Skrifture
Ether 3


Hoofstuk 3

Die broer van Jered sien die vinger van die Here toe Hy sestien klippe aanraak—Christus toon sy geestelike liggaam aan die broer van Jered—Diegene wat ’n volmaakte kennis het, kan nie weerhou word om binne die sluier te sien nie—Vertolkers word voorsien om die Jereditiese kroniek aan die lig te bring.

1 En dit het gebeur dat die broer van Jered, (nou die getal van die vaartuie wat voorberei was, was agt) na die berg gegaan het, wat hulle genoem het die berg Selem, vanweë sy uitermate hoogte, en het sestien klein klippies uit ’n rots gesmelt; en hulle was wit en helder, net soos deurskynende glas; en hy het hulle gedra in sy hande na die kruin van die berg, en het weer tot die Here geroep, en gesê:

2 O Here, U het gesê dat ons omring moet wees deur die vloede. Nou kyk, o Here, en wees nie toornig op u dienskneg vanweë sy swakheid voor U nie; want ons weet dat U heilig is en woon in die hemele, en dat ons onwaardig is voor U; vanweë die aval het ons van bnature boos geword voortdurend; nogtans, o Here, U het ons ’n gebod gegee dat ons U moet aanroep, sodat ons van U mag ontvang volgens ons begeertes.

3 Kyk, o Here, U het ons geslaan vanweë ons ongeregtigheid, en het ons voortgedryf, en vir hierdie baie jare was ons in die wildernis; nogtans was U abarmhartig jeens ons. O Here, sien op my neer met medelye, en wend u toorn af van hierdie, u volk, en laat nie toe dat hulle sal uitgaan oor hierdie woeste diepte in die donker nie; maar aanskou hierdie dinge wat ek gesmelt het uit die rots.

4 En ek weet, o Here, dat U alle akrag het; en kan doen wat U ook al wil tot die voordeel van die mens; daarom, raak hierdie klippe aan, o Here, met u vinger, en berei hulle voor sodat hulle mag skyn in die donker; en hulle sal skyn vir ons in die vaartuie wat ons voorberei het, sodat ons lig mag hê terwyl ons die see sal oorsteek.

5 Kyk, o Here, U kan dit doen. Ons weet dat U in staat is om groot krag te toon, wat klein alyk vir die begrip van die mens.

6 En dit het gebeur dat toe die broer van Jered hierdie dinge gesê het, kyk, het die aHere sy hand uitgestrek en die klippe een vir een aangeraak met sy vinger. En die bsluier is weggeneem vanaf die oë van die broer van Jered, en hy het die vinger van die Here gesien; en dit was soos die vinger van ’n mens, soos vlees en bloed; en die broer van Jered het neergeval voor die Here, want hy is getref deur vrees.

7 En die Here het gesien dat die broer van Jered neergeval het op die aarde; en die Here het aan hom gesê: Staan op, hoekom het jy neergeval?

8 En hy sê vir die Here: Ek het die vinger van die Here gesien, en ek was bang dat Hy my sou slaan; want ek het nie geweet dat die Here vlees en bloed het nie.

9 En die Here het aan hom gesê: Vanweë jou geloof het jy gesien dat Ek op My avlees en bloed sal neem; en nog nooit het ’n mens voor My gekom met sulke uitermate geloof soos wat jy het nie; want as dit nie so was nie, kon jy nie my vinger gesien het nie. Het jy meer as dit gesien?

10 En hy het geantwoord: Nee; Here, toon Uself aan my.

11 En die Here het aan hom gesê: Glo jy die woorde wat Ek sal spreek?

12 En hy het geantwoord: Ja, Here, ek weet dat U die waarheid spreek, want U is ’n God van waarheid, en akan nie lieg nie.

13 En toe hy hierdie woorde gesê het, kyk, die Here het Hom aan hom agetoon, en gesê: bOmdat jy hierdie dinge weet, is jy verlos van die val; daarom word jy teruggebring in my teenwoordigheid; daarom ctoon Ek myself aan jou.

14 Kyk, Ek is Hy wat voorberei was vanaf die grondlegging van die wêreld om my volk te averlos. Kyk, Ek is Jesus Christus. Ek is die bVader en die Seun. In My sal die hele mensdom clewe hê, en dit ewiglik, naamlik hulle wat sal glo in my Naam; en hulle sal my dseuns en my dogters word.

15 En nooit het Ek Myself getoon aan die mens wat Ek geskape het nie, want nooit het die mens in My ageglo soos jy nie. Sien jy dat jy geskape is na my eie bbeeld? Ja, en wel alle mense is geskape in die begin na my eie beeld.

16 Kyk, hierdie liggaam, wat jy nou aanskou, is die liggaam van my aGees; en die mens het Ek geskape na die liggaam van my Gees; en net soos Ek aan jou verskyn in die Gees, net so sal Ek verskyn aan my volk in die vlees.

17 En nou, omdat ek, Moroni, gesê het dat ek nie ’n volledige verslag van hierdie dinge kon maak wat geskrywe is nie, daarom is dit voldoende vir my om te sê dat Jesus Hom getoon het aan hierdie man in die Gees, en wel op dieselfde wyse en in die gelykenis van dieselfde liggaam, net soos Hy Homself agetoon het aan die Nefiete.

18 En Hy het hom gedien net soos Hy die Nefiete gedien het; en dit alles, sodat hierdie man mag weet dat Hy God was, vanweë die baie groot werke wat die Here aan hom getoon het.

19 En vanweë die kennis van hierdie man kon hy nie daarvan weerhou word om binne die asluier te sien nie; en hy het die vinger van Jesus gesien, wat, toe hy gesien het, het hy van vrees neergeval; want hy het geweet dat dit die vinger was van die Here; en hy het nie langer geloof gehad nie, want hy het geweet, sonder twyfel.

20 Daarom, omdat hy hierdie volmaakte kennis van God gehad het, kon hy anie weerhou word van binne die sluier nie; daarom het hy Jesus gesien; en hy het Hom gedien.

21 En dit het gebeur dat die Here aan die broer van Jered gesê het: Kyk, jy sal nie toelaat dat hierdie dinge wat jy gesien en gehoor het uitgaan in die wêreld nie, totdat die atyd kom dat Ek my Naam sal verheerlik in die vlees; daarom, jy sal die dinge wat jy gesien en gehoor het veilig wegbêre en dit aan geen mens toon nie.

22 En kyk, wanneer jy na My sal kom, sal jy hulle skryf en sal hulle verseël, sodat geeneen hulle kan vertolk nie; want jy sal hulle in ’n taal skryf sodat hulle nie gelees kan word nie.

23 En kyk, Ek sal hierdie atwee stene aan jou gee, en jy sal hulle ook verseël saam met die dinge wat jy sal skryf.

24 Want kyk, die taal wat jy sal skryf het Ek verwar; daarom sal Ek in my eie bepaalde tyd toelaat dat hierdie stene die dinge wat jy sal skryf, sal verhelder aan die oë van mense.

25 En toe die Here hierdie woorde gespreek het, het Hy aan die broer van Jered aal die inwoners van die aarde getoon wat was, en ook almal wat sou wees; en Hy het hulle nie weerhou van sy sig, tot aan die eindes van die aarde nie.

26 Want Hy het vantevore aan hom gesê, dat aas hy in Hom sou bglo dat Hy calle dinge aan hom kon toon—dit aan hom getoon sou word; daarom kon die Here niks van hom weerhou nie, want hy het geweet dat die Here hom alle dinge kon toon.

27 En die Here het vir hom gesê: Skryf hierdie dinge en averseël hulle; en Ek sal hulle in my eie bepaalde tyd aan die kinders van mense toon.

28 En dit het gebeur dat die Here hom gebied het dat hy die twee astene moes verseël wat hy ontvang het, en hulle nie toon nie, totdat die Here hulle sou toon aan die kinders van mense.