Skrifture
2 Nefi 2


Hoofstuk 2

Verlossing kom deur die Heilige Messias—Vryheid van keuse (handelingsmag) is noodsaaklik vir bestaan en vooruitgang—Adam het tot ’n val gekom sodat die mens mag wees—Die mens is vry om vryheid en die ewige lewe te kies. Ongeveer 588–570 v.C.

1 En nou, Jakob, ek spreek met jou: Jy is my aeersgeborene in die dae van my beproewing in die wildernis. En kyk, in jou kinderdae het jy verdrukking gely en baie droefheid, vanweë die ruheid van jou broers.

2 Desnieteenstaande, Jakob, my eersgeborene in die wildernis, jy ken die grootheid van God; en Hy sal jou verdrukkinge tot jou voordeel heilig.

3 Daarom, jou siel sal geseënd wees, en jy sal veilig woon met jou broer Nefi; en jou dae sal deurgebring word in die diens van jou God. Daarom, ek weet dat jy verlos is, vanweë die regverdigheid van jou Verlosser; want jy het gesien dat Hy in die volheid van die tyd kom om heil te bring vir mense.

4 En jy het sy heerlikheid in jou jeug agesien; daarom, jy is geseënd net soos hulle vir wie Hy sal dien in die vlees; want die Gees is dieselfde, gister, vandag en vir ewig. En die weg is berei vanaf die val van die mens, en heil is bvry.

5 En mense is voldoende onderrig dat hulle goed van kwaad kan aonderskei. En die wet is aan mense gegee. En deur die wet word geen vlees bgeregverdig nie; of, deur die wet word die mens cafgesny. Ja, deur die aardse wet is hulle afgesny; en ook, deur die geestelike wet vergaan hulle van dit wat goed is, en word ellendig vir ewig.

6 Daarom, averlossing kom in en deur die Heilige bMessias; want Hy is vol cgenade en waarheid.

7 Kyk, Hy offer Homself as ’n aofferande vir die sonde, om te voldoen aan die beise van die wet, aan al diegene wat ’n gebroke hart en ’n verslae gees het; en niemand anders kan aan die eise van die wet voldoen nie.

8 Daarom, hoe groot is die belangrikheid om hierdie dinge bekend te maak aan die inwoners van die aarde, dat hulle mag weet dat daar geen vlees is wat kan woon in die teenwoordigheid van God nie, abehalwe deur die verdienste, en die barmhartigheid, en die genade van die Heilige Messias, wat sy lewe neerlê volgens die vlees, en dit weer opneem deur die krag van die Gees, sodat Hy die bopstanding van die dode teweeg kan bring, omdat Hy die eerste is wat sal opstaan.

9 Daarom, Hy is die eerste vrugte voor God, in soverre dat Hy avoorspraak sal doen vir al die kinders van mense; en hulle wat glo in Hom, sal gered word.

10 En vanweë die avoorspraak vir almal, kom alle mense tot God; daarom, hulle staan in sy teenwoordigheid om bgeoordeel te word deur Hom volgens die waarheid en cheiligheid wat in Hom is. Daarom, die eise van die wet wat die Heilige Een gegee het, tot die oplegging van die straf wat daaraan gekoppel is, welke straf wat daaraan gekoppel is in teenstelling met die geluksaligheid wat daaraan gekoppel is, om die eise van die dversoening te beantwoord—

11 Want dit moet noodwendig wees dat daar ’n ateenstelling in alle dinge is. Indien nie, my eersgeborene in die wildernis, sal regverdigheid nie kan geskied nie, nóg ongeregtigheid, nóg heiligheid nóg ellende, nóg goed nóg kwaad. Daarom, alle dinge moet noodwendig ’n samestelling in een wees; daarom, as dit een liggaam sou wees, sal dit moet bly asof dit dood is, omdat dit nóg lewe nóg dood besit, nóg verganklikheid nóg onverganklikheid, geluk nóg ellende, nóg gevoel nóg gevoelloosheid.

12 Daarom, dit moes noodwendig geskape gewees het as iets sinloos; daarom sou daar geen adoel gewees het aan die einde van sy skepping nie. Daarom, hierdie ding moet noodwendig die wysheid van God en sy ewige doeleindes vernietig, en ook die krag, en die barmhartigheid, en die bgeregtigheid van God.

13 En as julle sal sê daar is ageen wet nie, sal julle ook sê daar is geen sonde nie. As julle sal sê daar is geen sonde nie, sal julle ook sê daar is geen regverdigheid nie. En as daar geen regverdigheid is nie, is daar geen geluk nie. En as daar nóg regverdigheid nóg geluk is, is daar geen straf nóg ellende. En as hierdie dinge nie is nie, is bdaar geen God nie. En as daar geen God is nie, dan bestaan ons nie, nóg die aarde; want daar kon geen skepping van dinge gewees het wat kon handel nóg waarop handeling uitgevoer kon word; daarom, alle dinge moes verdwyn het.

14 En nou, my seuns, ek spreek met julle hierdie dinge tot julle voordeel en lering; want daar is ’n God, en Hy het alle dinge ageskape, beide die hemele en die aarde, en alles wat daarin is, beide dinge om te handel en dinge waarop bhandeling uitgevoer kan word.

15 En om sy ewige adoeleindes teweeg te bring aangaande die uiteinde van die mens, nadat Hy ons eerste ouers geskape het, en die diere van die veld en die voëls van die lug, en kortom, alle dinge wat geskape is, was dit noodwendig dat daar ’n teenstelling moes wees; en wel die bverbode cvrug in teenstelling met die dboom van die lewe; die een wat soet is en die ander bitter.

16 Daarom, die Here God het aan die mens gegee dat hy selfstandig moet ahandel. Daarom, die mens kan nie selfstandig handel nie behalwe as hy bverlok is deur die een of die ander.

17 En ek, Lehi, volgens die dinge wat ek gelees het, moet noodwendig veronderstel, dat ’n aengel van God, volgens dit wat geskrywe is, bgeval het uit die hemel; daarom, hy het ’n duiwel geword, omdat hy dit gesoek het wat boos was voor God.

18 En omdat hy geval het uit die hemel, en vir ewig ellendig geword het, het hy ook die ellende van die hele mensdom agesoek. Daarom, hy het aan bEva gesê, ja, en wel daardie ou slang, wat die duiwel is, wat die vader is van alle cleuens, daarom het hy gesê: Eet van die verbode vrug, en julle sal nie sterwe nie, maar julle sal wees soos God, om goed en kwaad te dken.

19 En nadat Adam en Eva van die verbode vrug ageëet het, is hulle uit die tuin van bEden verdryf om die aarde te bewerk.

20 En hulle het kinders voortgebring; ja, en wel die afamilie van die hele aarde.

21 En die dae van die kinders van amense is verleng, volgens die wil van God, sodat hulle mag bbekeer terwyl hulle in die vlees is; daarom, hulle toestand het ’n toestand van ctoetsing geword, en hulle tyd is verleng, volgens die gebooie wat die Here God gegee het aan die kinders van mense. Want Hy het gebod gegee dat alle mense moes bekeer; want Hy het vir alle mense gewys dat hulle dverlore was, vanweë die oortreding van hul ouers.

22 En nou kyk, as Adam nie oortree het nie, sou hy nie tot ’n val gekom het nie, maar hy sou gebly het in die tuin van Eden. En alle dinge wat geskape is, moes in dieselfde toestand gebly het waarin hulle was nadat hulle geskape is; en hulle moes so gebly het tot in ewigheid, en geen einde gehad het nie.

23 En hulle sou geen akinders gehad het nie; daarom sou hulle gebly het in ’n toestand van onskuld, sonder vreugde omdat hulle geen ellende geken het nie; sonder om goed te doen, want hulle het geen sonde geken nie.

24 Maar kyk, alle dinge het geskied deur die wysheid van Hom wat alle dinge aweet.

25 aAdam het tot ’n bval gekom sodat die mens mag wees; en mense cis sodat hulle dvreugde mag hê.

26 En die aMessias kom in die volheid van die tyd, sodat Hy die kinders van mense van die val kan bverlos. En omdat hulle verlos is van die val, het hulle cvry geword vir ewig, en hulle ken die goeie van die kwade; om selfstandig te handel en nie waarop handeling uitgevoer word nie, behalwe deur die bestraffing van die dwet op die groot en laaste dag, volgens die gebooie wat God gegee het.

27 Daarom, mense is avry volgens die vlees; en alle dinge word aan hulle gegee wat noodsaaklik is vir die mens. En hulle is vry om vryheid te bkies en die cewige lewe, deur die groot Middelaar van alle mense, of om slawerny en die dood te kies, volgens die slawerny en die mag van die duiwel; want hy soek daarna dat alle mense ellendig moet wees soos hyself.

28 En nou, my seuns, wil ek hê dat julle moet kyk na die groot aMiddelaar, en ag slaan op sy groot gebooie; en getrou wees aan sy woorde, en die ewige lewe kies, volgens die wil van sy Heilige Gees;

29 En nie die ewige dood kies, volgens die wil van die vlees en die bose wat daarin is nie, wat die gees van die duiwel die mag gee om agevange te neem, om julle af te bring na die bhel, sodat hy mag heers oor julle in sy eie koninkryk.

30 Ek het hierdie paar woorde met julle almal gespreek, my seuns, in die laaste dae van my toetsing; en ek het die goeie deel gekies, volgens die woorde van die profeet. En ek het geen ander oogmerk nie as die ewigdurende welsyn van julle siele. Amen.