Skrifture
Ether 4


Hoofstuk 4

Moroni word gebied om die geskrifte van die broer van Jered te verseël—Hulle sal nie geopenbaar word totdat die mens geloof het net soos die broer van Jered nie—Christus gebied die mens om sy woorde te glo en dié van sy dissipels—Die mens word gebied om te bekeer, die evangelie te glo, en gered te word.

1 En die Here het die broer van Jered gebied om af te gaan van die berg van die teenwoordigheid van die Here, en die dinge te askrywe wat hy gesien het; en hulle was verbied om na die kinders van mense te kom btot ná Hy opgehef sou word op die kruis; en om hierdie rede het koning Mosia hulle gehou, sodat hulle nie na die wêreld sou kom tot ná Christus Homself aan sy volk sou toon nie.

2 En nadat Christus Hom waarlik aan sy volk getoon het, het Hy gebied dat hulle openbaar gemaak moes word.

3 En nou, daarna, het hulle almal gekwyn in ongeloof; en daar is niemand behalwe vir die Lamaniete nie, en hulle het die evangelie van Christus verwerp, daarom word ek gebied dat ek hulle weer moet awegbêre in die aarde.

4 Kyk, ek het op hierdie plate die juiste dinge geskryf wat die broer van Jered gesien het; en daar is nog nooit groter dinge geopenbaar as dié wat openbaar gemaak is aan die broer van Jered nie.

5 Daarom het die Here my gebied om hulle te skrywe; en ek het hulle geskrywe. En Hy het my gebied dat ek hulle moes verseël; en Hy het my ook gebied dat ek die vertolking daarvan moet averseël; daarom het ek die bvertolkers verseël, volgens die gebod van die Here.

6 Want die Here het aan my gesê: Hulle sal nie uitgaan na die nie-Jode nie tot die dag dat hulle sal bekeer van hul ongeregtigheid, en rein word voor die Here.

7 En in daardie dag dat hulle geloof sal beoefen in My, sê die Here, net soos die broer van Jered gedoen het, sodat hulle ageheilig mag word in My, dan sal Ek aan hulle die dinge openbaar wat die broer van Jered gesien het, tot die ontvouing aan hulle van al my openbarings, sê Jesus Christus, die Seun van God, die bVader van die hemele en van die aarde, en alle dinge wat daarin is.

8 En hy wat wil astry teen die woord van die Here, laat hom vervloek wees; en hy wat hierdie dinge sal bloën, laat hom vervloek wees; want aan hulle sal Ek cgeen groter dinge toon nie, sê Jesus Christus; want Ek is Hy wat spreek.

9 En op my bevel word die hemele geopen en word agesluit; en op my woord sal die baarde skud; en op my bevel sal die inwoners daarvan omkom, en wel soos deur vuur.

10 En hy wat nie my woorde glo nie, glo nie my dissipels nie; en as dit so is dat Ek nie spreek nie, oordeel julle; want julle sal weet dat dit Ek is wat spreek, op die alaaste dag.

11 Maar hy wat hierdie dinge aglo wat Ek gespreek het, hóm sal Ek besoek met openbarings van my Gees, en hy sal weet en getuienis lewer. Want vanweë my Gees sal hy bweet dat hierdie dinge cwaar is; want dit oorreed mense om goed te doen.

12 En watter ding mense ook al oorreed om goed te doen, is van My; want die agoeie kom van niemand nie behalwe van My. Ek is Hy wat die mense lei na alle goedheid; hy wat bnie my woorde sal glo nie, sal My nie glo nie—dat Ek is; en hy wat My nie sal glo nie, sal nie die Vader glo wat My gestuur het nie. Want kyk, Ek is die Vader, Ek is die clig, en die dlewe, en die waarheid van die wêreld.

13 aKom na My, o julle nie-Jode, en Ek sal aan julle die groter dinge toon, die kennis wat weggebêre is vanweë ongeloof.

14 Kom na My, o julle huis van Israel, en dit sal aopenbaar gemaak word aan julle watter groot dinge die Vader weggebêre het vir julle, vanaf die grondlegging van die wêreld; en dit het nie na julle gekom nie, as gevolg van ongeloof.

15 Kyk, wanneer julle daardie sluier van ongeloof sal skeur wat julle in julle aaklige toestand van boosheid, en hardheid van hart, en blindheid van verstand laat bly, dan sal die groot en wonderbaarlike dinge wat averberg is van julle vanaf die grondlegging van die wêreld—ja, wanneer julle die Vader sal aanroep in my Naam, met ’n gebroke hart en ’n verslae gees, dan sal julle weet dat die Vader die verbond onthou het wat Hy gesluit het met julle vaders, o huis van Israel.

16 En dan sal my aopenbarings wat Ek laat skryf het deur my dienskneg Johannes ontvou word voor die oë van die hele volk. Onthou, wanneer julle hierdie dinge sien, sal julle weet dat die tyd op hande is dat hulle in der waarheid openbaar gemaak sal word.

17 Daarom, awanneer julle hierdie kroniek sal ontvang, mag julle weet dat die werk van die Vader begin het op die hele aangesig van die land.

18 Daarom, abekeer al julle eindes van die aarde, en kom na My, en glo in my evangelie, en word bgedoop in my Naam; want hy wat glo en gedoop word, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal verdoem word; en ctekens sal hulle volg wat in my Naam glo.

19 En geseënd is hy wat agetrou bevind word aan my Naam op die laaste dag, want hy sal verhef word om te woon in die koninkryk wat vir hom berei is bvanaf die grondlegging van die wêreld. En kyk, dit is Ek wat dit gespreek het. Amen.