Skrifture
2 Nefi 29


Hoofstuk 29

Baie nie-Jode sal die Boek van Mormon verwerp—Hulle sal sê, Ons het nie nog ’n Bybel nodig nie—Die Here spreek met vele nasies—Hy sal die wêreld oordeel uit die boeke wat geskrywe sal word. Ongeveer 559–545 v.C.

1 Maar kyk, daar sal baie wees—in daardie dag wanneer Ek sal voortgaan om ’n awonderlike werk onder hulle te doen, dat Ek my bverbonde mag onthou wat Ek gesluit het met die kinders van mense, dat Ek my hand mag uitstrek vir die ctweede keer om my volk te versamel, wat van die huis van Israel is.

2 En ook, dat Ek die beloftes wat Ek met jou, Nefi, gemaak het mag onthou, en ook met jou vader, dat Ek jou saad sal onthou; en dat die awoorde van jou saad uit my mond sal voortgaan tot jou saad; en my woorde sal bvoortsis tot aan die eindes van die aarde, as ’n cvaandel vir my volk, wat van die huis van Israel is.

3 En omdat my woorde sal voortsis—sal baie van die nie-Jode sê: ’n aBybel! ’n Bybel! Ons het ’n Bybel, en daar kan nie nog ’n Bybel wees nie.

4 Maar so sê die Here God: O dwase, hulle sal ’n Bybel hê; en dit sal voortkom van die aJode, my ou verbondsvolk. En hoe dank hulle die Jode vir die bBybel wat hulle van hul ontvang? Ja, wat dink die nie-Jode? Onthou hulle die lyding, en die arbeid, en die pyne van die Jode, en hulle ywer teenoor my, om heil te bring aan die nie-Jode?

5 O julle nie-Jode, het julle die Jode onthou, my ou verbondsvolk? Nee; maar julle het hulle vervloek, en hulle agehaat, en het nie gesoek om hulle te herstel nie. Maar kyk, Ek sal al hierdie dinge terugbring op julle eie hoofde; want Ek die Here het nie my volk vergeet nie.

6 Jou dwaas, wat sal sê: ’n aBybel, ons het ’n Bybel, en ons het nie nog ’n Bybel nodig nie. Het julle ’n Bybel verkry behalwe deur die Jode?

7 Weet julle nie dat daar meer volke is as een nie? Weet julle nie dat Ek, die Here julle God, alle mense ageskape het nie, en dat Ek diegene onthou wat op die beilande van die see is; en dat Ek heers in die hemele daarbo, en in die aarde daaronder; en Ek bring my woord voort aan die kinders van mense, ja, en wel aan al die nasies van die aarde?

8 Waarom murmureer julle, omdat julle meer sal ontvang van my woord? Weet julle nie dat die getuienis van atwee nasies ’n bbewys is vir julle dat Ek God is nie, dat Ek aan een nasie dink soos die ander? Daarom, Ek spreek dieselfde woorde aan die een nasie soos die ander. En wanneer die twee cvolke sal saamvloei, sal die getuienis van die twee nasies ook saamvloei.

9 En Ek doen dit sodat Ek mag bewys aan baie dat Ek adieselfde is gister, vandag en vir ewig; en dat Ek my woorde spreek volgens my eie behae. En omdat Ek een bwoord gespreek het, hoef julle nie te veronderstel dat Ek nie nog een kan spreek nie; want my werk is nog nie klaar nie; nóg sal dit wees tot aan die einde van die mens, nóg van daardie tyd af aan en vir ewig.

10 Daarom, omdat julle ’n Bybel het, hoef julle nie te veronderstel dat dit al my awoorde bevat nie; nóg hoef julle te veronderstel dat Ek nie meer laat skrywe het nie.

11 Want Ek gebied aalle mense, beide in die ooste en in die weste, en in die noorde, en in die suide, en in die eilande van die see, dat hulle die woorde sal bskryf wat Ek met hulle spreek; want uit die cboeke wat geskrywe sal word, sal Ek die wêreld doordeel, elke mens volgens hulle werke, volgens dit wat geskrywe is.

12 Want kyk, Ek sal spreek met die aJode, en hulle sal dit skrywe; en Ek sal ook spreek met die Nefiete, en hulle sal dit bskrywe; en Ek sal ook spreek met die ander stamme van die huis van Israel, wat Ek weggelei het, en hulle sal dit skrywe; en Ek sal ook met cal die volke van die aarde spreek en hulle sal dit skrywe.

13 En dit sal gebeur dat die aJode die woorde van die Nefiete sal hê, en die Nefiete sal die woorde van die Jode hê; en die Nefiete en die Jode sal die woorde hê van die bverlore stamme van Israel; en die verlore stamme van Israel sal die woorde hê van die Nefiete en die Jode.

14 En dit sal gebeur dat my volk, wat van die ahuis van Israel is, huis toe versamel sal word na die lande van hulle besittings; en my woord sal ook saamgevoeg word bin een. En Ek sal toon aan hulle wat teen my woord stry en teen my volk, wat van die chuis van Israel is, dat Ek God is, en dat Ek met Abraham ’n dverbond gesluit het, dat Ek aan sy esaad sal dink fvir ewig.