Skrifture
2 Nefi 26


Hoofstuk 26

Christus sal die Nefiete dien—Nefi sien die vernietiging van sy volk—Hulle sal spreek uit die stof—Die nie-Jode sal valse kerke en geheime organisasies opbou—Die Here verbied die mens om priesterlis te beoefen. Ongeveer 559–545 v.C.

1 En nadat Christus aopgestaan het uit die dood, sal Hy Hom btoon aan julle, my kinders en my geliefde broers; en die woorde wat Hy met julle sal spreek, sal die cwet wees wat julle sal onderhou.

2 Want kyk, ek sê vir julle dat ek gesien het dat baie geslagte sal verbygaan, en daar sal groot oorloë en twiste wees onder my volk.

3 En nadat die Messias sal kom, sal daar atekens gegee word aan my volk van sy bgeboorte, en ook van sy dood en opstanding; en groot en vreeslik sal daardie dag wees vir die bose, want hulle sal vergaan; en hulle vergaan, omdat hulle die profete uitwerp, en die heiliges, en hulle stenig, en hulle doodmaak; daarom, die geroep van die cbloed van die heiliges sal opstyg tot God uit die grond teen hulle.

4 Daarom, al diegene wat hoogmoedig is, en wat boos handel, die dag wat kom sal hulle averbrand, sê die Here van die Leërskare, want hulle sal wees soos stoppels.

5 En hulle wat die profete doodmaak, en die heiliges, die dieptes van die aarde sal hulle ainsluk, sê die Here van die Leërskare; en bberge sal hulle bedek, en warrelwinde sal hulle wegvoer, en geboue sal op hulle val en hulle stukkend druk en hulle tot poeier maal.

6 En hulle sal besoek word met donderslae, en blitse, en aardbewings, en allerhande wyse van vernietiging, want die vuur van die toorn van die Here sal aangesteek word teen hulle, en hulle sal soos stoppels wees, en die dag wat kom sal hulle verteer, sê die Here van die Leërskare.

7 O die pyn, en die smart van my siel oor die verlies van die gestorwenes van my volk! Want ek, Nefi, het dit gesien, en dit verteer my byna voor die teenwoordigheid van die Here; maar ek moet roep tot my God: U weë is aregverdig.

8 Maar kyk, die regverdiges wat ag slaan op die woorde van die profete, en hulle nie vernietig nie, maar uitsien na Christus met standvastigheid vir die tekens wat gegee is, ondanks alle avervolging—kyk, dit is hulle wat nie sal bvergaan nie.

9 Maar die Seun van Regverdigheid sal averskyn aan hulle; en Hy sal hulle bgenees, en hulle sal cvrede hê saam met Hom, totdat ddrie geslagte sal verbygegaan het, en baie van die evierde geslag sal verbygegaan het in regverdigheid.

10 En wanneer hierdie dinge verbygegaan het, kom ’n spoedige avernietiging oor my volk; want, ondanks die pyne van my siel, het ek dit gesien; daarom, ek weet dat dit sal geskied; en hulle verkoop hulself vir niks; want, as die beloning van hulle hoogmoed en dwaasheid sal hulle vernietiging oes; want omdat hulle toegee aan die duiwel en werke van die duisternis verkies eerder as die lig, daarom moet hulle afgaan na die bhel.

11 Want die Gees van die Here sal nie altyd met die mens awerk nie. En wanneer die Gees ophou om met die mens te werk, dan kom spoedige vernietiging, en dit bedroef my siel.

12 En soos ek gespreek het aangaande die aoortuiging van die bJode, dat Jesus die cwaaragtige Christus is, moet dit noodwendig so wees dat die nie-Jode ook oortuig word dat Jesus die Christus is, die Ewige God;

13 En dat Hy Hom openbaar aan al diegene wat in Hom glo, deur die krag van die aHeilige Gees; ja, aan elke nasie, stam, taal en volk, terwyl Hy magtige wonderwerke, tekens, en wonders verrig onder die kinders van mense volgens hulle geloof.

14 Maar kyk, ek profeteer aan julle aangaande die alaaste dae; aangaande die dae wanneer die Here God hierdie dinge sal bvoortbring aan die kinders van mense.

15 Nadat my saad en die saad van my broers in ongeloof sal kwyn, en deur die nie-Jode verslaan sal wees; ja, nadat die Here God teen hulle laer sal opslaan rondom hulle; en hulle sal beleër met ’n verskansing, en vestings teen hulle oprig; en nadat hulle tot laag in die stof verneder sal wees, totdat hulle nie bestaan nie, tog sal die woorde van die regverdiges geskrywe word, en die gebede van die gelowiges sal verhoor word, en al diegene wat in ongeloof gekwyn het, sal nie vergeet word nie.

16 Want hulle wat vernietig sal word, sal aspreek tot hulle uit die grond, en hulle spraak sal laag wees uit die stof, en hulle stem sal wees soos dié van ’n geestesbesweerder; want die Here God sal aan hom krag gee, dat hy mag fluister aangaande hulle, asof uit die grond; en hulle spraak sal fluister uit die stof.

17 Want so sê die Here God: Hulle sal die dinge askryf wat onder hulle gedoen sal word, en dit sal geskryf word en verseël word in ’n boek, en diegene wat in ongeloof gekwyn het, sal hulle nie hê nie, want hulle bsoek om die dinge van God te vernietig.

18 Daarom, soos diegene wat vernietig is, spoedig vernietig is; en die skare van hulle verskriklikes sal wees soos akaf wat wegwaai—ja, so sê die Here God: dit sal in ’n oomblik wees, skielik—

19 En dit sal gebeur dat diegene wat in ongeloof gekwyn het, ageslaan sal word deur die hand van die nie-Jode.

20 En die nie-Jode word verhef in die ahoogmoed van hulle oë, en het bgestruikel, vanweë die grootheid van hulle cstruikelblok, deurdat hulle baie dkerke gestig het; nogtans, hulle het die krag en wonderwerke van God geminag, en preek aan hulleself hul eie wysheid en hul eie egeleerdheid, sodat hulle voordeel kan trek en die aangesigte van die armes fmaal.

21 En daar is baie kerke opgerig wat anaywering veroorsaak, en onenighede, en kwaadwilligheid.

22 En daar is ook ageheime organisasies, net soos in die dae van die voortyd, volgens die organisasies van die duiwel, want hy is die stigter van al hierdie dinge; ja, die stigter van moord, en werke van duisternis; ja, en hy lei hulle aan die nek met ’n vlastou, totdat hy hulle bind met sy sterk toue vir ewig.

23 Want kyk, my geliefde broers, ek sê vir julle dat die Here God nie werk in duisternis nie.

24 Hy doen niks tensy dit tot die voordeel van die wêreld is nie; want Hy het die wêreld alief, sodat Hy selfs sy eie lewe neerlê sodat Hy balle mense na Hom kan trek. Daarom, Hy gebied niemand dat hulle nie sal deel hê aan sy heil nie.

25 Kyk, roep Hy tot enigiemand, en sê: Gaan weg van My? Kyk, ek sê vir julle, Nee; maar Hy sê: aKom na My al julle eindes van die aarde, bkoop melk en heuning, sonder geld en sonder prys.

26 Kyk, het Hy enigiemand gebied dat hulle moes weggaan uit die sinagoges, of uit die huise van aanbidding? Kyk, ek sê vir julle, Nee.

27 Het Hy enigiemand gebied dat hulle nie moet deel hê aan sy aheil nie? Kyk, ek sê vir julle, Nee; maar Hy het dit bverniet gegee aan alle mense; en Hy het sy volk gebied dat hulle alle mense moes oorreed tot cbekering.

28 Kyk, het die Here enigiemand gebied dat hulle nie moes deel hê aan sy goedheid nie? Kyk, ek sê vir julle, Nee; maar aalle mense is bevoorreg, die een soos die ander, en niemand word verbied nie.

29 Hy gebied dat daar geen apriesterliste sal wees nie; want kyk, priesterliste is dat mense preek en hulleself oprig as ’n lig vir die wêreld, sodat hulle voordeel kan trek en die blof van die wêreld kry; maar hulle soek nie die welsyn van Sion nie.

30 Kyk, die Here het hierdie ding verbied; daarom, die Here God het ’n gebod gegee dat alle mense anaasteliefde moet hê, welke naasteliefde die bliefde is. En tensy hulle naasteliefde sou hê, is hulle niks nie. Daarom, as hulle naasteliefde sou hê, sou hulle nie toelaat dat die arbeider in Sion vergaan nie.

31 Maar die arbeider in aSion sal vir Sion arbei; want as hulle arbei vir bgeld, sal hulle vergaan.

32 En verder, die Here God het agebied dat mense nie moet moor nie; dat hulle nie moet lieg nie; dat hulle nie moet steel nie; dat hulle nie die Naam van die Here hulle God bydellik moet gebruik nie; dat hulle nie moet begeer nie; dat hulle nie kwaadwilligheid moet hê nie; dat hulle nie die een met die ander moet stry nie; dat hulle nie hoererye moet pleeg nie; en dat hulle geen van hierdie dinge sou doen nie; want wie dit doen, sal vergaan.

33 Want geen van hierdie ongeregtighede kom van die Here nie; want Hy doen dit wat goed is onder die kinders van mense; en Hy doen niks tensy dit duidelik is vir die kinders van mense nie; en Hy nooi hulle almal om na Hom te kom en deel te hê aan sy goedheid; en Hy awys niemand weg wat na Hom kom nie, swart en wit, slaaf en vryman, man en vrou; en Hy onthou die bheiden; en calmal is gelyk voor God, beide Jood en nie-Jood.