Skrifture
Helaman 14


Hoofstuk 14

Samuel voorspel lig gedurende die nag en ’n nuwe ster ten tyde van Christus se geboorte—Christus verlos die mens van tydelike en geestelike dood—Die tekens van sy dood sluit drie dae van duisternis in, die skeur van rotse, en groot rampe in die natuur. Ongeveer 6 v.C.

1 En nou het dit gebeur dat aSamuel, die Lamaniet, baie meer dinge geprofeteer het wat nie geskryf kan word nie.

2 En kyk, hy het aan hulle gesê: Kyk, ek gee aan julle ’n teken; want nog vyf jaar meer kom, en kyk, dan kom die Seun van God om al diegene te verlos wat in sy Naam sal glo.

3 En kyk, dit sal ek vir julle gee vir ’n ateken ten tyde van sy koms; want kyk, daar sal groot ligte wees in die hemel, in so ’n mate dat in die nag voor Hy kom sal daar geen duisternis wees nie, in so ’n mate dat dit vir die mens sal lyk asof dit dag was.

4 Daarom, daar sal een dag wees en ’n nag en ’n dag, asof dit een dag was en daar geen nag was nie; en dit sal vir julle as ’n teken wees; want julle sal weet van die opkoms van die son en ook van sy ondergang; daarom sal hulle vir seker weet dat daar twee dae en ’n nag sal wees; nogtans, die nag sal nie verduister word nie; en dit sal die nag wees voordat aHy gebore word.

5 En kyk, daar sal ’n nuwe aster opkom, so ’n een soos julle nooit aanskou het nie; en dit sal ook ’n teken vir julle wees.

6 En kyk, dit is nie al nie, daar sal baie tekens en wonders in die hemel wees.

7 En dit sal gebeur dat julle almal verbaas sal wees, en wonder, tot so ’n mate dat julle sal aneerval op die aarde.

8 En dit sal gebeur dat wie ook al sal aglo in die Seun van God, dié een sal die ewigdurende lewe hê.

9 En kyk, so het die Here my beveel, deur sy engel, dat ek sal kom en dié ding aan julle vertel; ja, Hy het beveel dat ek hierdie dinge moet profeteer aan julle; ja, Hy het aan my gesê: Roep tot hierdie volk, bekeer en berei die weg van die Here.

10 En nou, omdat ek ’n Lamaniet is, en die woorde gespreek het met julle wat die Here my beveel het, en omdat dit hard teenoor julle was, is julle vertoornd op my en soek om my te vernietig, en het my auitgewerp van onder julle.

11 En julle sal my woorde hoor, want vir hierdie doel het ek op die mure van hierdie stad opgekom, sodat julle mag hoor en weet van die oordele van God wat op julle wag vanweë julle ongeregtighede, en ook dat julle die voorwaardes van bekering mag weet;

12 En ook dat julle mag weet van die koms van Jesus Christus, die Seun van God, die aVader van hemel en van aarde, die Skepper van alle dinge vanaf die begin; en dat julle mag weet van die tekens van sy koms, met die doel dat julle in sy Naam mag glo.

13 En as julle aglo in sy Naam, sal julle bekeer van al julle sondes, dat julle daardeur vergifnis mag hê van hulle deur sy bverdienste.

14 En kyk, weer, ’n ander teken gee ek aan julle, ja, ’n teken van sy dood.

15 Want kyk, Hy moet sekerlik sterwe, dat aheil mag kom; ja, dit word vereis van Hom en dit is noodsaaklik dat Hy sterwe, om die bopstanding van die dode teweeg te bring, sodat die mens daardeur in die teenwoordigheid van die Here gebring mag word.

16 Ja, kyk, hierdie dood bring die opstanding te weeg, en averlos die hele mensdom van die eerste dood—daardie geestelike dood; want die hele mensdom, omdat hulle deur die bval van Adam cafgesny is van die teenwoordigheid van die Here, word beskou as ddood, beide met betrekking tot die stoflike dinge en tot geestelike dinge.

17 Maar kyk, die opstanding van Christus averlos die mensdom, ja, en wel die hele mensdom, en bring hulle terug na die teenwoordigheid van die Here.

18 Ja, en dit bring die voorwaarde van bekering teweeg, dat wie ook al bekeer, dié een word nie afgekap en in die vuur gewerp nie; maar wie ook al nie bekeer nie word afgekap en in die vuur gewerp; en daar kom weer ’n geestelike dood oor hulle, ja, ’n tweede dood, want hulle word weer afgesny wat betref die dinge van regverdigheid.

19 Daarom, bekeer julle, bekeer julle, uit vrees dat as julle hierdie dinge weet en hulle nie doen nie, julle julself sal toelaat om onder oordeel te kom, en julle afgebring word tot hierdie tweede dood toe.

20 Maar kyk, soos ek aan julle gesê het aangaande ’n ander ateken, ’n teken van sy dood, kyk, op daardie dag wanneer Hy die dood sal ly, sal die son bverduister word en weier om sy lig te gee aan julle; en ook die maan en die sterre; en daar sal geen lig wees op die aangesig van hierdie land nie, en wel vanaf die tyd dat Hy die dood sal ly, vir ’n tydperk van cdrie dae, tot die tyd dat Hy weer sal opstaan uit die dood.

21 Ja, op die tydstip dat Hy die gees sal gee, sal daar adonder en weerlig wees vir ’n tydperk van baie ure, en die aarde sal skud en bewe; en die rotse wat op die aangesig van hierdie aarde is, wat beide bo-op die aarde en benede is, wat julle op hierdie tydstip weet solied is, of die grootste gedeelte daarvan een soliede massa is, sal bopgebreek word.

22 Ja, hulle sal in twee geskeur word, en sal vir altyd daarna in splete en in barste agevind word, en in gebreekte stukke oor die aangesig van die hele aarde, ja, beide bo-op die aarde en benede.

23 En kyk, daar sal groot storms wees, en daar sal baie berge verlaag word, soos ’n vallei, en daar sal baie plekke wees wat nou valleie genoem word, wat berge sal word, welke hoogte groot is.

24 En baie hoofpaaie sal opgebreek word, en baie astede sal verlate word.

25 En baie agrafte sal geopen word, en sal baie van hul dooies oorgee; en vele heiliges sal aan baie verskyn.

26 En kyk, so het die aengel met my gespreek; want hy het vir my gesê dat daar donder en weerlig sal wees vir ’n tydperk van baie ure.

27 En hy het aan my gesê dat terwyl die donder en die weerlig duur, en die storm, dat hierdie dinge sal wees, en dat aduisternis die aangesig van die hele aarde sal bedek vir ’n tydperk van drie dae.

28 En die engel het aan my gesê dat baie mense groter dinge sal sien as hierdie, met die doel dat hulle mag glo dat ahierdie tekens en hierdie wonders moet gebeur oor die hele aangesig van hierdie land, met die doel dat daar geen rede sal wees vir ongeloof onder die kinders van mense nie—

29 En dit met die doel dat wie ook al sal glo, gered mag word, en dat wie ook al nie sal glo nie, ’n regverdige aoordeel oor hulle mag kom, en ook as hulle veroordeel word, bring hulle op hulself hul eie oordeel.

30 En nou onthou, onthou, my broers, dat wie ook al vergaan, vergaan vanweë homself, en wie ook al ongeregtigheid doen, doen dit aan homself; want kyk, julle is avry; julle word toegelaat om te handel vir julleself; want kyk, God het aan julle ’n bkennis gegee en Hy het julle vrygemaak.

31 Hy het aan julle gegee dat julle die goeie van die bose mag aonderskei, en Hy het aan julle gegee dat julle die lewe of die dood mag bkies; en julle kan goed doen en cherstel word tot dit wat goed is, of dit wat goed is kan aan julle herstel word; of julle kan boosheid doen, en dit wat boos is, kan aan julle herstel word.