Skrifture
2 Nefi 28


Hoofstuk 28

Baie valse kerke sal opgerig word in die laaste dae—Hulle sal valse, ydele en dwase leerstellings leer—Afvalligheid sal hoogty vier vanweë valse leraars—Die duiwel sal woed in die harte van mense—Hy sal allerhande soorte valse leerstellings leer. Ongeveer 559–545 v.C.

1 En nou, kyk, my broers, ek het met julle gespreek, volgens wat die Gees my gedwing het; daarom, ek weet dat hulle sekerlik moet gebeur.

2 En die dinge wat geskryf sal word uit die aboek sal van groot bwaarde wees vir die kinders van mense, en veral vir ons saad, wat ’n oorblyfsel is van die huis van Israel.

3 Want dit sal gebeur in daardie dag dat die akerke wat opgerig word, en nie vir die Here nie, wanneer die een vir die ander sal sê: Kyk, ek, ek behoort aan die Here; en die ander sal sê: Ek, ek behoort aan die Here; en so sal elkeen sê wat kerke opgerig het, en nie vir die Here nie—

4 En hulle sal met mekaar stry; en hulle priesters sal met mekaar stry, en hulle sal onderrig met hulle ageleerdheid, en die Heilige Gees loën, wat inspireer om te spreek.

5 En hulle aloën die bkrag van God, die Heilige Een van Israel; en hulle sê vir die volk: Slaan ag op ons, en hoor julle ons lering; want kyk, daar is cgeen God vandag nie, want die Here en die Verlosser het sy werk gedoen, en Hy het sy mag aan die mense gegee;

6 Kyk, slaan julle ag op my lering; as hulle sal sê daar is ’n wonderwerk verrig deur die hand van die Here, glo dit nie; want hierdie dag is Hy nie ’n God van awonderwerke nie; Hy het sy werk gedoen.

7 Ja en daar sal baie wees wat sal sê: aEet, drink, en wees vrolik, want môre sterwe ons; en dit sal wel wees met ons.

8 En daar sal ook baie wees wat sal sê: Eet, drink en wees vrolik; nogtans, vrees God—Hy sal die begaan van ’n klein sonde aregverdig; ja, blieg ’n bietjie, neem die voordeel van een vanweë sy woorde, grawe ’n ckuil vir jou naaste; daar is geen kwaad hierin nie; en doen al hierdie dinge, want môre sterwe ons; en as dit so is dat ons skuldig is, sal God ons slaan met ’n paar strepe, en uiteindelik sal ons gered word in die koninkryk van God.

9 Ja, en daar sal baie wees wat volgens dié wyse sal leer, valse en ydele en adwase bleerstellings, en sal opgeblase wees in hulle harte, en diep sal soek om hulle planne te verberg vir die Here; en hulle werke sal in die duisternis wees.

10 En die abloed van die heiliges sal uit die grond roep teen hulle.

11 Ja, hulle het almal van die aweg afgedwaal; hulle het bverdorwe geword.

12 Vanweë ahoogmoed, en vanweë valse leraars, en valse leerstellings, het hulle kerke verdorwe geword, en hulle kerke het verhewe geword; vanweë hoogmoed is hulle opgeblase.

13 Hulle aberoof die barmes vanweë hulle mooi heiligdomme; hulle beroof die armes vanweë hulle pronkerige klere; en hulle vervolg die sagmoediges en die armes van hart, want in hulle choogmoed is hulle opgeblase.

14 Hulle hou hul nekke astyf en hulle hoofde hoog; ja, en vanweë hoogmoed, en boosheid, en gruwels, en hoererye, het hulle almal bafgedwaal, behalwe ’n paar, wat die nederige volgelinge van Christus is; nogtans, hulle word gelei, sodat hulle in baie gevalle dwaal omdat hulle geleer word deur die leringe van mense.

15 O, die awyse, en die geleerdes, en rykes, wat opgeblase is in die bhoogmoed van hulle harte, en al diegene wat valse leerstellings preek, en al diegene wat hoererye pleeg, en die regte weg van die Here verdraai, cwee, wee, wee hulle, sê die Here God Almagtig, want hulle sal neergewerp word na die hel!

16 Wee hulle wat die regverdiges aopsy stoot soos ’n nuttelose ding, en uitvaar teen dit wat goed is, en sê dat dit van geen waarde is nie! Want die dag sal kom dat die Here God spoedig die inwoners van die aarde sal besoek; en in dié dag wanneer hulle bten volle ryp is in ongeregtigheid, sal hulle vergaan.

17 Maar kyk, as die inwoners van die aarde sal bekeer van hul boosheid en gruwels, sal hulle nie vernietig word nie, sê die Here van die Leërskare.

18 Maar kyk, daardie groot en gruwelike kerk, die ahoer van die hele aarde, moet btuimel na die aarde, en groot moet die val daarvan wees.

19 Want die koninkryk van die duiwel moet asidder, en hulle wat daaraan behoort, moet noodwendig tot bekering aangespoor word, of die bduiwel sal hulle gryp met sy cewigdurende kettings, en hulle aanspoor tot toorn, en vergaan.

20 Want kyk, in daardie dag sal hy awoed in die harte van die kinders van mense, en hulle aanspoor tot toorn teen dit wat goed is.

21 En ander sal hy apaai en hulle wegsus in vleeslike gerustheid, dat hulle sal sê: Alles is wel in Sion; ja, Sion is voorspoedig, alles is wel—en so bedrieg die bduiwel hulle siele, en lei hulle versigtig weg af hel toe.

22 En kyk, ander lok hy met vleitaal weg, en sê vir hulle daar is geen ahel nie; en hy sê vir hulle: Ek is geen duiwel nie, want daar is nie een nie—en so fluister hy in hulle ore, totdat hy hulle vasgryp met sy aaklige bkettings, vanwaar daar geen verlossing is nie.

23 Ja, hulle word gegryp met dood, en hel; en dood, en hel, en die duiwel, en alles wat daardeur gegryp is, moet staan voor die troon van God, en ageoordeel word volgens hulle werke, vanwaar hulle moet gaan na die plek wat vir hulle berei is, en wel ’n bpoel van vuur en swael, wat eindelose pyniging is.

24 Daarom, wee hom wat gerus is in Sion!

25 Wee hom wat uitroep: Alles is wel!

26 Ja, wee hom wat aag slaan op die leringe van mense, en die krag van God verloën, en die gawe van die Heilige Gees!

27 Ja, wee hom wat sê: Ons het ontvang, en ons het aniks meer nodig nie!

28 En, kortom, wee al diegene wat bewe, en atoornig is vanweë die waarheid van God! Want kyk, hy wat gebou is op die brots, ontvang dit met blydskap; en hy wat gebou is op ’n sanderige fondament, bewe uit vrees dat hy sal val.

29 Wee hom wat sal sê: Ons het die woord van God ontvang, en ons het aniks meer bnodig van die woord van God nie, want ons het genoeg!

30 Want kyk, so sê die Here God: Ek sal aan die kinders van mense reël op reel gee, alering op lering, hier ’n bietjie, en daar ’n bietjie; en geseënd is hulle wat ag slaan op my leringe, en ’n oor neig na my raad, want hulle sal bwysheid leer; want aan hom wat contvang, sal Ek dmeer gee; en van hulle wat sal sê: Ons het genoeg, van hulle sal weggeneem word ook dit wat hulle het.

31 Vervloek is hy wat sy avertroue stel in die mens, of wat vlees sy arm maak, of sal ag slaan op die leringe van mense, behalwe as hulle leringe gegee sal word deur die mag van die Heilige Gees.

32 aWee die nie-Jode, sê die Here God van die Leërskare! Want desnieteenstaande Ek my arm sal uitstrek na hulle van dag tot dag, sal hulle My loën; nogtans, Ek sal barmhartig wees teenoor hulle, sê die Here God, as hulle sal bekeer en na My kom; want my barm is uitgestrek die hele dag lank, sê die Here God van die Leërskare.