Skrifture
2 Nefi 27


Hoofstuk 27

Duisternis en afvalligheid sal die aarde bedek in die laaste dae—Die Boek van Mormon sal te voorskyn kom—Drie getuies sal getuig van die boek—Die geleerde man sal sê hy kan nie die verseëlde boek lees nie—Die Here sal ’n wonderlike werk en ’n wonder doen—Vergelyk Jesaja 29. Ongeveer 559–545 v.C.

1 Maar kyk, in die alaaste dae, of in die dae van die nie-Jode—ja, kyk al die nasies van die nie-Jode en ook die Jode, beide hulle wat in hierdie land sal kom, en ook hulle wat in ander lande sal wees, ja, en wel op al die lande van die aarde, kyk, hulle sal dronk wees met ongeregtigheid en allerhande gruwels—

2 En wanneer daardie dag sal kom, sal hulle besoek word deur die Here van die Leërskare, met donderweer, en met aardbewing, en met ’n groot geraas, en met storm, en met stormwind, en met die avlam van verterende vuur.

3 En al die anasies wat bstry teen Sion, en wat haar beangs maak, sal soos ’n droom van ’n nagvisioen wees; ja, dit sal vir hulle wees, en wel soos vir ’n honger man wat droom, en kyk hy eet, maar hy word wakker en sy siel is leeg; of soos ’n dorstige man wat droom, en kyk hy drink, maar hy word wakker en kyk hy is uitgeput, en sy siel versmag; ja, net so sal die skares van al die nasies wees wat stry teen Berg Sion.

4 Want kyk, julle almal wat ongeregtigheid doen, staan stil en wonder, want julle sal uitroep en skree; ja, julle sal dronk wees, maar nie van wyn nie, julle sal waggel, maar nie van sterk drank nie.

5 Want kyk, die Here het die gees van diepe slaap oor julle uitgestort. Want kyk, julle het julle oë gesluit, en julle het die profete verwerp; en julle heersers, en die sieners het Hy oordek vanweë julle ongeregtigheid.

6 En dit sal gebeur dat die Here God aan ajulle die woorde van ’n bboek sal voortbring, en hulle sal die woorde wees van hulle wat gesluimer het.

7 En kyk, die boek sal averseël wees; en in die boek sal wees ’n bopenbaring van God, vanaf die begin van die wêreld tot die ceinde daarvan.

8 Daarom, vanweë die dinge wat averseël is, sal die dinge wat verseël is bnie oorhandig word op die dag van die boosheid en gruwels van die volk nie. Daarom, die boek sal van hulle weerhou word.

9 Maar die boek sal aan ’n aman oorhandig word en hy sal die woorde van die boek oorhandig, wat die woorde is van hulle wat gesluimer het in die stof, en hy sal hierdie woorde aan ’n bander oorhandig;

10 Maar die woorde wat verseël is, sal hy nie oorhandig nie, nóg sal hy die boek oorhandig. Want die boek sal verseël wees deur die krag van God, en die openbaring wat verseël was, sal in die boek gehou word tot die eie bepaalde tyd van die Here, sodat hulle mag voortkom; want kyk, hulle openbaar alle dinge vanaf die grondlegging van die wêreld tot die einde daarvan.

11 En die dag kom dat die woorde van die boek wat verseël was, gelees sal word op die huise se dakke; en hulle sal gelees word deur die krag van Christus; en alle dinge sal ageopenbaar word aan die kinders van mense wat nog ooit onder die kinders van mense was, en wat ooit sal wees, en wel tot die einde van die aarde.

12 Daarom, op daardie dag wanneer die boek oorhandig sal word aan die man van wie ek gespreek het, sal die boek verborge wees van die oë van die wêreld, dat die oë van geeneen dit sal sien nie behalwe dat adrie bgetuies dit sal sien, deur die krag van God, buiten hom aan wie die boek oorhandig sal word; en hulle sal getuig van die waarheid van die boek en die dinge daarin.

13 En daar is geen ander wat dit sal sien nie, behalwe ’n paar volgens die wil van God, om te getuig van sy woord aan die kinders van mense; want die Here God het gesê dat die woorde van die gelowiges moet spreek asof dit was avanuit die dood.

14 Daarom, die Here God sal voortgaan om die woorde van die boek te voorskyn te bring; en in die mond van soveel getuies as Hy goeddink, sal Hy sy woord vestig; en wee hom wat die woord van God averwerp!

15 Maar kyk, dit sal gebeur dat die Here God aan hom aan wie hy die boek sal oorhandig sal sê: Neem hierdie woorde wat nie verseël is nie en oorhandig hulle aan ’n ander, sodat hy hulle kan toon aan die geleerde, en sê: aLees dit, ek vra u. En die geleerde sal sê: Bring hier die boek, en ek sal hulle lees.

16 En nou, vanweë die eer van die wêreld en om agewin te verkry, sal hulle dit sê, en nie vir die heerlikheid van God nie.

17 En die man sal sê: Ek kan nie die boek bring nie, want dit is verseël.

18 Dan sal die geleerde sê: Ek kan dit nie lees nie.

19 Daarom, dit sal gebeur dat die Here God weer die boek sal oorhandig en die woorde daarvan aan hom wat nie geleerd is nie; en die man wat nie geleerd is nie, sal sê: Ek is nie geleerd nie.

20 Dan sal die Here God aan hom sê: Die geleerdes sal hulle nie lees nie, want hulle het hulle verwerp, en Ek is in staat om my eie werk te doen; daarom, jy sal die woorde lees wat Ek vir jou sal gee.

21 aRaak nie die dinge aan wat verseël is nie, want Ek sal dit in my eie bepaalde tyd voortbring; want Ek sal aan die kinders van mense toon dat Ek in staat is om my eie werk te doen.

22 Daarom, wanneer jy die woorde gelees het wat Ek jou gebied het, en die agetuies verkry het wat Ek jou belowe het, dan sal jy die boek weer verseël, en dit wegbêre vir My, dat Ek die woorde mag bewaar wat jy nie gelees het nie, totdat Ek dit goeddink in my eie wysheid om alle dinge te openbaar aan die kinders van mense.

23 Want kyk, Ek is God; en Ek is ’n God van awonderwerke; en Ek sal aan die wêreld toon dat Ek bdieselfde is gister, vandag, en vir ewig; en Ek arbei nie onder die kinders van mense nie behalwe cvolgens hulle geloof.

24 En verder, dit sal gebeur dat die Here aan hom sal sê wat die woorde sal lees wat aan hom oorhandig sal word:

25 aIn soverre hierdie volk naderkom na My met hulle mond, en met hulle lippe My beer, maar hulle harte ver van My verwyder het, en hulle vrees vir My geleer word deur die cleringe van mense—

26 Daarom, Ek sal voortgaan om ’n awonderlike werk te doen onder hierdie volk, ja, ’n bwonderlike werk en ’n wonder, want die wysheid van hulle wyse en geleerdes sal vergaan, en die begrip van hulle verstandiges sal verskuil word.

27 En awee hulle wat soek om hulle planne diep vir die Here te verberg! En hulle werke is in die duisternis, en hulle sê: Wie sien ons, en wie ken ons? En hulle sê ook: Waarlik, julle onderstebo keer van dinge sal geag word soos die bpottebakker se klei. Maar kyk, Ek sal aan hulle toon, sê die Here van die Leërskare, dat Ek al hulle werke ken. Want sal die werkstuk sê van hom wat dit gemaak het, hy het my nie gemaak nie? Of sal die gevormde ding van hom sê wat dit gevorm het, hy het geen begrip nie?

28 Maar kyk, sê die Here van die Leërskare: Ek sal aan die kinders van mense toon dat dit nog net ’n baie kort tydjie is, en Libanon sal verander word in ’n vrugbare land; en die vrugbare land sal gereken word as ’n woud.

29 aEn in dié dag sal die dowes die woorde hoor van die boek, en die oë van die blindes sal sien uit die duisternis en uit donkerte.

30 En die asagmoediges sal ook toeneem, en hulle bblydskap sal in die Here wees, en die armes onder die mense sal hulle verheug in die Heilige Een van Israel.

31 Want sowaar as die Here leef, sal hulle sien dat die averskriklike een gebring word na niks, en die spotter word verteer en almal wat wag op ongeregtigheid word afgesny;

32 En hulle wat ’n mens ’n aoortreder maak oor ’n woord, en ’n strik span vir hom wat teregwys in die bpoort, en die regverdige copsy stoot soos ’n nuttelose ding.

33 Daarom, so sê die Here, wat Abraham verlos het, aangaande die huis van Jakob: Jakob sal nie nou beskaam wees nie, nóg sal sy aangesig nou bleek word.

34 Maar wanneer hy sy kinders asien, die werk van my hande, in sy midde, sal hulle my Naam heilig, en die Heilige Een van Jakob heilig, en sal die God van Israel vrees.

35 Hulle ook wat agedwaal het in gees, sal insig verkry, en hulle wat gemurmureer het sal leerstellings bleer.