejubel in sy dag wat sal kom.

23 En kyk, Hy is God, en Hy is met hulle, en Hy het Homself geopenbaar aan hulle, dat hulle verlos is deur Hom; en hulle het Hom verheerlik, vanweë dit wat moes kom.

24 En nou, aangesien julle hierdie dinge weet, en hulle nie kan ontken nie behalwe as julle sal lieg, daarom, hierin het julle gesondig, want julle het al hierdie dinge verwerp, nieteenstaande so baie bewyse wat julle ontvang het; ja, en julle het wel alle dinge ontvang, beide dinge in die hemel, en aalle dinge wat op die aarde is, as ’n getuienis dat hulle waar is.

25 Maar kyk, julle het die waarheid verwerp, en agerebelleer teen julle heilige God, en selfs op hierdie tyd, in stede van om vir julleself skatte weg te lê in die bhemel, waar niks verniel nie, en waar niks kan kom wat onrein is nie, hoop julle vir julleself toorn op vir die dag van coordeel.

26 Ja, selfs in hierdie tyd word julle ryp, vanweë julle moorde en julle aontug en boosheid, vir ewigdurende vernietiging; ja, en tensy julle bekeer, sal dit gou na julle kom.

27 Ja, kyk, dit is nou selfs by julle deure; ja, gaan julle in na die regterstoel, en soek; en kyk, jul regter is vermoor, en hy a in sy bloed; en hy is vermoor bdeur sy broer, wat soek om op die regterstoel te sit.

28 En kyk, hulle albei behoort aan julle geheime bende, wie se aaanstigter Gadianton is, en die bose een wat soek om die siele van mense te vernietig.