Skrifture
Alma 37


Hoofstuk 37

Die plate van brons en ander skrifture word bewaar om siele tot heil te bring—Die Jerediete is vernietig vanweë hulle boosheid—Hulle geheime ede en verbonde moet weggehou word van die volk—Raadpleeg met die Here in al julle dade—Soos wat die Liahona die Nefiete gelei het, so lei die woord van Christus die mense na die ewige lewe. Ongeveer 74 v.C.

1 En, nou, my seun Helaman, ek beveel jou dat jy die akronieke neem wat aan my btoevertrou is;

2 En ek beveel jou ook dat jy ’n kroniek byhou van hierdie volk, soos wat ek gedoen het, op die plate van Nefi, en hou al hierdie dinge heilig wat ek bewaar het, net soos ek hulle bewaar het; want dit is vir ’n awyse doel wat hulle bewaar word.

3 En hierdie aplate van brons wat hierdie graverings bevat, wat die kronieke van die heilige skrifture op hulle het, wat die geslagsregister van ons voorvaders het, en wel vanaf die begin—

4 Kyk, dit is geprofeteer deur ons vaders dat hulle bewaar moet word en van een geslag na ’n ander oorgedra word, en gehou en bewaar word deur die hand van die Here totdat hulle na elke nasie, stam, taal en volk sal uitgaan, dat hulle sal weet van die averborgenhede wat daarop is.

5 En nou kyk, as hulle bewaar word, moet hulle hul glans behou; ja, en hulle sal hulle glans behou; ja, en so ook sal al die plate wat dít bevat wat die heilige skrif is.

6 Nou, jy mag veronderstel dat dit adwaasheid in my is; maar kyk, ek sê vir jou, dat deur bklein en eenvoudige dingetjies word groot dinge teweeggebring; en geringe middele, in baie gevalle, beskaam die wyses.

7 En die Here God werk deur amiddele om sy groot en ewige voornemens tot stand te bring; en deur baie bgeringe middele beskaam die Here die wyses en bring die heil van baie siele tot stand.

8 En nou, dit was tot dusver wysheid in God dat hierdie dinge bewaar sou wees; want kyk, hulle het die geheue van hierdie mense avergroot, ja, en baie oortuig van die dwaling van hulle weë, en hulle gebring tot die kennis van hulle God tot die heil van hulle siele.

9 Ja, ek sê vir jou, awas dit nie vir hierdie dinge wat hierdie kronieke bevat wat op hierdie plate is nie, kon Ammon en sy broers nie soveel duisende van die Lamaniete boortuig het van die onjuiste oorlewering van hulle vaders nie; ja, hierdie kronieke en hulle cwoorde het hulle gebring tot bekering; dit is, hulle het hul gebring tot die kennis van die Here hulle God, en om te jubel in Jesus Christus, hulle Verlosser.

10 En wie weet of hulle nie miskien die middel sal wees om baie duisende van hulle, ja, en ook baie duisende van ons hardnekkige broers, die Nefiete, wat nou hulle harte verhard in sonde en ongeregtighede, te bring tot die kennis van hul Verlosser nie?

11 Nou hierdie verborgenhede is nog nie ten volle bekend gemaak aan my nie; daarom sal ek swyg.

12 En dit mag genoeg wees as ek slegs sê dat hulle bewaar word vir ’n wyse doel, welke doel aan God bekend is; want Hy agee in wysheid raad oor al sy werke, en sy weë is reguit, en sy weg been ewige kringloop.

13 O onthou, onthou, my seun Helaman, hoe astreng is die gebooie van God. En Hy het gesê: bAs julle my gebooie sal onderhou, sal julle cvoorspoedig wees in die land—maar as julle nie sy gebooie onderhou nie, sal julle afgesny word van sy teenwoordigheid.

14 En nou onthou, my seun, dat God aan jou hierdie dinge atoevertrou het, wat bheilig is, wat Hy heilig gehou het, en wat Hy ook sal behou en bewaar vir ’n cwyse doel in Hom, sodat Hy sy krag aan toekomstige geslagte mag toon.

15 En nou kyk, ek sê vir jou deur die gees van profesie, dat as jy die gebooie van God oortree, kyk, hierdie dinge wat heilig is, sal van jou weggeneem word deur die krag van God, en jy sal uitgelewer word aan Satan, sodat Hy jou kan sif soos kaf voor die wind.

16 Maar as jy die gebooie van God onderhou, en met hierdie dinge wat heilig is doen volgens dit wat die Here jou beveel, (want jy moet ’n beroep doen op die Here vir alle dinge wat jy ook al met hulle moet doen) kyk, geen mag van die aarde of die hel kan hulle van jou awegneem nie, want God is magtig in die vervulling van al sy woorde.

17 Want Hy sal al sy beloftes vervul wat Hy aan jou sal maak, want Hy het sy beloftes vervul wat Hy aan ons vaders gemaak het.

18 Want Hy het aan hulle belowe dat Hy hierdie dinge sou abewaar vir ’n wyse doel in Hom, sodat Hy sy krag mag toon aan toekomstige geslagte.

19 En nou, kyk, een doel het Hy vervul, en wel tot die herstel van abaie duisende van die Lamaniete tot die kennis van die waarheid; en Hy het sy krag deur hulle getoon en Hy sal ook steeds sy krag deur hulle toon aan btoekomstige geslagte; daarom sal hulle bewaar word.

20 Daarom beveel ek jou, my seun Helaman, dat jy ywerig bly in die vervulling van al my woorde, en dat jy ywerig bly in die onderhouding van die gebooie van God, soos hulle geskrywe is.

21 En nou sal ek met jou spreek aangaande daardie avier en twintig plate, dat jy hulle bewaar, sodat die verborgenhede, en die werke van duisternis, en hulle geheime werke, of die bgeheime werke van daardie volk wat vernietig is, openbaar gemaak mag word aan hierdie volk; ja, al hulle moorde, en rowerye, en hulle geplunder, en al hulle boosheid en gruwels, bekend gemaak mag word aan hierdie volk; ja, en sodat jy hierdie cvertolkers bewaar.

22 Want kyk, die Here het gesien dat sy volk begin het om in die duisternis te werk, ja, geheime moorde en gruwels bewerk het; daarom het die Here gesê, as hulle nie bekeer nie, sal hulle vernietig word vanaf die aangesig van die aarde.

23 En die Here het gesê: Ek sal vir my dienskneg Gazelem ’n aklip berei, wat in die donker sal skyn soos lig, sodat ek aan my volk wat My dien mag openbaar, dat Ek aan hulle die werke van hulle broers mag openbaar, ja, hulle geheime werke, hulle werke van die duisternis, en hulle boosheid en gruwels.

24 En nou, my seun, hierdie vertolkers is berei sodat die woord van God vervul mag word wat Hy gespreek, en gesê het:

25 Ek sal uit die duisternis al hulle geheime werke en hulle gruwels aan die lig abring; en tensy hulle bekeer, sal Ek hulle bvernietig vanaf die aangesig van die aarde; en Ek sal al hulle geheimenisse en gruwels aan die lig bring, aan elke nasie wat hierna die land sal besit.

26 En nou, my seun, ons sien dat hulle nie bekeer het nie; daarom is hulle vernietig, en tot dusver is die woord van God vervul; ja, hulle geheime gruwels is gebring uit die duisternis en aan ons bekend gemaak.

27 En nou, my seun, ek beveel jou dat jy al hulle ede weerhou, en hulle verbonde, en hulle ooreenkomste in hulle geheime gruwels; ja, en al hulle atekens en hulle wonders sal jy weghou van hierdie volk af, sodat hulle hul nie ken nie, sodat hulle miskien in die duisternis verval en ook vernietig word nie.

28 Want kyk, daar is ’n avloek op hierdie land, dat vernietiging oor al daardie werkers van duisternis sal kom, volgens die krag van God, wanneer hulle ten volle ryp is; daarom wil ek nie hê dat hierdie volk vernietig mag word nie.

29 Daarom moet jy hierdie geheime planne van hulle aede en hulle verbonde van hierdie volk af weghou, en net hulle boosheid en hulle moorde en hulle gruwels moet jy aan hulle bekendmaak; en jy moet hulle leer om sulke boosheid en gruwels en moorde te bverafsku; en jy moet hulle ook leer dat hierdie volk vernietig is vanweë hulle boosheid en gruwels en hulle moorde.

30 Want kyk, hulle het al die profete van die Here vermoor wat onder hulle gekom het om aan hulle aangaande hulle ongeregtighede te verklaar; en die bloed van diegene wat hulle vermoor het, het tot die Here hulle God geroep om wraak op hulle wat hul moordenaars was; en so het die oordele van God gekom op hierdie werkers van duisternis en geheime organisasies.

31 Ja, en vervloek is die land vir ewig en ewig vir daardie werkers van duisternis en geheime organisasies en wel tot vernietiging, tensy hulle bekeer voordat hulle ten volle ryp is.

32 En nou, my seun, onthou die woorde wat ek met jou gespreek het; moenie daardie geheime planne toevertrou aan hierdie volk nie, maar leer hulle ’n ewigdurende ahaat teen sonde en ongeregtigheid.

33 aPreek aan hulle bekering, en geloof in die Here Jesus Christus; leer hulle om hulleself te verootmoedig en om bsagmoedig en nederig van hart te wees; leer hulle om elke cversoeking van die duiwel te weerstaan, met hulle geloof in die Here Jesus Christus.

34 Leer hulle om nooit moeg te word vir goeie werke nie, maar om sagmoedig en nederig van hart te wees; want diesulkes sal arus vind vir hulle siele.

35 O onthou, my seun, en leer awysheid in jou jeug; ja, leer in jou jeug om die gebooie van God te onderhou.

36 Ja, en aroep tot God vir al jou ondersteuning; ja, laat al jou dade tot die Here wees, en waar jy ook al heengaan, laat dit in die Here wees; ja, laat al jou gedagtes gerig word op die Here, ja, laat die liefde van jou hart op die Here geplaas wees, vir ewig.

37 aRaadpleeg met die Here in al jou dade, en Hy sal jou ten goede rig; ja, wanneer jy jou snags neerlê, lê jou neer in die Here, sodat Hy oor jou mag waak in jou slaap; en wanneer jy in die môre opstaan, laat jou hart vol bdankbaarheid wees jeens God; en as jy hierdie dinge doen, sal jy verhef word op die laaste dag.

38 En nou, my seun, ek het ietwat te sê aangaande die ding wat ons vaders ’n bal of rigtingwyser noem—of ons vaders het dit aLiahona genoem, dit is, as dit vertaal word ’n kompas; en die Here het dit berei.

39 En kyk, geen mens kan werk volgens die wyse van sulke sonderlinge vakmanskap nie. En kyk, dit is berei om aan ons vaders die rigting te wys wat hulle moes reis in die wildernis.

40 En dit het vir hulle gewerk volgens hulle ageloof in God; daarom, as hulle geloof gehad het om te glo dat God daardie asse in die rigting sou laat wys wat hulle moes gaan, kyk, dit is gedoen; daarom het hulle hierdie wonderwerk gehad, en ook baie ander wonderwerke wat bewerkstellig is deur die krag van God, dag na dag.

41 Nogtans, omdat daardie wonderwerke deur ageringe middele bewerkstellig is, het dit aan hulle wonderbaarlike werke getoon. Hulle was traag, en het vergeet om hulle geloof en ywer uit te oefen, en dan het daardie wonderwerke opgehou, en hulle het nie gevorder op hulle reis nie;

42 Daarom het hulle in die wildernis vertoef, of het nie ’n direkte koers gereis nie, en is gekwel deur honger en dors, vanweë hulle oortredings.

43 En nou, my seun, ek wil hê dat jy moet verstaan dat hierdie dinge nie sonder ’n voorafskaduwing is nie; want soos ons vaders traag was om ag te slaan op hierdie kompas (nou hierdie dinge was stoflik) het hulle nie gevorder nie; en net so is dit met dinge wat geestelik is.

44 Want kyk, dit is net so maklik om gehoor te gee aan die awoord van Christus, wat jou ’n reguit koers sal aanwys na ewige geluksaligheid, soos wat dit vir ons vaders was om ag te slaan op hierdie kompas, wat hulle ’n reguit koers sou aanwys na die beloofde land.

45 En nou sê ek, is daar nie ’n voorafskaduwing in hierdie ding nie? Want net so seker as wat hierdie rigtingwyser ons vaders na die land van belofte gebring het deur sy koers te volg, sal die woorde van Christus, as ons hulle koers volg, vir ons uitlei anderkant hierdie dal van trane na ’n ver beter land van belofte.

46 O my seun, moenie dat ons atraag wees vanweë die maklikheid van die bweg nie; want so was dit met ons vaders; want so is dit berei vir hulle, dat as hulle sou kyk, mag hulle clewe; net so is dit met ons. Die weg is berei, en as ons sal kyk, mag ons vir ewig lewe.

47 En nou my seun, sien dat jy hierdie heilige dinge oppas, ja, sien dat jy opsien na God en lewe. Gaan na hierdie volk en verkondig die woord, en wees ernstig. My seun, vaarwel.