Skrifture
Alma 38


Die bevele van Alma aan sy seun Sjiblon.

Dit behels hoofstuk 38.

Hoofstuk 38

Sjiblon is vervolg ter wille van regverdigheid—Heil is in Christus wat die lewe en lig van die wêreld is—Beteuel al julle hartstogte. Ongeveer 74 v.C.

1 My seun, neig jou oor na my woorde, want ek sê vir jou, net soos ek aan Helaman gesê het, dat in soverre julle die gebooie van God sal onderhou, sal julle voorspoedig wees in die land; en in soverre julle nie die gebooie van God sal onderhou nie, sal julle afgesny word van sy teenwoordigheid.

2 En nou my seun, ek vertrou dat ek groot vreugde in jou sal hê vanweë jou standvastigheid en jou getrouheid aan God; want soos jy in jou jeug begin het om op te sien na die Here jou God, net so hoop ek dat jy sal aaanhou om sy gebooie te onderhou, want geseënd is hy wat bvolhard tot die einde toe.

3 Ek sê vir jou, my seun, dat ek alreeds groot vreugde in jou gehad het vanweë jou getrouheid en jou ywer, en jou geduld en jou lankmoedigheid onder die volk van die aZoramiete.

4 Want ek weet dat jy in boeie was; ja, en ek weet ook dat jy gestenig is ter wille van die woord; en jy het al hierdie dinge verduur met ageduld omdat die Here bmet jou was; en nou weet jy dat die Here jou verlos het.

5 En nou, my seun Sjiblon, ek wil hê dat jy moet onthou, dat tot die mate wat jy jou avertroue in God stel, net soveel sal jy bverlos word uit al jou beproewing, en jou csorge en jou verdrukkinge, en jy sal verhef word op die laaste dag.

6 Nou, my seun, ek wil nie hê dat jy moet dink dat ek uit my eie hierdie dinge weet nie, maar dit is die Gees van God wat in my is wat hierdie dinge aan my bekend maak; want as ek nie uit God agebore is nie, sou ek nie hierdie dinge geweet het nie.

7 Maar kyk, die Here het in sy groot barmhartigheid sy aengel gestuur om aan my te verkondig dat ek moet ophou met die werk van bvernietiging onder sy volk; ja, en ek het ’n engel van aangesig tot aangesig gesien, en hy het met my gespreek, en sy stem was soos die donder, en dit het die hele aarde geskud.

8 En dit het gebeur dat ek drie dae en drie nagte in die bitterste pyn en smart van siel was; en nooit, totdat ek uitgeroep het tot die Here Jesus Christus om barmhartigheid, het ek ’n avergifnis ontvang van my sondes nie. Maar kyk, ek het tot Hom geroep en ek het vrede gevind vir my siel.

9 En nou, my seun, ek het jou dit vertel sodat jy wysheid mag leer, sodat jy van my mag leer dat daar ageen ander weg of wyse is waardeur ’n mens gered kan word nie, net in en deur Christus. Kyk, Hy is die lewe en die blig van die wêreld. Kyk, Hy is die woord van waarheid en regverdigheid.

10 En nou, soos jy begin het om die woord te leer, net so wil ek hê dat jy moet aanhou om te onderrig; en ek wil hê dat jy ywerig en matig moet wees in alle dinge.

11 Sorg dat jy nie verhef word tot ahoogmoed nie; ja, sorg dat jy nie roem in jou eie wysheid, nóg oor jou groot krag.

12 Gebruik vrymoedigheid, maar nie heerssugtigheid nie; en sorg dat jy al jou hartstogte beteuel, sodat jy vervul mag word met liefde; sorg dat jy luiheid vermy.

13 Moenie bid soos die Zoramiete nie, want jy het gesien dat hulle bid om van mense gehoor te word, en om geprys te word vir hulle wysheid.

14 Moenie sê: O God, ek dank U dat ons abeter is as ons broers nie; maar sê eerder: O Here, vergewe my bonwaardigheid, en onthou my broers in barmhartigheid—ja, erken jou onwaardigheid voor God te alle tye.

15 En mag die Here jou siel seën, en jou ontvang op die laaste dag in sy koninkryk, om in vrede te sit. Nou gaan, my seun, en leer die woord aan hierdie volk. Wees ernstig. My seun, vaarwel.