Skrifture
3 Nefi 27


Hoofstuk 27

Jesus gebied hulle om die Kerk na sy Naam te noem—Sy sending en soenoffer behels sy evangelie—Mense word gebied om te bekeer en gedoop te word sodat hulle geheilig mag word deur die Heilige Gees—Hulle moet net soos Jesus wees. Ongeveer 34–35 n.C.

1 En dit het gebeur dat terwyl die dissipels van Jesus gereis het en die dinge gepreek het wat hulle beide gesien en gehoor het, en gedoop het in die Naam van Jesus, het dit gebeur dat die dissipels bymekaargekom het en averenig was in kragtige gebed en bvas.

2 En Jesus het homself weer aan hulle agetoon, want hulle het gebid tot die Vader in sy Naam; en Jesus het gekom en in hulle midde gaan staan, en aan hulle gesê: Wat wil julle hê dat Ek aan julle moet gee?

3 En hulle het aan Hom gesê: Here, ons wil hê dat U aan ons moet sê wat die naam van die kerk moet wees; want daar is redekawelings onder die volk aangaande hierdie saak.

4 En die Here het aan hulle gesê: Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, hoekom is dit dat die volk murmureer en twis vanweë hierdie ding?

5 Het hulle nie die skrifture gelees, wat sê dat julle die aNaam van Christus op julle moet neem nie, wat my Naam is? Want ooreenkomstig hierdie Naam sal julle genoem word op die laaste dag;

6 En wie ook al my Naam op hom neem, en avolhard tot die einde toe, hy sal gered word op die laaste dag.

7 Daarom, wat julle ook al sal doen, sal julle dit in my Naam doen; daarom sal julle die kerk na my Naam noem, en julle sal tot die Vader in my Naam roep dat Hy die kerk sal seën om my ontwil.

8 En hoe kan dit amy bkerk wees tensy dit na my Naam vernoem is? Want as ’n kerk vernoem word na Moses se naam, dan is dit Moses se kerk; of as dit vernoem word na die naam van ’n man, dan is dit die kerk van ’n man; maar as dit vernoem word na my Naam, dan is dit my kerk, as dit so is dat hulle gebou is op my evangelie.

9 Voorwaar Ek sê vir julle, dat julle gebou is op my evangelie; daarom sal julle noem watter dinge ook al julle noem, na my Naam; daarom, as julle die Vader aanroep, vir die kerk, as dit in my Naam is, sal die Vader julle hoor;

10 En as dit so is dat die kerk gebou is op my evangelie, dan sal die Vader sy eie werke toon daarin.

11 Maar as dit nie gebou is op my evangelie nie, en gebou is op die werke van mense, of op die werke van die duiwel, voorwaar Ek sê vir julle, hulle het vreugde in hulle werke vir ’n tydperk, en weldra kom die einde, en hulle word auitgekap en in die vuur gewerp, waarvandaan daar geen terugkeer is nie.

12 Want hulle werke avolg hulle, want dit is vanweë hulle werke dat hulle uitgekap word; daarom, onthou die dinge wat Ek julle vertel het.

13 Kyk, Ek het aan julle my aevangelie gegee, en dit is die evangelie wat Ek aan julle gegee het—dat Ek in die wêreld gekom het om die bwil van my Vader te doen, omdat my Vader My gestuur het.

14 En my Vader het My gestuur sodat Ek aopgehef mag word op die kruis; en nadat Ek opgehef was op die kruis, dat Ek almal na My mag btrek, sodat net soos Ek opgehef was deur die mense, net so hoort die mense opgehef te word deur die Vader, om voor My te staan, om cgeoordeel te word volgens hulle werke, of hulle goed en of hulle boos is—

15 En om hierdie rede is Ek aopgehef; daarom, volgens die krag van die Vader sal Ek alle mense na My toe trek, sodat hulle geoordeel mag word volgens hulle werke.

16 En dit sal gebeur, dat wie ook al abekeer en bgedoop word in my Naam, gevul sal word; en as hy cvolhard tot die einde toe, kyk, hom sal Ek skuldeloos hou voor my Vader in daardie dag wanneer Ek sal staan om die wêreld te oordeel.

17 En hy wat nie volhard tot die einde toe nie, is hy wat ook uitgekap en in die vuur gewerp word, vanwaar hulle nie meer kan terugkeer nie, vanweë die ageregtigheid van die Vader.

18 En dit is die woord wat Hy gegee het aan die kinders van mense. En om hierdie rede vervul Hy die woorde wat Hy gegee het, en Hy lieg nie, maar vervul al sy woorde.

19 En ageen onrein ding kan sy koninkryk binnegaan nie; daarom, niks gaan sy brus binne nie behalwe as dit diegene is wat hulle kleding cgewas het in my bloed, vanweë hulle geloof, en die bekering van al hulle sondes, en hulle getrouheid tot die einde.

20 Nou, dit is die gebod: aBekeer, al julle eindes van die aarde, en kom na My en word bgedoop in my Naam, sodat julle cgeheilig mag word deur die ontvangs van die Heilige Gees, sodat julle dvlekkeloos mag staan voor My op die laaste dag.

21 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dit is my evangelie; en julle weet die dinge wat julle moet doen in my kerk; want die werke wat julle My sien doen het, dit sal julle ook doen; want dit wat julle My sien doen het, naamlik dit sal julle doen;

22 Daarom, as julle hierdie dinge doen, geseënd is julle, want julle sal verhef word op die laaste dag.

23 Skryf die dinge wat julle gesien en gehoor het, behalwe dit wat averbode is.

24 Skryf die werke van hierdie volk, wat sal wees, net soos geskrywe is, van dit wat was.

25 Want kyk, uit die boeke wat geskrywe is, en wat geskrywe sal word, sal hierdie volk ageoordeel word, want deur hulle sal hulle bwerke bekend wees aan die mense.

26 En kyk, alle dinge word ageskrywe deur die Vader; daarom, uit die boeke wat geskrywe sal word, sal die wêreld geoordeel word.

27 En weet julle dat ajulle regters sal wees van hierdie volk, volgens die oordeel wat Ek aan julle sal gee, wat regverdig sal wees. Daarom, watter bsoort manne behoort julle te wees? Voorwaar, Ek sê vir julle, cnet soos Ek is.

28 En nou, Ek agaan na die Vader. En voorwaar Ek sê vir julle, watter dinge julle ook al die Vader in my Naam sal vra, sal aan julle gegee word.

29 Daarom, avra, en julle sal ontvang; klop, en dit sal oopgemaak word vir julle; want hy wat vra, ontvang; en vir hom wat klop, sal dit oopgemaak word.

30 En nou, kyk, my vreugde is groot, tot volheid toe, vanweë julle, en ook hierdie geslag; ja, en ook die Vader jubel, en ook al die heilige engele, vanweë julle en hierdie geslag; want ageeneen van hulle is verlore nie.

31 Kyk, Ek wil hê dat julle moet verstaan; want Ek bedoel hulle wat anou lewend is van bhierdie geslag; en nie een van hulle is verlore nie; en in hulle het Ek volheid van cvreugde.

32 Maar kyk, dit bedroef My vanweë die avierde geslag van hierdie geslag af, want hulle word gevange weggevoer deur hom net soos die seun van die verderf was; want hulle sal My verkoop vir silwer en vir goud, en vir dit wat die bmot vernietig en waardeur diewe kan inbreek en steel. En in daardie dag sal Ek hulle besoek, en wel deur hulle werke op hulle eie hoofde te keer.

33 En dit het gebeur dat toe Jesus hierdie woorde beëindig het, het Hy aan sy dissipels gesê: Gaan julle in deur die aeng poort; want eng is die poort, en smal is die weg wat lei na die lewe, en min is daar wat dit vind; maar breed is die poort en wyd die weg wat lei na die dood; en baie is daar wat daarop reis, totdat die nag kom, waarin geen mens kan werk nie.