Skrifture
3 Nefi 11


Jesus Christus het Homself getoon aan die volk van Nefi, terwyl die skare in die land Oorvloed was, en het hulle gedien; en op hierdie wyse het Hy Homself getoon aan hulle.

Dit behels hoofstukke 11 tot 26.

Hoofstuk 11

Die Vader getuig van sy Geliefde Seun—Christus verskyn en verkondig sy Versoening—Die mense voel die wondmerke in sy hande, en voete, en sy—Hulle roep Hosanna—Hy sit die metode en wyse van doop uiteen—Die gees van twis is van die duiwel—Christus se leer is dat mense moet glo en gedoop word en die Heilige Gees ontvang. Ongeveer 34 n.C.

1 En nou het dit gebeur dat daar ’n groot skare byeen was, van die volk van Nefi, rondom die tempel wat in die land Oorvloed was; en hulle was verbaas en verwonderd die een met die ander, en het gewys, een aan die ander, die agroot en wonderbaarlike verandering wat plaasgevind het.

2 En hulle het ook oor hierdie Jesus Christus gespreek, van wie die ateken gegee is aangaande sy dood.

3 En dit het gebeur dat terwyl hulle aldus besig was om te spreek die een met die ander, het hulle ’n astem gehoor asof dit gekom het uit die hemel; en hulle het rondgekyk, want hulle het nie die stem verstaan wat hulle gehoor het nie; en dit was nie ’n skerp stem nie, nóg was dit ’n luide stem; nogtans, en nieteenstaande dit ’n bsagte stem was, het dit hulle wat dit gehoor het tot in hulle binneste deurdring, in soverre dat daar geen deel van hulle gestalte was wat dit nie laat beef het nie; ja, dit het hulle deurdring tot die diepte van die siel, en hulle harte laat brand.

4 En dit het gebeur dat hulle weer die stem gehoor het, en hulle het dit nie verstaan nie.

5 En weer die derde keer het hulle die stem gehoor, en hulle het hul ore oopgemaak om dit te hoor; en hulle oë was gerig na die klank daarvan; en hulle het voortdurend na die hemel gekyk, van waar die klank gekom het.

6 En kyk, die derde keer het hulle die stem verstaan wat hulle gehoor het; en dit het aan hulle gesê:

7 Kyk, my ageliefde Seun, bin wie Ek ’n welbehae het, in wie Ek my Naam verheerlik het—luister julle na Hom.

8 En dit het gebeur, toe hulle verstaan het, het hulle hul oë weer hemelwaarts gerig; en kyk, hulle het ’n Man asien neerdaal uit die hemel; en Hy was geklee in ’n wit gewaad; en Hy het afgekom en gaan staan in hulle midde; en die oë van die hele skare was na Hom gedraai, en hulle het dit nie gedurf om hulle monde oop te maak nie, selfs nie die een teenoor die ander nie, en het nie geweet wat dit beteken nie, want hulle het gedink dit was ’n engel wat aan hulle verskyn het.

9 En dit het gebeur dat Hy sy hand uitgestrek en met die volk gespreek het, en gesê het:

10 Kyk, Ek is Jesus Christus, van wie die profete getuig het in die wêreld sal kom.

11 En kyk, Ek is die alig en die lewe van die wêreld; en Ek het gedrink uit daardie bitter bbeker wat die Vader My gegee het, en het die Vader verheerlik deur die sondes van die wêreld op My te cneem, waardeur Ek my onderwerp het aan die dwil van die Vader in alle dinge vanaf die begin.

12 En dit het gebeur dat toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het die hele skare neergeval op die aarde; want hulle het onthou dat dit ageprofeteer was onder hulle dat Christus homself aan hulle sou toon ná sy opvaart na die hemel.

13 En dit het gebeur dat die Here met hulle gespreek, en gesê het:

14 Staan op en kom na My, dat julle jul hande in my sy kan asteek, en ook dat julle die merke van die spykers in my hande en voete kan bvoel, sodat julle mag weet dat Ek die cGod van Israel is, en die God van die hele daarde, en gedood is vir die sondes van die wêreld.

15 En dit het gebeur dat die skare vorentoe gegaan het, en hulle hande in sy sy gesteek het, en die merke van die spykers in sy hande en in sy voete gevoel het; en dit het hulle gedoen, en vorentoe gekom, een vir een totdat hulle almal vorentoe gegaan het, en met hulle oë gesien en met hulle hande gevoel het, en geweet het met ’n sekerheid, en getuienis gelewer het, dat dit Hy awas, van wie dit geskrywe is deur die profete, wat sou kom.

16 En toe hulle almal vorentoe gegaan het en vir hulleself gesien het, het hulle eenparig uitgeroep, en gesê:

17 Hosanna! Prys die Naam van die Allerhoogste God! En hulle het neergeval aan die voete van Jesus, en het Hom aaanbid.

18 En dit het gebeur dat Hy met aNefi gespreek het (want Nefi was onder die skare) en Hy het hom beveel om na vore te kom.

19 En Nefi het opgestaan en na vore gegaan, en homself neergebuig voor die Here en het sy voete gesoen.

20 En die Here het hom gebied dat hy moes opstaan. En hy het opgestaan en voor Hom gaan staan.

21 En die Here het aan hom gesê: Ek gee aan jou amag dat jy hierdie volk sal bdoop wanneer Ek weer opgevaar het na die hemel.

22 En weer het die Here aander geroep, en het aan hulle dieselfde gesê; en Hy het aan hulle mag gegee om te doop. En Hy het aan hulle gesê: Volgens hierdie wyse sal julle doop; en daar sal bgeen twiste onder julle wees nie.

23 Voorwaar Ek sê vir julle, dat wie ook al bekeer van sy sondes deur julle awoorde, en bbegeer om gedoop te word in my Naam, op hierde wyse sal julle hulle doop—Kyk, julle sal afgaan en in die water cstaan, en in my Naam sal julle hulle doop.

24 En nou kyk, hierdie is die woorde wat julle sal sê, en hulle by hul naam noem, en sal sê:

25 Deur die agesag aan my gegee deur Jesus Christus, doop ek u in die Naam van die bVader, en van die Seun, en van die Heilige Gees. Amen.

26 En dan sal julle hulle aonder die water dompel, en weer uitkom uit die water.

27 En volgens hierdie wyse sal julle doop in my Naam; want kyk, voorwaar Ek sê vir julle, dat die Vader, en die Seun, en die Heilige Gees aeen is; en Ek is in die Vader, en die Vader in my, en die Vader en Ek is een.

28 En volgens wat Ek julle gebied het, so sal julle doop. En daar sal geen atwiste wees onder julle nie, soos daar tot dusver was nie; nóg sal daar twiste onder julle wees aangaande die punte van my leer, soos daar tot dusver was.

29 Want voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, hy wat die agees van btwis het, is nie van My nie, maar is van die duiwel, wat die vader van twis is, en hy spoor die harte van mense aan om met toorn te veg, die een teen die ander.

30 Kyk, dit is nie my leer, om die harte van mense op te stook met toorn, die een teen die ander nie, maar dit is my leer, dat sulke dinge weggedoen moet word.

31 Kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, Ek sal my aleer verkondig aan julle.

32 En dit is my aleer, en dit is die leer wat die Vader aan My gegee het; en Ek blewer getuienis van die Vader, en die Vader lewer getuienis van My, en die cHeilige Gees lewer getuienis van die Vader en My; en Ek getuig dat die Vader alle mense, oral, gebied om te bekeer en in My te glo.

33 En wie ook al in My glo, en agedoop word, diesulkes sal bgered word; en dit is hulle wat die koninkryk van God sal cbeërwe.

34 En wie ook al nie in My glo nie, en nie gedoop word nie, sal verdoem word.

35 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat dit my leer is, en Ek lewer getuienis daarvan van die Vader; en wie ook al in My aglo, glo ook in die Vader; en aan hom sal die Vader getuienis lewer van My, want Hy sal hom besoek bmet vuur en met die cHeilige Gees.

36 En so sal die Vader getuienis lewer van My, en die Heilige Gees sal getuienis lewer aan Hom van die Vader en My, want die Vader, en Ek, en die Heilige Gees is een.

37 En verder sê Ek aan julle, julle moet bekeer, en soos ’n klein kindjie aword, en gedoop word in my Naam, of julle kan geensins hierdie dinge ontvang nie.

38 En verder sê Ek aan julle, julle moet bekeer, en gedoop word in my Naam, en word soos ’n klein kindjie, of julle kan geensins die koninkryk van God beërwe nie.

39 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat dit my leer is, en wie ook al hierop abou, bou op my rots, en die bpoorte van die hel sal nie oor hulle seëvier nie.

40 En wie ook al meer of minder as dit sal verkondig, en dit as my leer vestig, diesulkes kom van die bose, en is nie gebou op my rots nie; maar hy bou op ’n asanderige fondament, en die poorte van die hel staan oop om diesulkes te ontvang wanneer die vloede kom en die winde teen hulle slaan.

41 Daarom, gaan uit na hierdie volk, en verkondig die woorde wat Ek gespreek het, tot aan die eindes van die aarde.