Skrifture
2 Nefi 10


Hoofstuk 10

Jakob verduidelik dat die Jode hulle God sal kruisig—Hulle sal verstrooi word totdat hulle begin om in Hom te glo—Amerika sal ’n land wees van vryheid waar geen koning sal heers nie—Versoen julleself met God en verkry julle heil deur sy genade. Ongeveer 559–545 v.C.

1 En nou, ek, Jakob, spreek weer met julle, my geliefde broers, aangaande hierdie regverdige atak waarvan ek gespreek het.

2 Want kyk, die beloftes wat ons verkry het, is abeloftes aan ons volgens die vlees; daarom, alhoewel dit aan my getoon is dat baie van ons kinders in die vlees sal omkom vanweë ongeloof, desnieteenstaande, God sal barmhartig wees aan baie; en ons kinders sal herstel word, sodat hulle dit kan verkry wat die ware kennis van hul Verlosser hulle sal gee.

3 Daarom, soos ek vir julle gesê het, dit is noodsaaklik dat Christus—want in die laaste nag het die aengel met my gespreek dat dit sy naam sou wees—sou bkom onder die Jode, onder diegene wat die meer goddelose deel is van die wêreld; en hulle sal Hom ckruisig—want dit is nodig vir onse God, en daar is geen ander nasie op aarde wat hulle dGod sou ekruisig nie.

4 Want as die magtige awonderwerke gedoen sou word onder ander nasies, sou hulle bekeer en weet dat Hy hulle God is.

5 Maar as gevolg van apriesterliste en ongeregtighede, sal hulle wat in Jerusalem is, hul nekke verhard teen Hom, sodat Hy gekruisig sal word.

6 Daarom, vanweë hul ongeregtighede sal daar vernietigings, hongersnode, pestilensies, en bloedvergieting oor hulle kom; en hulle wat nie vernietig sal word nie, sal averstrooi word onder alle nasies.

7 Maar kyk, so sê die aHere God: bWanneer die dag kom dat hulle in My sal glo, dat Ek Christus is, dan het Ek met hulle vaders ’n verbond gesluit dat hulle herstel sal word in die vlees, op die aarde, na die lande van hulle erfenis.

8 En dit sal gebeur dat hulle aversamel sal word, uit hulle lang verstrooiing, vanaf die beilande van die see, en uit die vier hoeke van die aarde; en die nasies van die nie-Jode sal groot wees in my oë, sê God, om hulle uit te cbring na die lande van hulle erfenis.

9 aJa, die konings van die nie-Jode sal pleegvaders vir hulle wees, en hulle koninginne sal hulle pleegmoeders word; daarom, die bbeloftes van die Here is groot vir die nie-Jode, want Hy het dit gespreek, en wie kan stry?

10 Maar kyk, hierdie land, sê God, sal ’n land van julle erfenis wees, en die anie-Jode sal geseënd wees in die land.

11 En hierdie land sal ’n land van avryheid wees vir die nie-Jode, en daar sal geen bkonings op die land wees wat vir die nie-Jode sal opstaan nie.

12 En Ek sal hierdie land versterk teen alle ander nasies.

13 En hy wat astry teen Sion, sal bomkom, sê God.

14 Want hy wat ’n koning oprig teen My, sal omkom, want Ek, die Here, die akoning van die hemel, sal hulle koning wees, en Ek sal ’n blig vir hulle wees vir ewig, wat my woorde hoor.

15 Daarom, om hierdie rede, dat my averbonde vervul mag word wat Ek gemaak het met die kinders van mense, wat Ek vir hulle sal doen terwyl hulle in die vlees is, moet Ek noodwendig die bgeheime werke van die cduisternis vernietig, en van moorde, en van gruwels.

16 Daarom, hy wat stry teen aSion, beide Jood en nie-Jood, beide slaaf en vryman, beide man en vrou, sal omkom; want dit is bhulle wat die hoer van die hele aarde is; want chulle wat dnie vir My is nie, is eteen My, sê onse God.

17 Want Ek sal my belofte avervul wat Ek gemaak het aan die kinders van mense, wat Ek met hulle sal maak terwyl hulle nog in die vlees is—

18 Daarom, my geliefde broers, so sê onse God: Ek sal jou saad laat ly deur die hand van die nie-Jode; desnieteenstaande, Ek sal die harte versag van die anie-Jode, sodat hulle soos ’n vader vir hulle sal wees; daarom, die nie-Jode sal bgeseënd wees en cgereken word onder die huis van Israel.

19 Daarom, Ek sal hierdie land atoewy vir jou saad, en vir hulle wat onder jou saad gereken sal word, vir ewig as die land van hulle erfenis; want dit is ’n uitverkore land, sê God vir my, bo alle ander lande, daarom wil Ek hê dat alle mense wat daarop woon My moet aanbid, sê God.

20 En nou, my geliefde broers, aangesien ons barmhartige God ons so ’n groot kennis gegee het aangaande hierdie dinge, laat ons Hom onthou, en ons sonde aflê, en nie ons koppe laat hang nie, want ons is nie verwerp nie; desnieteenstaande, is ons averdryf uit die land van ons erfenis; maar ons is gelei na ’n bbeter land, want die Here het die see ons cpad gemaak, en ons is op ’n deiland van die see.

21 Maar groot is die beloftes van die Here aan diegene wat op die aeilande van die see is; daarom, omdat dit sê eilande, moet daar noodwendig meer wees as hierdie, en hulle word ook bewoon deur ons broers.

22 Want kyk, die Here God het van tyd tot tyd van die huis van Israel aweggelei, volgens sy wil en behae. En nou, kyk, die Here onthou hulle almal wat afgebreek is, daarom onthou Hy ons ook.

23 Daarom, verbly julle harte, en onthou dat julle avry is om vir julleself te bhandel—om die weg te ckies van ewigdurende dood, of die weg van die ewige lewe.

24 Daarom, my geliefde broers, versoen julle met die wil van God, en nie met die wil van die duiwel en die vlees nie; en onthou, nadat julle met God versoen is, dat dit slegs in en deur die agenade van God is dat julle bgered is.

25 Daarom, mag God julle opwek uit die dood deur die krag van die opstanding, en ook uit die ewigdurende dood deur die krag van die aversoening, sodat julle ontvang mag word in die ewige koninkryk van God, sodat julle Hom mag loof deur goddelike genade. Amen.