Skrifture
2 Nefi 9


Hoofstuk 9

Jakob verduidelik dat die Jode versamel sal word in al hulle lande van belofte—Die Versoening koop die mens los van die Val—Die liggame van die dooies sal voortkom uit die grafte, en hulle geeste van die hel en van die paradys—Hulle sal geoordeel word—Die Versoening red van die dood, die hel, die duiwel, en eindelose pyniging—Die regverdiges sal gered word in die Koninkryk van God—Straf vir sondes word uiteengesit—Die Heilige Een van Israel is die wag voor die hek. Ongeveer 559–545 v.C.

1 En nou, my geliefde broers, ek het hierdie dinge gelees dat julle moet weet aangaande die averbonde van die Here wat Hy gesluit het met die hele huis van Israel—

2 Wat Hy met die Jode gespreek het, by monde van sy heilige profete, en wel van die begin af, van geslag tot geslag, totdat die tyd aanbreek dat hulle aherstel sal word tot die ware kerk en kudde van God; wanneer hulle bversamel sal word, tuis na die clande van hulle erfenis, en sal gevestig word in al hulle lande van belofte.

3 Kyk, my geliefde broers, ek spreek hierdie dinge met julle dat julle jul mag verbly, en jul hoofde vir ewig aoprig, vanweë die seëninge wat die Here God sal skenk aan jul kinders.

4 Want ek weet dat julle baie gesoek het, baie van julle, om te weet van dinge wat kom; daarom weet ek dat julle weet dat ons vlees moet uitteer en sterwe; desnieteenstaande, in ons aliggame sal ons God sien.

5 Ja, ek weet dat julle weet dat Hy Hom in die liggaam aan diegene by Jerusalem sal toon, van waar ons gekom het; want dit is noodsaaklik dat dit onder hulle sou wees; want dit is nodig vir die groot aSkepper dat Hy Homself toelaat om onderhorig te wees aan die mens in die vlees, en sterwe vir balle mense, sodat alle mense aan Hom onderworpe mag word.

6 Want aangesien die dood oor alle mense gekom het, om die abarmhartige plan van die groot Skepper te vervul, moet daar noodwendig ’n krag van bopstanding wees, en die opstanding moet noodwendig kom na die mens as gevolg van die cval; en die val het gekom as gevolg van oortreding; en omdat mense gevalle geword het, is hulle dafgesny van die teenwoordigheid van die Here.

7 Daarom, dit moet noodwendig ’n aoneindige bversoening wees—tensy dit ’n oneindige versoening is, kon hierdie verganklike nie beklee word met die onverganklike nie. Daarom, die ceerste oordeel wat gekom het oor die mens, moes noodwendig eindeloos dvoortduur. Indien wel, moes hierdie vlees hom neerlê om te vergaan en te verkrummel tot sy moeder aarde, om nooit weer op te staan nie.

8 O die awysheid van God, sy bbarmhartigheid en cgenade! Want kyk, as die dvlees nie meer sou opstaan nie, moet ons geeste onderworpe word aan daardie engel wat egeval het van voor die teenwoordigheid van die Ewige God, en die fduiwel geword het, om nie meer op te staan nie.

9 En ons geeste moes geword het soos hy, en ons duiwels geword het, aengele tot ’n duiwel, om buitgesluit te word van die teenwoordigheid van onse God, en om te bly by die vader van cleuens, in ellende net soos hyself; ja, tot daardie wese wat ons eerste ouers dverlei het, wat homself everander byna soos ’n fengel van lig, en die kinders van mense opstook tot ggeheime organisasies van moord en allerlei geheime werke van die duisternis.

10 O hoe groot is die goedheid van onse God, wat ’n weg berei vir ons ontkoming van die greep van hierdie vreeslike monster; ja, daardie monster, die adood en die bhel, wat ek noem die dood van die liggaam, en ook die dood van die gees.

11 En vanweë die weg van die averlossing van onse God, die Heilige Een van Israel, hierdie bdood, waarvan ek gespreek het, wat die stoflike is, sal sy dooies oorgee; welke dood die graf is.

12 En hierdie adood waarvan ek gespreek het, wat die geestelike dood is, sal sy dooies oorgee; welke geestelike dood die bhel is; daarom, die dood en die hel moet hulle dooies oorgee, en die hel moet sy gevange geeste oorgee, en die graf moet sy gevange liggame oorgee, en die liggame en cgeeste van mense sal dherstel word, die een tot die ander; en dit is deur die krag van die opstanding van die Heilige Een van Israel.

13 O, hoe groot is die aplan van ons God! Want aan die ander kant moet die bparadys van God die geeste van die regverdiges oorgee, en die graf moet die liggaam van die regverdige oorgee; en die gees en die liggaam word weer met mekaar cverenig, en alle mense word onverganklik, en donsterflik, en hulle is lewende siele, met ’n evolmaakte fkennis soos ons in die vlees, behalwe dat ons kennis volmaak sal wees.

14 Daarom, ons sal ’n volmaakte akennis hê van al ons bskuld, en ons onreinheid, en ons cnaaktheid; en die regverdiges sal ’n volmaakte kennis hê van hul genietinge, en hul dregverdigheid, egeklee met freinheid, ja, en wel met die gkleed van regverdigheid.

15 En dit sal gebeur dat wanneer alle mense oorgegaan het van hierdie eerste dood tot die lewe, omdat hulle onsterflik geword het, moet hulle verskyn voor die aregterstoel van die Heilige Een van Israel; en dan kom die boordeel, en dan moet hulle geoordeel word volgens die heilige oordeel van God.

16 En waarlik, sowaar as die Here leef, want die Here God het dit gespreek, en dit is sy ewige awoord, wat nie kan bverbygaan nie, dat hulle wat regverdig is, steeds regverdig sal wees, en hulle wat cvieslik is, sal steeds dvieslik wees; daarom, hulle wat vieslik is, is die eduiwel en sy engele; en hulle sal weggaan in die fewigdurende vuur, wat voorberei is vir hulle; en hul pyniging is soos ’n gpoel van vuur en swael, waarvan die vlamme opstyg vir ewig en ewig en geen einde het nie.

17 O, die grootheid en die ageregtigheid van onse God! Want Hy voer al sy woorde uit, en hulle het uitgegaan uit sy mond en sy wet moet vervul word.

18 Maar, kyk, die regverdiges, die aheiliges van die Heilige Een van Israel, hulle wat geglo het aan die Heilige Een van Israel, hulle wat die bkruise van die wêreld verduur het, en die skande daarvan verag het, hulle sal die ckoninkryk van God dbeërwe, wat berei is vir hulle evanaf die grondlegging van die wêreld, en hulle blydskap sal vol wees fvir ewig.

19 O, die grootheid van die barmhartigheid van onse God, die Heilige Een van Israel! Want hy averlos sy heiliges van daardie bvreeslike monster, die duiwel, en die dood, en die chel, en daardie poel van vuur en swael, wat eindelose pyniging is.

20 O, hoe groot is die aheiligheid van onse God! Want Hy bken alle dinge, en daar is niks wat Hy nie weet nie.

21 En Hy kom in die wêreld sodat Hy alle mense kan ared as hulle sal ag slaan op sy stem; want kyk, Hy ly die pyne van alle mense, ja, die bpyne van elke lewende skepsel, beide manne, vroue en kinders, wat behoort aan die geslag van cAdam.

22 En Hy ly dit sodat die opstanding mag oorgaan op alle mense, sodat almal mag staan voor Hom op die groot en oordeelsdag.

23 En Hy gebied alle mense dat hulle moet abekeer, en bgedoop word in sy Naam, met volmaakte geloof in die Heilige Een van Israel, anders kan hulle nie gered word in die koninkryk van God nie.

24 En as hulle nie wil bekeer en glo in sy aNaam, en gedoop word in sy Naam, en bvolhard tot die einde nie, moet hulle cverdoem word; want die Here God, die Heilige Een van Israel, het dit gespreek.

25 Daarom, Hy het ’n awet gegee; en waar daar bgeen wet gegee is nie, is daar geen straf nie; en waar daar geen straf is nie, is daar geen veroordeling nie; en waar daar geen veroordeling is nie, het die barmhartighede van die Heilige Een van Israel aanspraak op hulle, vanweë die versoening; want hulle word verlos deur sy krag.

26 Want die aversoening voldoen aan die eise van sy bgeregtigheid op al diegene caan wie die dwet nie gegee is nie, sodat hulle verlos is van daardie vreeslike monster, die dood en die hel, en die duiwel, en die poel van vuur en swael, wat eindelose pyniging is; en hulle word teruggebring na daardie God wat hulle easem gegee het, wat die Heilige Een van Israel is.

27 Maar wee hom aan wie die awet gegee is, ja, wat al die gebooie van God het, soos ons, en wat hulle oortree, en wat die dae van sy toetsing verkwis, want vreeslik is sy toestand.

28 O, daardie sluwe aplan van die bose een! O, die bydelheid en die swakhede en die dwaasheid van die mens! As hulle cgeleerd is, dink hulle hulle is dwys, en hulle slaan nie ag op die eraad van God nie, want hulle stel dit tersyde, veronderstellend dat hulle vanself weet, daarom, hulle wysheid is dwaasheid en dit baat hulle nie. En hulle sal vergaan.

29 Maar om geleerd te wees is goed as hulle aag slaan op die braad van God.

30 Maar wee die arykes, wat ryk is in die dinge van die wêreld. Want omdat hulle ryk is, verag hulle die barmes, en hulle vervolg die sagmoediges, en hulle harte is op hul skatte; daarom, hulle skatte is hulle god. En kyk, hulle skat sal ook vergaan saam met hulle.

31 En wee die dowes wat nie wil ahoor nie; want hulle sal vergaan.

32 Wee die blindes wat nie wil sien nie; want hulle sal ook vergaan.

33 Wee die onbesnedenes van hart, want ’n kennis van hulle ongeregtighede sal hulle tref op die laaste dag.

34 Wee die aleuenaar, want hy sal afgestoot word na die bhel.

35 Wee die moordenaar wat met opset adoodmaak, want hy sal bsterwe.

36 Wee hulle wat ahoererye pleeg, want hulle sal afgestoot word na die hel.

37 Ja, wee hulle wat afgode aaanbid, want die duiwel van alle duiwels het behae in hulle.

38 En, kortom, wee al diegene wat sterwe in hulle sondes; want hulle sal aterugkeer na God, en sy aangesig sien, en in hulle sonde bly.

39 O, my geliefde broers, onthou hoe vreeslik dit is om te oortree teen die Heilige God, en ook hoe vreeslik dit is om toe te gee aan die verleidinge van daardie asluwe een. Onthou, om bvleeslik gesind te wees is die cdood, en om geestelik gesind te wees is die dewige elewe.

40 O, my geliefde broers, neig julle oor na my woorde. Onthou die grootheid van die Heilige Een van Israel. Moenie sê dat ek harde dinge gespreek het teenoor julle nie; want as julle dit doen, sal julle teen die awaarheid uitvaar; want ek het die woorde van julle Maker gespreek. Ek weet dat die woorde van waarheid bhard is teen alle onreinheid; maar die regverdiges vrees hulle nie, want hulle het die waarheid lief en word nie ontstel nie.

41 O, dan, my geliefde broers, akom na die Here, die Heilige Een. Onthou dat sy paaie regverdig is. Kyk, die bweg vir die mens is csmal; maar dit lê in ’n reguit koers voor hom, en die bewaarder van die dpoort is die Heilige Een van Israel; en Hy gebruik geen dienskneg daar nie; en daar is geen ander weg behalwe as by die poort nie; want Hy kan nie bedrieg word nie, want die Here God is sy naam.

42 En wie ook al klop, vir hom sal Hy oopmaak; en die awyses, en die geleerdes, en hulle wat ryk is, wat bopgeblase is vanweë hulle geleerdheid, en hulle wysheid, en hulle rykdom—ja, dit is hulle wat Hy verfoei; en tensy hulle hierdie dinge sal wegwerp, en hulleself cdwase ag voor God, en afdaal tot in die dieptes van dootmoed, sal Hy nie vir hulle oopmaak nie.

43 Maar die dinge van die wyses en verstandiges sal averborge wees van hulle vir ewig—ja, daardie geluk wat berei is vir die heiliges.

44 O, my geliefde broers, onthou my woorde. Kyk, ek trek my kleed uit, en ek skud dit voor julle; ek bid die God van my heil dat Hy my aanskou met sy aalsiende oog; daarom, julle sal weet op die laaste dag, wanneer alle mense na hulle werke geoordeel word, dat die God van Israel getuig het dat ek julle ongeregtighede bafgeskud het van my siel, en dat ek met helderheid staan voor Hom, en cbevry is van julle bloed.

45 O, my geliefde broers, draai weg van julle sondes; skud af die akettings van hom wat julle wil vasbind; kom na daardie God wat die brots is van julle heil.

46 Berei julle siele voor vir daardie heerlike dag wanneer ageregtigheid sal geskied aan die regverdiges, naamlik die boordeelsdag, sodat julle nie mag krimp met vreeslike angs nie; dat julle nie julle vreeslike cskuld in volmaaktheid mag onthou nie, en gedwing word om uit te roep: Heilig, heilig is u oordele, o Here God dAlmagtig—maar ek ken my skuld; ek het u wet oortree, en my oortredinge is myne; en die duiwel het my in besit geneem, sodat ek ’n slagoffer is van sy vreeslike ellende.

47 Maar kyk, my broers, is dit noodsaaklik dat ek julle moet opwek tot ’n aaklige besef van hierdie dinge? Sou ek julle siele verskeur as julle gedagtes rein was? Sou ek duidelik wees met julle volgens die eenvoud van die waarheid as julle vrygemaak was van sonde?

48 Kyk, as julle heilig was, sou ek met julle spreek oor heiligheid; maar aangesien julle nie heilig is nie, en julle my beskou as ’n leraar, is dit noodsaaklik dat ek julle die gevolge aleer van die bsonde.

49 Kyk, my siel verafsku die sonde, en my hart verlustig hom in regverdigheid; en ek sal die heilige naam van my God aloof.

50 Kom, my broers, elkeen wat dors, kom julle na die awaters; en hy wat geen geld het nie kom, koop en eet; ja, kom koop wyn en melk sonder bgeld en sonder prys.

51 Daarom, moenie geld spandeer op dit wat geen waarde het nie, nóg julle aarbeid vir dit wat nie kan bevredig nie. Slaan ywerig ag op my, en onthou die woorde wat ek gespreek het; en kom na die Heilige Een van Israel, en bverlustig jou in dit wat nie vergaan nie, en ook nie kan bederf nie, en laat julle siel hom verlustig in vettigheid.

52 Kyk, my geliefde broers, onthou die woorde van julle God; bid gedurigdeur tot Hom by dag, en gee adank aan sy heilige Naam by nag. Laat julle harte hul verbly.

53 En kyk hoe groot is die averbonde van die Here, en hoe groot is sy neerdalendheid teenoor die kinders van mense; en vanweë sy grootheid, en sy bgenade en barmhartigheid, het Hy aan ons belowe dat ons saad nie heeltemal vernietig sal word, volgens die vlees nie, maar dat Hy hulle sal bewaar; en in toekomstige geslagte sal hulle ’n regverdige ctak word van die huis van Israel.

54 En nou, my broers, ek wil nog meer vir julle sê; maar môre sal ek aan julle die res van my woorde meedeel. Amen.