Skrifture
Ether 15


Hoofstuk 15

Miljoene Jerediete word gedood in die stryd—Siz en Coriantumr vergader die hele volk vir ’n dodelike stryd—Die Gees van die Here hou op om met hulle te werk—Die Jereditiese nasie word totaal vernietig—Net Coriantumr bly oor.

1 En dit het gebeur toe Coriantumr herstel het van sy wonde, het hy begin om die awoorde te onthou wat Ether met hom gespreek het.

2 Hy het gesien dat daar alreeds byna twee miljoen van sy volk gedood is deur die swaard, en hy het begin om te treur in sy hart; ja, daar is twee miljoen magtige manne gedood, en ook hulle vroue en hul kinders.

3 Hy het begin om te bekeer van die boosheid wat hy gedoen het; hy het begin om die woorde te onthou wat gespreek is by monde van al die profete, en hy het hulle gesien dat hulle vervul is tot dusver, elke gedeelte; en sy siel het getreur en het geweier om getroos te word.

4 En dit het gebeur dat hy ’n brief aan Siz geskryf het om hom te vra om die volk te spaar, en hy sou die koninkryk prysgee ter wille van die lewens van die volk.

5 En dit het gebeur dat toe Siz sy brief ontvang het, het hy ’n brief geskryf aan Coriantumr, dat as hy homself sou oorgee, sodat hy hom mag dood met sy eie swaard, dat hy die lewens sou spaar van die volk.

6 En dit het gebeur dat die volk nie bekeer het van hulle ongeregtigheid nie; en die volk van Coriantumr was opgestook tot toorn teen die volk van Siz; en die volk van Siz is opgestook tot toorn teen die volk van Coriantumr; daarom, die volk van Siz het die volk van Coriantumr die stryd aangesê.

7 En toe Coriantumr sien dat hy op die punt was om te val, het hy weer gevlug voor die volk van Siz.

8 En dit het gebeur dat hy gekom het by die waters van Ripliancum, wat, as dit vertolk word, groot beteken, of om alles te oortref; daarom, toe hulle by hierdie waters gekom het, het hulle hul tente opgeslaan; en Siz het ook sy tente opgeslaan naby hulle; en daarom op die volgende dag het hulle die stryd begin.

9 En dit het gebeur dat hulle ’n uitermate hewige stryd geveg het, waarin Coriantumr weer gewond is, en hy het flou geword weens die verlies van bloed.

10 En dit het gebeur dat die leërs van Coriantumr die leërs van Siz só hewig aangeval het dat hulle hul verslaan het, sodat hulle hul voor hulle laat vlug het; en hulle het suidwaarts gevlug, en het hul tente opgeslaan op ’n plek wat Ogat genoem was.

11 En dit het gebeur dat die leër van Coriantumr hulle tente opgeslaan het by die heuwel Rama; en dit was dieselfde heuwel waar my vader Mormon die kronieke aweggebêre het tot die Here, wat heilig was.

12 En dit het gebeur dat hulle die hele volk bymekaargemaak het oor die hele aangesig van die land, wat nie gedood is nie, behalwe Ether.

13 En dit het gebeur dat Ether al die handelinge gesien het van die volk; en hy het gesien dat die volk wat vir Coriantumr was, bymekaargekom het met die leërs van Coriantumr; en die volk wat vir Siz was, het bymekaargekom met die leërs van Siz.

14 Daarom, hulle was besig vir ’n tydperk van vier jaar om die volk bymekaar te maak, sodat hulle almal mag kry wat op die aangesig van die land was, en sodat hulle al die versterkings mag kry wat moontlik was om te kry.

15 En dit het gebeur dat toe hulle almal bymekaar was, elkeen met die leër waar hy wou wees, met hulle vroue en hulle kinders—beide manne, vroue en kinders wat bewapen was met wapens van oorlog, en skilde gehad het, en aborsplate, en helms, en gekleed was volgens die wyse van oorlog—het hulle uitgemarsjeer die een teen die ander in die stryd; en hulle het geveg daardie hele dag, en het nie oorwin nie.

16 En dit het gebeur dat toe dit nag was, was hulle moeg, en het teruggetrek na hul kampe; en nadat hulle teruggetrek het na hulle kampe, het hulle begin huil en weeklaag oor die verlies van die gesneuweldes van hulle volk, en so groot was hulle geroep, hulle gehuil en geweeklag, dat hulle die lug uitermate verskeur het.

17 En dit het gebeur dat hulle die volgende dag weer gaan veg het, en groot en verskriklik was daardie dag; nogtans, hulle het nie oorwin nie, en toe dit weer nag word het hulle die lug verskeur met hulle geroep, en hulle gehuil, en hulle geweeklag, oor die verlies van die gesneuweldes van hulle volk.

18 En dit het gebeur dat Coriantumr weer ’n brief geskryf het aan Siz, om te vra dat hy nie weer tot die stryd moes oorgaan nie, maar dat hy die koninkryk moes neem, en die lewens spaar van die volk.

19 Maar kyk, die Gees van die Here het opgehou om met hulle te werk, en aSatan het volle mag oor die harte van die volk gehad; want hulle is oorgegee aan die hardheid van hulle harte, en die blindheid van hulle verstand sodat hulle vernietig mag word; daarom het hulle weer tot die stryd oorgegaan.

20 En dit het gebeur dat hulle daardie hele dag geveg het, en toe dit nag word, het hulle op hul swaarde geslaap.

21 En op die volgende dag het hulle geveg tot dit nag geword het.

22 En toe dit nag geword het, was hulle adronk van toorn, net soos ’n man wat dronk is van wyn; en hulle het weer op hul swaarde geslaap.

23 En op die volgende dag het hulle weer geveg; en toe dit nag geword het, het almal deur die swaard geval behalwe twee en vyftig van die volk van Coriantumr, en nege en sestig van die volk van Siz.

24 En dit het gebeur dat hulle geslaap het op hulle swaarde daardie nag, en die volgende dag het hulle weer geveg, en hulle het geveg met hulle mag met hulle swaarde en met hulle skilde, daardie hele dag.

25 En toe dit nag geword het, was daar twee en dertig van die volk van Siz, en sewe en twintig van die volk van Coriantumr.

26 En dit het gebeur dat hulle geëet en geslaap het, en voorberei het op die dood die volgende dag. En hulle was groot en magtige manne wat betref die krag van manne.

27 En dit het gebeur dat hulle vir ’n tydperk van drie ure geveg het, en hulle het flou geword weens die verlies van bloed.

28 En dit het gebeur dat toe die manne van Coriantumr voldoende krag ontvang het sodat hulle kon loop, was hulle op die punt om te vlug vir hulle lewens; maar kyk, Siz het opgestaan, en ook sy manne, en hy het in sy toorn gesweer dat hy Coriantumr sou doodmaak of hy sou omkom deur die swaard.

29 Daarom, hy het hulle agternagesit, en op die volgende dag het hy hulle ingehaal; en hulle het weer geveg met die swaard. En dit het gebeur dat nadat hulle aalmal geval het deur die swaard, behalwe vir Coriantumr en Siz, kyk, Siz het flou geword weens die verlies van bloed.

30 En dit het gebeur dat toe Coriantumr op sy swaard geleun het, sodat hy ’n bietjie kon rus, het hy die kop van Siz afgekap.

31 En dit het gebeur dat nadat hy die kop van Siz afgekap het, het Siz hom opgelig op sy hande en geval; en nadat hy geworstel het om asem, het hy gesterf.

32 En dit het gebeur dat aCoriantumr neergeval het op die grond, en geword het asof hy geen lewe gehad het nie.

33 En die Here het met Ether gespreek, en aan hom gesê: Gaan heen. En hy het heengegaan, en gesien dat die woorde van die Here almal vervul was; en hy het sy akroniek voltooi (en die honderdste gedeelte het ek nie geskrywe nie); en hy het hulle weggebêre op ’n wyse dat die volk van Limhi hulle gevind het.

34 Nou, die laaste woorde wat geskryf is deur aEther, is hierdie: Of die Here wil dat ek getransformeer word, of dat ek die wil van die Here ondergaan in die vlees, dit maak nie saak nie, as dit so is dat ek gered is in die koninkryk van God. Amen.