Skrifture
Ether 11


Hoofstuk 11

Oorloë, onenighede en boosheid oorheers die Jereditiese lewe—Profete voorspel die algehele vernietiging van die Jerediete tensy hulle bekeer—Die volk verwerp die woorde van die profete.

1 En daar het ook in die dae van Com baie profete gekom, en geprofeteer van die vernietiging van daardie groot volk, tensy hulle sou bekeer, en na die Here keer, en hul moorde en goddeloosheid versaak.

2 En dit het gebeur dat die profete verwerp is deur die volk, en hulle het gevlug na Com vir beskerming, want die volk het gesoek om hulle te vernietig.

3 En hulle het vir Com baie dinge geprofeteer; en hy is geseën gedurende die res van sy dae.

4 En hy het geleef tot ’n goeie ouderdom, en Sjiblom verwek; en Sjiblom het geheers in sy plek. En die broer van Sjiblom het gerebelleer teen hom, en daar het ’n uitermate groot oorlog ontstaan in die hele land.

5 En dit het gebeur dat die broer van Sjiblom al die profete wat geprofeteer het van die vernietiging van die volk, laat doodmaak het;

6 En daar was groot onheil in die hele land, want hulle het getuig dat ’n groot vloek op die land sou kom, en ook op die volk, en dat daar ’n groot vernietiging sou wees onder hulle, soos wat daar nog nooit was op die aangesig van die aarde nie, en hulle beendere sou word soos ahope grond op die aangesig van die land, tensy hulle sou bekeer van hul boosheid.

7 En hulle het nie ag geslaan op die stem van die Here nie, vanweë hulle goddelose organisasies; daarom het oorloë en twiste begin ontstaan in die hele land, en ook baie hongersnode en pestilensies, in soverre dat daar ’n groot vernietiging was, soos wat nooit tevore geken was op die aangesig van die aarde nie; en dit alles het gebeur in die dae van Sjiblom.

8 En die volk het begin om te bekeer van hulle ongeregtigheid; en in soverre hulle dit gedoen het, het die Here abarmhartigheid gehad jeens hulle.

9 En dit het gebeur dat Sjiblom gedood is, en Set is in slawerny gebring, en het in slawerny gebly al sy dae.

10 En dit het gebeur dat Aha, sy seun, die koninkryk verkry het; en hy het oor die volk geheers al sy dae. En hy het allerlei ongeregtighede gedoen in sy dae, waardeur hy die vergieting van baie bloed veroorsaak het; en min was sy dae.

11 En Etem, omdat hy ’n afstammeling was van Aha, het die koninkryk verkry; en hy het ook dít gedoen wat boos was in sy dae.

12 En dit het gebeur dat in die dae van Etem het daar baie profete gekom, en het weer geprofeteer vir die volk; ja, hulle het geprofeteer dat die Here hulle heeltemal sou vernietig van die aangesig van die aarde tensy hulle bekeer van hul ongeregtighede.

13 En dit het gebeur dat die volk hulle harte verhard het, en wou nie aag slaan op hulle woorde nie; en die profete het getreur en hulle onttrek van onder die volk.

14 En dit het gebeur dat Etem oordeel gevel het in boosheid al sy dae; en hy het Moron verwek. En dit het gebeur dat Moron geheers het in sy plek; en Moron het dit gedoen wat boos was voor die Here.

15 En dit het gebeur dat daar ’n arebellie ontstaan het onder die volk, vanweë daardie geheime organisasie wat opgebou is om mag en gewin te verkry; en daar het ’n magtige man opgestaan onder hulle in ongeregtigheid, en het Moron die stryd aangesê, waarin hy die helfte van die koninkryk omvergewerp het; en hy het die helfte van die koninkryk behou vir baie jare.

16 En dit het gebeur dat Moron hom omvergewerp het, en weer die koningskap verkry het.

17 En dit het gebeur dat daar ’n ander magtige man opgestaan het; en hy was ’n afstammeling van die broer van Jered.

18 En dit het gebeur dat hy Moron omvergewerp en die koninkryk verkry het; daarom, Moron het in slawerny gebly die res van sy dae; en hy het Coriantor verwek.

19 En dit het gebeur dat Coriantor in slawerny gebly het al sy dae.

20 En in die dae van Coriantor het daar ook baie profete gekom, en geprofeteer van groot en wonderbaarlike dinge, en bekering geroep tot die volk, en tensy hulle sou bekeer, sou die Here God aoordeel vel oor hulle tot hulle algehele vernietiging;

21 En dat die Here God ’n aander volk sou stuur of voortbring om die land te besit, deur sy krag, op dieselfde wyse waarop Hy hulle vaders gebring het.

22 En hulle het al die woorde verwerp van die profete, vanweë hulle geheime organisasies en goddelose gruwels.

23 En dit het gebeur dat Coriantor aEther verwek het, en hy het gesterf, nadat hy in slawerny gebly het al sy dae.