Skrifture
Getuienis van Agt Getuies


Die Getuienis van Agt Getuies

Laat dit bekend wees aan alle nasies, stamme, tale, en volke, tot wie hierdie werk sal kom: Dat Joseph Smith, Jr., die vertaler van hierdie werk, die plate aan ons getoon het waarvan gespreek is, wat die voorkoms van goud het; en soveel van al die blaaie wat voornoemde Smith vertaal het, het ons hanteer met ons eie hande; en ons het ook die graveerwerk daarop gesien, wat alles die voorkoms het van antieke werk en sonderlinge vakmanskap. En dit getuig ons in alle erns, dat voornoemde Smith hulle aan ons getoon het, want ons het hulle gesien en opgetel en weet vir seker dat voornoemde Smith die plate het waarvan ons gespreek het. En ons maak ons name wêreldkundig, om aan die wêreld te getuig van dit wat ons gesien het. En ons lieg nie, want God getuig daarvan.

Christian Whitmer

Jacob Whitmer

Peter Whitmer, Jr.

John Whitmer

Hiram Page

Joseph Smith, Snr.

Hyrum Smith

Samuel H. Smith