Skrifture
Helaman 13


Die profesie van Samuel, die Lamaniet, aan die Nefiete.

Dit behels hoofstukke 13 tot 15.

Hoofstuk 13

Samuel die Lamaniet profeteer die vernietiging van die Nefiete tensy hulle bekeer—Hulle en hul rykdomme is vervloek—Hulle verwerp en stenig die profete, word omring deur bose geeste, en soek na geluk deur ongeregtigheid te doen. Ongeveer 6 v.C.

1 En nou het dit gebeur in die ses en tagtigste jaar, het die Nefiete nog steeds in boosheid verkeer, ja, in groot boosheid, terwyl die aLamaniete noulettend was om die gebooie van God te onderhou, volgens die wet van Moses.

2 En dit het gebeur dat in hierdie jaar was daar ene Samuel, ’n Lamaniet, wat ingekom het in die land Zarahemla, en begin het om te preek tot die volk. En dit het gebeur dat hy gepreek het, baie dae lank, bekering tot die volk, en hulle het hom uitgewerp, en hy was op die punt om terug te keer na sy eie land.

3 Maar kyk, die stem van die Here het tot hom gekom, dat hy weer moes terugkeer, en tot die volk profeteer watter dinge ook al in sy ahart sou kom.

4 En dit het gebeur dat hulle nie wou toelaat dat hy die stad moes binnekom nie; daarom het hy gegaan en op die muur daarvan geklim, en sy hand uitgestrek en uitgeroep met ’n luide stem, en tot die volk geprofeteer watter dinge ook al die Here in sy hart geplaas het.

5 En hy het aan hulle gesê: Kyk, ek, Samuel, ’n Lamaniet, spreek die woorde van die Here wat Hy in my hart plaas; en kyk, Hy het dit in my hart geplaas om aan hierdie volk te sê dat die aswaard van geregtigheid oor hierdie volk hang; en vierhonderd jaar sal nie verbygaan alvorens die swaard van geregtigheid op hierdie volk val nie.

6 Ja, swaar avernietiging wag op hierdie volk, en dit kom sekerlik oor hierdie volk, en niks kan hierdie volk red nie tensy dit bekering en geloof in die Here Jesus Christus is, wat sekerlik in die wêreld sal kom, en baie dinge sal ly en doodgemaak sal word vir sy volk.

7 En kyk, ’n aengel van die Here het dit aan my verkondig, en hy het bblye tydings vir my siel gebring. En kyk, ek is na julle gestuur om dit ook aan julle te verkondig, sodat julle blye tydings mag hê; maar kyk, julle wou my nie ontvang nie.

8 Daarom, so sê die Here: Vanweë die hardheid van harte van die volk van die Nefiete, tensy hulle bekeer, sal Ek my woord wegneem van hulle, en Ek sal my Gees aonttrek van hulle, en Ek sal hulle nie langer verdra nie, en Ek sal die harte van hulle broers teen hulle keer.

9 En avierhonderd jaar sal nie verbygaan voordat Ek sal veroorsaak dat hulle getref word nie; ja, Ek sal hulle met die swaard en met hongersnood en met pestilensie besoek.

10 Ja, Ek sal hulle besoek in my vurige toorn, en daar sal diegene wees van die avierde geslag wat sal lewe van julle vyande, om julle algehele uitwissing te aanskou; en dit sal sekerlik kom tensy julle bekeer, sê die Here; en diegene van die vierde geslag sal julle vernietiging veroorsaak.

11 Maar as julle sal bekeer en tot die Here julle God aterugkeer, sal Ek my toorn afwend, sê die Here; ja, so sê die Here, geseënd is hulle wat sal bekeer en na My keer, maar wee hom wat nie bekeer nie.

12 Ja, awee hierdie groot stad Zarahemla; want kyk, dit is vanweë diegene wat regverdig is dat dit gered word, ja, wee hierdie groot stad, want ek merk, sê die Here, dat daar baie is, ja, tot die grootste gedeelte van hierdie groot stad, wat hulle harte sal verhard teen my, sê die Here.

13 Maar geseënd is hulle wat sal bekeer, want hulle sal Ek spaar. Maar kyk, as dit nie was vir die regverdiges wat in hierdie groot stad is nie, kyk, sou Ek avuur uit die hemel laat kom en dit verwoes.

14 Maar kyk, dit is vir die regverdiges se ontwil dat dit gespaar is. Maar kyk, die tyd kom, sê die Here, dat wanneer julle die regverdiges sal uitwerp onder julle, dan sal julle ryp wees vir vernietiging; ja, wee hierdie groot stad, vanweë die boosheid en die gruwels wat in haar is.

15 Ja, en wee die stad Gídeon, weens die boosheid en gruwels wat in haar is.

16 Ja, en wee al die stede wat in die land rondom is, wat besit word deur die Nefiete, vanweë die boosheid en gruwels wat in hulle is.

17 En kyk, ’n avloek sal oor die land kom, sê die Here van die Leërskare, vanweë die volk se dade wat in die land is, ja, vanweë hulle boosheid en hulle gruwels.

18 En dit sal gebeur, sê die Here van die Leërskare, ja, ons groot en waaragtige God, dat wie ook al skatte in die aarde sal aversteek, hulle nie meer sal vind nie, vanweë die groot vloek op die land, tensy hy ’n regverdige man is en dit sal versteek tot die Here.

19 Want, Ek wil, sê die Here, dat hulle hul skatte moet versteek tot My; en vervloek is hulle wat nie hulle skatte versteek tot My nie; want niemand versteek hulle skatte tot My nie behalwe die regverdiges; en hy wat nie sy skatte versteek tot My nie, vervloek is hy en ook die skat, en niemand sal dit terugwin nie vanweë die vloek op die land.

20 En die dag sal kom wanneer hulle hul skatte sal versteek, omdat hulle hul harte op hul rykdomme gerig het; en omdat hulle hul harte op hul rykdomme gerig het, en hulle skatte sal versteek wanneer hulle sal vlug voor hul vyande; omdat hulle hul nie sal versteek tot My nie, vervloek is hulle en ook hul skatte; en in daardie dag sal hulle getref word, sê die Here.

21 Kyk julle, die volk van hierdie groot stad, en aslaan ag op my woorde; ja, slaan ag op die woorde wat die Here sê; want kyk, Hy sê dat julle vervloek is vanweë julle rykdomme, en ook is julle rykdomme vervloek omdat julle jul harte gerig het op hulle, en nie ag geslaan het op die woorde van Hom wat hulle aan julle gegee het nie.

22 Julle onthou nie die Here julle God in die dinge waarmee Hy julle geseën het nie, maar julle onthou altyd julle arykdomme, nie om die Here julle God vir hulle te dank nie; ja, julle harte is nie uitgestrek tot die Here nie, maar hulle swel van groot bhoogmoed, tot roem, en tot groot geswel, naywer, onenigheid, cafguns, vervolging, en moorde en allerlei ongeregtighede.

23 Om hierdie rede het die Here God veroorsaak dat ’n vloek oor die land moes kom, en ook op julle rykdomme, en dit vanweë julle ongeregtighede.

24 Ja, wee hierdie volk, vanweë hierdie tyd wat gekom het, dat julle die profete auitwerp, en hulle bespot, en klippe gooi na hulle, en hulle doodmaak, en allerlei ongeregtighede doen aan hulle, net soos hulle van ouds gedoen het.

25 En nou wanneer julle praat, sê julle: As ons dae in die dae van ons avaders van ouds was, sou ons nie die profete doodgemaak het nie; ons sou hulle nie gestenig, en uitgewerp het nie.

26 Kyk, julle is erger as hulle; want sowaar as die Here leef, as ’n aprofeet onder julle kom, en aan julle die woord van die Here verkondig, wat getuig van julle sondes en ongeregtighede, is julle bvertoornd op hom, en werp hom uit en soek allerlei weë om hom te vernietig, ja, julle sal sê dat hy ’n valse cprofeet is, en dat hy ’n sondaar is, en van die duiwel, omdat hy dgetuig dat julle dade boos is.

27 Maar kyk, as ’n man onder julle sal kom en sal sê: Doen dit, en daar is geen ongeregtigheid nie; doen dat en julle sal nie ly nie; ja, hy sal sê: Wandel agter die hoogmoed van julle eie harte aan; ja, wandel agter die hoogmoed van julle oë aan, en doen wat jul harte ook al begeer—en as ’n man onder julle sal kom en dit sê, sal julle hom ontvang, en sê dat hy ’n aprofeet is.

28 Ja, julle sal hom verhef, en julle sal vir hom van julle besittings gee; julle sal vir hom van julle goud, en van julle silwer gee, en julle sal hom klee met kosbare gewaad; en omdat hy avleiende woorde met julle spreek, en hy sê dat alles wel is, dan sal julle nie fout vind met hom nie.

29 O, julle goddelose en julle wederstrewige geslag; julle verharde en julle hardnekkige volk, hoe lank sal julle veronderstel dat die Here julle sal duld? Ja, hoe lank sal julle julself toelaat om gelei te word deur adwase en bblinde gidse? Ja, hoe lank sal julle duisternis ckies eerder as dlig?

30 Ja, kyk, die toorn van die Here is alreeds aangesteek teen julle, kyk, Hy het die land vervloek vanweë julle ongeregtigheid.

31 En kyk, die tyd kom dat Hy julle rykdomme vervloek, dat hulle aglibberig word, dat julle hulle nie kan vashou nie; en in die dae van julle armoede kan julle hulle nie behou nie.

32 En in die dae van julle armoede sal julle roep tot die Here; en tevergeefs sal julle roep, want julle verlatenheid het reeds oor julle gekom, en julle vernietiging is seker gemaak; en dan sal julle ween en kerm in daardie dag, sê die Here van die Leërskare. En dan sal julle weeklaag, en sê:

33 O adat ek bekeer het, en nie die profete doodgemaak het nie, en hulle nie bgestenig, en uitgewerp het nie. Ja, in daardie dag sal julle sê: O, dat ons die Here ons God onthou het in die dag toe Hy ons ons rykdomme gegee het, en dan sou hulle nie glibberig geword het dat ons hulle sou verloor nie; want kyk, ons rykdomme is weg van ons.

34 Kyk, ons lê ’n stuk gereedskap hier neer en die volgende dag is dit weg; en kyk, ons swaarde word van ons weggeneem op die dag toe ons hulle gesoek het vir die stryd.

35 Ja, ons het ons skatte versteek en hulle het van ons af weggeglip, vanweë die vloek op die land.

36 O, dat ons bekeer het in die dag toe die woord van die Here tot ons gekom het; want kyk, die land is vervloek, en alle dinge het glibberig geword, en ons kan hulle nie vashou nie.

37 Kyk, ons is omring deur bose geeste, ja, ons is omgewe deur die engele van hom wat gesoek het om ons siele te vernietig. Kyk, ons ongeregtighede is groot. O Here, kan U nie u toorn van ons afwend nie? En dit sal jul taal wees in daardie dae.

38 Maar kyk, julle adae van toetsing is verby; julle het die dag van julle heil buitgestel totdat dit vir ewig te laat is, en julle vernietiging is seker gemaak; ja, want julle het al die dae van julle lewe gesoek na dít wat julle nie kon verkry nie; en julle het gesoek na cgeluk deur ongeregtighede te doen, welke ding teenstrydig is met die aard van daardie regverdigheid wat in ons groot en Ewige Hoof is.

39 O, julle volk van die land, dat julle my woorde wou hoor! En ek bid dat die toorn van die Here van julle afgewend word, en dat julle sal bekeer en gered word.