Skrifture
Alma 10


Hoofstuk 10

Lehi het afgestam van Manasse—Amulek vertel van die engel se bevel dat hy vir Alma moet sorg—Die gebede van die regverdiges veroorsaak dat die volk gespaar word—Onregverdige regsgeleerdes en regters lê die fondament van die vernietiging van die volk. Ongeveer 82 v.C.

1 Nou, hierdie is die awoorde wat bAmulek vir die volk gepreek het wat in die land Ammoniha was, en gesê:

2 Ek is Amulek; ek is die seun van Giddona, wat die seun was van Ismael, wat ’n afstammeling was van Aminadi; en dit was daardie selfde Aminadi wat die skrif vertolk het wat op die muur van die tempel was, wat geskryf is deur die vinger van God.

3 En Aminadi was ’n afstammeling van Nefi, wat die seun was van Lehi, wat uit die land Jerusalem gekom het, wat ’n afstammeling was van aManasse, wat die seun was van bJosef wat in Egipte cverkoop is deur die hande van sy broers.

4 En kyk, ek is ook ’n man van geen geringe aansien onder almal wat my ken nie; ja, en kyk, ek het baie verwante en avriende, en ek het ook baie rykdom verwerf deur die hand van my werkywer.

5 Nogtans, ondanks dit alles, het ek nooit veel geweet van die weë van die Here nie, en van sy averborgenhede en wonderlike krag nie. Ek het gesê ek het nooit baie van hierdie dinge geweet nie; maar kyk, ek vergis my, want ek het baie van sy verborgenhede en sy wonderlike krag gesien; ja, en wel in die behoud van die lewens van hierdie volk.

6 Nogtans, ek het my hart verhard, want ek is baie kere ageroep en wou nie bhoor nie; daarom het ek geweet aangaande hierdie dinge, tog wou ek nie weet nie; daarom het ek aangehou om te rebelleer teen God, in die boosheid van my hart, tot die vierde dag van hierdie sewende maand, wat in die tiende jaar is van die heerskappy van die regters.

7 Terwyl ek op reis was om ’n baie nabye verwant te besoek, kyk, ’n aengel van die Here het aan my verskyn, en gesê: Amulek, keer terug na jou eie huis, want jy sal ’n profeet van die Here voed; ja, ’n heilige man, wat ’n uitverkore man van God is; want hy het baie dae bgevas vanweë die sondes van hierdie volk, en hy het honger, en jy sal hom contvang in jou huis en hom voed, en hy sal jou en jou huis seën; en die seëning van die Here sal op jou en jou huis rus.

8 En dit het gebeur dat ek die stem van die engel gehoorsaam het, en teruggekeer het na my huis. En terwyl ek daarheen gegaan het, het ek die man agevind van wie die engel aan my gesê het: Jy sal hom ontvang in jou huis—en kyk dit was hierdie selfde man wat met julle gespreek het aangaande die dinge van God.

9 En die engel het aan my gesê hy is ’n aheilige man; daarom weet ek dat hy ’n heilige man is omdat dit gesê is deur ’n engel van God.

10 En verder, ek weet dat die dinge waarvan hy getuig het waar is; want kyk, ek sê vir julle, dat sowaar as die Here leef, net so het Hy sy aengel gestuur om hierdie dinge aan my openbaar te maak; en dit het Hy gedoen terwyl hierdie Alma in my huis bgewoon het.

11 Want kyk, hy het my huis ageseën, hy het my geseën, en my vroue, en my kinders, en my vader en my familielede; ja, en wel al my verwante het hy geseën, en die seëning van die Here het op ons gerus volgens die woorde wat hy gespreek het.

12 En nou, toe Amulek hierdie woorde gespreek het, het die volk verbaas begin word, aangesien daar ameer as een getuie was wat getuig het van die dinge waarvan hulle beskuldig is, en ook van die dinge wat moes kom, volgens die gees van profesie wat in hulle was.

13 Nogtans, daar was sommige onder hulle wat gedink het om hulle uit te vra, sodat deur hul geslepe aplanne hulle in hul woorde gevang kon word, sodat hulle getuienis teen hulle mag vind, sodat hulle hul mag uitlewer aan hul regters sodat hulle geoordeel mag word volgens die wet en sodat hulle gedood, of in die gevangenis gewerp mag word volgens die misdaad wat hulle teen hul kon versin of teen hul kon getuig.

14 Nou was dit daardie manne wat gesoek het om hulle te vernietig, wat aregsgeleerdes was, wat gehuur of aangestel is deur die volk om die wet toe te pas ten tye van hul verhore, of by die verhore van die misdade van die volk voor die regters.

15 Nou was hierdie regsgeleerdes geleerd in al die liste en geslepenhede van die volk; en dit was om hulle in staat te stel sodat hulle bedrewe mag wees in hulle beroep.

16 En dit het gebeur dat hulle begin het om Amulek uit te vra, sodat hulle hom daardeur sy woorde kon laat ontken, of die woorde laat weerspreek wat hy sou spreek.

17 Nou het hulle nie geweet dat Amulek kon weet van hulle voornemens nie. Maar dit het gebeur terwyl hulle hom begin ondervra, het hy hulle gedagtes abemerk, en hy het aan hulle gesê: O julle goddelose en wederstrewige bgeslag, julle regsgeleerdes en huigelaars, want julle lê die fondamente van die duiwel; want julle lê cstrikke en vangnette om die heiliges van God te vang.

18 Julle beraam planne om die weë van die regverdiges te averdraai, en om die toorn van God op julle hoofde af te bring, en wel tot die algehele vernietiging van hierdie volk.

19 Ja, tereg het Mosia gesê, wat ons laaste koning was, toe hy op die punt staan om die koningskap op te sê, omdat hy niemand gehad het aan wie hy dit kon oordra nie, en het toegelaat dat hierdie volk regeer word deur hulle eie stemme—ja, tereg het hy gesê dat as die tyd sou kom dat die stem van hierdie volk ongeregtigheid sou averkies, dit is, as die tyd sou kom dat hierdie volk sou verval in oortreding, sou hulle ryp wees vir vernietiging.

20 En nou sê ek aan julle dat die Here tereg julle ongeregtighede oordeel; tereg roep hy tot hierdie volk, deur die stem van sy aengele: Bekeer julle, bekeer, want die koninkryk van die hemel is op hande.

21 Ja, tereg roep Hy deur die stem van sy engele dat: aEk sal neerdaal onder my volk, met billikheid en geregtigheid in my hande.

22 Ja, en ek sê vir julle, dat as dit nie was vir die agebede van die regverdiges, wat nou in die land is nie, dat julle selfs nou besoek sou word met algehele vernietiging; tog sou dit nie wees deur die bvloed, soos die volk was in die dae van Noag nie, maar dit sou wees deur hongersnood, en deur pestilensie, en die swaard.

23 Maar dit is deur die agebede van die regverdiges dat julle gespaar is; nou daarom, as julle die regverdiges uitwerp onder julle, dan sal die Here nie sy hand terughou nie; maar in sy vurige toorn sal Hy uitkom teen julle; dan sal julle getref word deur hongersnood, en deur pestilensie, en deur die swaard; en die btyd is spoedig op hande tensy julle bekeer.

24 En nou dit het gebeur dat die volk meer toornig was op Amulek, en hulle het uitgeroep, en gesê: Hierdie man beledig ons wette, wat regverdig is, en ons wyse regsgeleerdes wat ons gekies het.

25 Maar Amulek het sy hand uitgestrek, en sterker teen hulle uitgeroep, en gesê: O julle goddelose en wederstrewige geslag, hoekom het Satan so ’n groot houvas gekry op julle harte? Hoekom sal julle julself oorgee aan hom, dat hy krag mag hê oor julle, om julle oë te averblind, dat julle nie die woorde sal verstaan wat gespreek is, volgens hulle waarheid nie?

26 Want kyk, het ek teen julle wet getuig? Julle verstaan nie; julle sê dat ek teen julle wet gespreek het; maar ek het nie, maar ek het gespreek ten gunste van julle wet, tot julle veroordeling.

27 En nou kyk, ek sê vir julle, dat die fondament van die vernietiging van hierdie volk begin om gelê te word deur die ongeregtigheid van julle aregsgeleerdes en julle regters.

28 En nou dit het gebeur dat toe Amulek hierdie woorde gespreek het, het die volk teen hom uitgeroep, en gesê: Nou weet ons dat hierdie man ’n kind van die duiwel is, want hy het vir ons agelieg; want hy het teen ons wet gespreek. En nou sê hy dat hy nie daarteen gespreek het nie.

29 En verder, hy het ons regsgeleerdes beledig, en ons regters.

30 En dit het gebeur dat die regsgeleerdes dit in hulle harte gelê het dat hulle hierdie dinge teen hom sou onthou.

31 En daar was een onder hulle wie se naam Zeesrom was. Nou hy was die vernaamste om vir Amulek en vir Alma te abeskuldig, en hy was een van die bedrewendstes onder hulle, wat baie sake onder die volk gedoen het.

32 Nou was dit die doel van hierdie regsgeleerdes om gewin te verkry; en hulle het gewin verkry volgens hulle diens.