Skrifture
3 Nefi 30


Hoofstuk 30

Die nie-Jode van die laaste dae word gebied om te bekeer, na Christus te kom, en gereken te word onder die huis van Israel. Ongeveer 34–35 n.C.

1 Slaan ag, o julle nie-Jode, en hoor die woorde van Jesus Christus, die Seun van die lewende God, wat Hy my agebied het dat ek moes spreek aangaande julle, want, kyk Hy gebied my dat ek moet skrywe, en het gesê:

2 Draai weg, al julle anie-Jode, van julle goddelose weë; en bbekeer van julle bose handelinge, van julle leuens en bedrieërye, en van julle hoererye, en van julle geheime gruwels, en julle afgoderye, en van julle moorde, en julle priesterliste, en julle afguns, en julle onenighede, en van al julle boosheid en gruwels, en kom na My, en word gedoop in my Naam, sodat julle ’n vergifnis mag ontvang van julle sondes, en vervul kan word met die Heilige Gees, sodat julle cgereken kan word onder my volk wat van die huis van Israel is.