Skrifture
2 Nefi 25


Hoofstuk 25

Nefi verbly hom in duidelikheid—Jesaja se profesieë sal verstaan word in die laaste dae—Die Jode sal terugkeer van Babilon, die Messias kruisig, en verstrooi en gegésel word—Hulle sal herstel word wanneer hulle in die Messias glo—Hy sal eers seshonderd jaar nadat Lehi Jerusalem verlaat het, kom—die Nefiete onderhou die wet van Moses en glo in Christus, wat die Heilige Een van Israel is. Ongeveer 559–545 v.C.

1 Nou ek, Nefi, spreek ietwat aangaande die woorde wat ek geskryf het, wat gespreek is by monde van Jesaja. Want kyk, Jesaja het baie dinge gespreek wat amoeilik was vir baie van my volk om te verstaan; want hulle weet nie aangaande die wyse van profeteer onder die Jode nie.

2 Want ek, Nefi, het hulle nie baie dinge geleer aangaande die wyse van die Jode nie; want hulle awerke was werke van duisternis, en hulle dade was dade van gruwels.

3 Daarom, ek skryf aan my volk, aan al diegene wat hierna hierdie dinge sal ontvang wat ek skrywe, dat hulle die oordele van God mag ken, dat hulle neerkom op alle nasies, volgens die woord wat Hy gespreek het.

4 Daarom, slaan ag, o my volk, wat van die huis van Israel is, en neig jou oor tot my woorde; want hoewel die woorde van Jesaja nie duidelik is vir julle nie, desnieteenstaande is hulle duidelik vir al diegene wat gevul is met die agees van bprofesie. Maar ek gee vir julle ’n profesie, volgens die gees wat in my is; daarom sal ek profeteer volgens die cduidelikheid wat met my was vanaf die tyd dat ek uit Jerusalem gekom het met my vader; want kyk, my siel verbly hom in duidelikheid vir my volk, sodat hulle mag leer.

5 Ja, en my siel verbly hom in die woorde van aJesaja, want ek het uit Jerusalem gekom, en my oë het die dinge van die Jode gesien, en ek weet dat die bJode wel die dinge van die profete verstaan, en daar is geen ander volk wat die dinge verstaan wat met die Jode gespreek is, soos hulle nie, behalwe as dit is dat hulle geleer word volgens die wyse van die dinge van die Jode.

6 Maar kyk, ek, Nefi, het nie my kinders geleer volgens die wyse van die Jode nie; maar kyk, ek het in Jerusalem gewoon, daarom weet ek aangaande die streke rondom; en ek het melding gemaak aan my kinders aangaande die oordele van God, wat agebeur het onder die Jode, aan my kinders, volgens alles wat Jesaja gespreek het, en ek skryf dit nie neer nie.

7 Maar kyk, ek gaan voort met my eie profesie, volgens my aduidelikheid; waarin ek weet dat geen mens kan dwaal nie; desnieteenstaande, in die dae dat die profesieë van Jesaja vervul sal word, sal mense die tye wanneer hulle sal geskied vir seker weet.

8 Daarom, hulle is van awaarde vir die kinders van mense, en hy wat veronderstel dat hulle nie is nie, met hulle wil ek in besonder spreek, en die woorde tot my beie volk beperk; want ek weet dat hulle van groot waarde sal wees vir hulle in die claaste dae; want in daardie dag sal hulle dit verstaan; daarom, vir hulle eie beswil het ek dit geskrywe.

9 En soos een geslag avernietig is onder die Jode vanweë ongeregtigheid, net so is hulle vernietig van geslag tot geslag volgens hulle ongeregtighede; en nooit is enigeen van hulle bvernietig nie behalwe dat dit vir hulle voorspel was deur die profete van die Here.

10 Daarom, dit is so aan hulle meegedeel aangaande die vernietiging wat oor hulle sou kom, onmiddellik nadat my vader Jerusalem verlaat het; desnieteenstaande, hulle het hul harte verhard; en volgens my profesie is hulle avernietig, behalwe vir diegene wat gevange bweggevoer is na Babilon.

11 En nou, dit spreek ek vanweë die gees wat in my is. En hoewel hulle weggevoer is, sal hulle weer terugkeer, en die land Jerusalem besit; daarom, hulle sal weer aherstel word tot die land van hul erfenis.

12 Maar, kyk, hulle sal oorloë hê, en gerugte van oorloë; en wanneer die dag kom dat die aEniggeborene van die Vader, ja, en wel die Vader van hemel en aarde, Hom sal openbaar aan hulle in die vlees, kyk, hulle sal Hom verwerp, vanweë hulle ongeregtighede, en die hardheid van hulle harte, en die styfheid van hulle nekke.

13 Kyk, hulle sal Hom akruisig; en nadat Hy in ’n bgrafkelder weggelê is vir die tydperk van cdrie dae, sal Hy dopstaan uit die dood, met genesing in sy vleuels; en almal wat sal glo in sy Naam, sal gered wees in die koninkryk van God. Daarom, my siel verbly hom om te profeteer aangaande Hom, want ek het sy dag egesien, en my hart verhef sy heilige Naam.

14 En kyk, dit sal gebeur dat nadat die aMessias uit die dood opgestaan het, en Homself geopenbaar het aan sy volk, aan soveel as wat sal glo in sy Naam, kyk, Jerusalem sal weer bvernietig word; want wee hulle wat stry teen God en die volk van sy kerk.

15 Daarom, die aJode sal bverstrooi word onder alle nasies; ja, en ook cBabilon sal vernietig word; daarom, die Jode sal verstrooi word deur ander nasies.

16 En nadat hulle verstrooi is, en die Here God hulle gegésel het deur ander nasies vir ’n tydperk van baie geslagte, ja, en wel van geslag tot geslag totdat hulle oorreed sal word om te glo in Christus, die Seun van God, en die versoening, wat eindeloos is vir die hele mensdom—en wanneer daardie dag sal kom dat hulle sal aglo in Christus, en die Vader aanbid in sy Naam, met rein harte en skoon hande, en nie langer vooruitsien na ’n ander Messias nie, dan, in daardie tyd, sal die dag kom wanneer dit noodsaaklik sal wees dat hulle hierdie dinge sal glo.

17 En die Here sal weer sy hand ’n tweede keer uitstrek om sy volk te ared uit hulle verlore en gevalle toestand. Daarom, Hy sal voortgaan om ’n bwonderlike werk en ’n wonder te doen onder die kinders van mense.

18 Daarom, Hy sal sy awoorde openbaar aan hulle, welke woorde hulle sal boordeel op die laaste dag, want hulle sal dit gegee word vir die doel om hulle te coortuig van die ware Messias, wat verwerp is deur hulle; en ter oortuiging van hulle dat hulle nie langer vooruit hoef te sien na ’n Messias wat moet kom nie, want daar sal nie een kom nie, tensy dit ’n dvalse Messias is wat die volk sou bedrieg; want daar is slegs een Messias van wie die profete gespreek het, en daardie Messias is Hy wat verwerp sou word deur die Jode.

19 Want volgens die woorde van die profete, kom die aMessias binne bseshonderd jaar vanaf die tyd dat my vader Jerusalem verlaat het; en volgens die woorde van die profete, en ook die woord van die cengel van God, sal sy Naam Jesus Christus wees, die Seun van God.

20 En nou, my broers, ek het duidelik gespreek sodat julle nie kan dwaal nie. En soos die Here God leef wat Israel auitgebring het uit die land Egipte, en aan Moses mag gegee het dat hy die nasies sou bgenees nadat hulle gebyt is deur die giftige slange, as hulle hul oë sou opslaan na die cslang wat hy opgerig het voor hulle, en ook aan hom die mag gegee het dat hy die drots sou slaan en die water sou uitkom; ja, kyk ek sê vir julle, dat soos hierdie dinge waar is, en soos die Here God leef, daar is geen ander eNaam gegee onder die hemel behalwe hierdie Jesus Christus, van wie ek gespreek het, waardeur ’n mens gered kan word nie.

21 Daarom, om hierdie rede het die Here God my belowe dat hierdie dinge wat ek askrywe, behou en bewaar sal word, en oorgegee word aan my saad, van geslag tot geslag, sodat die belofte vervul mag word aan Josef, dat sy saad nooit sal bvergaan solank as die aarde staan nie.

22 Daarom, hierdie dinge sal oorgaan van geslag tot geslag solank as die aarde sal staan; en hulle sal oorgaan volgens die wil en behae van God; en die nasies wat hulle sal besit, sal ageoordeel word deur die woorde wat geskrywe is.

23 Want ons arbei ywerig om te skryf, om ons kinders te aoorreed, en ook ons broers, om in Christus te glo, en om met God versoen te word; want ons weet dat dit deur bgenade is dat ons gered is, na alles wat ons kan cdoen.

24 En, hoewel ons in Christus glo, aonderhou ons die wet van Moses, en sien standvastig uit na Christus, totdat die wet vervul sal word.

25 Want, om hierdie rede is die awet gegee; daarom het die wet bdood geword vir ons, en ons word lewend gemaak in Christus vanweë ons geloof; tog onderhou ons die wet vanweë die gebooie.

26 En ons aspreek van Christus, ons verbly ons in Christus, ons preek van Christus, ons bprofeteer van Christus, en ons skryf volgens ons profesieë, sodat ons ckinders mag weet na watter bron hulle mag kyk vir ’n dvergifnis van hulle sondes.

27 Daarom, ons spreek aangaande die wet dat ons kinders mag weet van die doodsheid van die wet; en hulle, deur die doodsheid van die wet te ken, mag vooruitsien na daardie lewe wat in Christus is, en weet vir watter rede die wet gegee is. En nadat die wet vervul is in Christus, dat hulle nie hulle harte hoef te verhard teen Hom wanneer die wet weggedoen behoort te word nie.

28 En nou, kyk, my volk, julle is ’n ahardnekkige volk; daarom, ek het duidelik met julle gespreek, sodat julle nie kan misverstaan nie. En die woorde wat ek gespreek het, sal staan as ’n bgetuienis teen julle; want hulle is voldoende om enige mens die regte weg te cleer; want die regte weg is om in Christus te glo en Hom nie te verloën nie; want deur Hom te verloën, verloën julle ook die profete en die wet.

29 En nou, kyk, ek sê vir julle dat die regte weg is om in Christus te glo, en Hom nie te verloën nie; en Christus is die Heilige Een van Israel; daarom, julle moet neerbuig voor Hom en Hom aanbid met al julle amag, verstand en krag, en julle hele siel; en as julle dit doen, sal julle geensins uitgewerp word nie.

30 En, in soverre dit noodsaaklik sal wees, moet julle die handelinge en aordinansies van God onderhou totdat die wet vervul sal word wat aan Moses gegee is.