Skrifture
1 Nefi 22


Hoofstuk 22

Israel sal verstrooi word oor die hele aangesig van die aarde—Die nie-Jode sal Israel versorg en voed met die evangelie in die laaste dae—Israel sal bymekaargemaak word en gered word, en die bose sal brand soos stoppels—Die koninkryk van die duiwel sal vernietig word, en Satan sal gebind word. Ongeveer 588–570 v.C.

1 En nou het dit gebeur dat nadat ek, Nefi, hierdie dinge gelees het wat gegraveer was op die aplate van brons, het my broers na my gekom en het vir my gesê: Wat beteken hierdie dinge wat jy gelees het? Kyk, moet hulle verstaan word volgens dinge wat geestelik is, wat sal gebeur volgens die Gees en nie die vlees nie?

2 En ek, Nefi, het vir hulle gesê: Kyk, hulle is ageopenbaar aan die profeet deur die stem van die bGees; want deur die Gees word alle dinge bekend gemaak aan die cprofete, wat sal kom oor die kinders van mense volgens die vlees.

3 Daarom, die dinge waarvan ek gelees het, het betrekking op dinge beide astoflik en geestelik; want dit blyk asof die huis van Israel, vroeër of later, bverstrooi sal word oor die hele aangesig van die aarde, en ook onder alle nasies.

4 En kyk, daar is baie wat reeds verlore is van die kennis van diegene wat in Jerusalem is. Ja, die grootste gedeelte van al die astamme is bweggelei; en hulle is verstrooi heen en weer op die ceilande van die see; en waar hulle is, weet niemand van ons nie, behalwe dat ons weet dat hulle weggelei is.

5 En omdat hulle weggelei is, is hierdie dinge geprofeteer aangaande hulle, en ook aangaande almal wat hierna verstrooi en vermeng gaan word, vanweë die Heilige Een van Israel; want teen Hom sal hulle hul harte verhard; daarom, hulle sal verstrooi word onder al die nasies en sal agehaat word deur alle mense.

6 Desnieteenstaande, nadat hulle aversorg sal word deur die bnie-Jode, en die Here sy hand opgelig het vir die nie-Jode en hulle opgerig het as ’n vaandel, en hulle ckinders gedra is in hulle arms, en hulle dogters gedra is op hulle skouers, kyk, hierdie dinge waarvan gespreek is, is tydelik; want so is die verbonde van die Here met ons vaders; en dit het op ons betrekking in die dae wat kom, en ook al ons broers wat van die huis van Israel is.

7 En dit beteken dat die tyd kom dat nadat die hele huis van Israel verstrooi en vermeng is, dat die Here God ’n magtige nasie sal oprig onder die anie-Jode, ja, en wel op die aangesig van hierdie land; en deur hulle sal ons saad bverstrooi word.

8 En nadat ons saad verstrooi is, sal die Here God voortgaan om ’n awonderlike werk te verrig onder die bnie-Jode, wat van groot cwaarde sal wees vir ons saad; daarom, dit word daarmee vergelyk dat hulle versorg word deur die nie-Jode en gedra word in hulle arms en op hulle skouers.

9 En dit sal ook van awaarde wees vir die nie-Jode; en nie net vir die nie-Jode nie maar ook bvir die hele chuis van Israel, tot die bekendmaking van die dverbonde van die Vader van die hemel met Abraham, wat sê: In jou esaad sal al die geslagte van die aarde fgeseën word.

10 En ek wil hê, my broers, dat julle moet weet dat al die geslagte van die aarde nie geseën kan word, tensy Hy sy arm aontbloot voor die oë van die nasies nie.

11 Daarom, die Here God sal voortgaan om sy arm te ontbloot voor die oë van al die nasies, deur sy verbonde en sy evangelie voort te bring aan diegene wat van die huis van Israel is.

12 Daarom, Hy sal hulle weer uit gevangenskap bring en hulle sal aversamel word na die lande van hul erfenis; en hulle sal uitgebring word uit die bduisternis en die donker; en hulle sal weet dat die cHere hulle dSaligmaker is en hulle Verlosser, die eMagtige Een van Israel.

13 En die bloed van daardie groot en agruwelike kerk, wat die hoer van die hele aarde is, sal op hulle eie hoofde kom; want hulle sal boorlog maak onder mekaar, en die swaard van hulle ceie hande sal val op hul eie hoofde, en hulle sal dronk wees van hulle eie bloed.

14 En elke anasie wat teen jou sal oorlog voer, o huis van Israel, sal gekeer word die een teen die ander, en hulle sal bval in die kuil wat hulle gegrawe het om die volk van die Here in te verstrik. En almal wat teen Sion cstry, sal vernietig word, en daardie groot hoer, wat die regte weë van die Here verdraai het, ja, daardie groot en gruwelike kerk, sal neerstort in die dstof en groot sal die val daarvan wees.

15 Want kyk, sê die profeet, die tyd kom gou dat Satan geen mag meer sal hê oor die harte van die kinders van mense nie; want die dag kom gou wanneer al die hooghmoediges en hulle wat boos handel, soos astoppels sal wees; en die dag kom wanneer hulle bverbrand moet word.

16 Want die tyd kom gou dat die volheid van die atoorn van God uitgestort sal word op al die kinders van mense; want Hy sal nie toelaat dat die bose die regverdiges vernietig nie.

17 Daarom, Hy sal die aregverdiges bbehou deur sy krag, selfs as dit so moet wees dat die volheid van sy toorn moet kom, en die regverdiges bewaar word, selfs tot die vernietiging van hulle vyande deur vuur. Daarom, die regverdiges hoef nie te vrees nie; want so sê die profeet, hulle sal gered word, selfs al is dit soos deur vuur.

18 Kyk, my broers, ek sê vir julle, dat hierdie dinge binnekort moet kom; ja, en wel bloed, en vuur, en rookmis moet kom; en dit moet noodwendig wees op die aangesig van hierdie aarde; en dit kom na die mens volgens die vlees as dit so is dat hulle hulle harte sal verhard teen die Heilige Een van Israel.

19 Want kyk, die regverdige sal nie vergaan nie; want die tyd moet sekerlik kom dat hulle almal wat stry teen Sion, afgesny sal word.

20 En die Here sal sekerlik ’n weg vir sy volk berei, ter vervulling van die woorde van Moses, wat hy gespreek het, toe hy sê: ’n aProfeet sal die Here julle God oprig vir julle, een soos Ek; Hom sal julle aanhoor in alle dinge wat Hy ook al met julle sal spreek. En dit sal gebeur dat almal wat nie daardie profeet wil aanhoor nie, bafgesny sal word van die midde van die volk.

21 En nou ek, Nefi, verklaar aan julle, dat hierdie aprofeet van wie Moses gespreek het, die Heilige Een van Israel was; daarom, Hy sal boordeel vel in regverdigheid.

22 En die regverdiges hoef nie te vrees nie, want hulle is diegene wat nie beskaam sal word nie. Maar dit is die koninkryk van die duiwel, wat opgerig sal word onder die kinders van mense, welke koninkryk onder hulle gevestig is wat in die vlees is—

23 Want die tyd sal spoedig kom dat alle akerke wat opgerig word vir gewin, en almal wat opgerig word om mag te verkry oor die vlees, en almal wat opgerig word om bgewild te word in die oë van die wêreld, en almal wat die luste van die vlees soek en die dinge van die wêreld, en om allerlei ongeregtighede te pleeg; ja, kortom, al diegene wat behoort aan die koninkryk van die duiwel, is hulle wat moet vrees, en bewe, en csidder; hulle is diegene wat verneder moet word tot die stof toe; hulle is diegene wat dverteer moet word soos stoppels; en dit is volgens die woorde van die profeet.

24 En die tyd kom spoedig dat die regverdiges gelei moet word soos akalwers van die stal, en die Heilige Een van Israel moet heers met gesag, en mag en krag, en groot heerlikheid.

25 En Hy aversamel sy kinders uit die vier hoeke van die aarde; en Hy tel sy skape, en hulle ken Hom; en daar sal een kudde wees en een bherder; en Hy sal sy skape voer, en in Hom sal hulle cweiding vind.

26 En vanweë die regverdigheid van sy volk, het aSatan geen mag nie; daarom, hy kan nie vir ’n tydperk van bbaie jare losgemaak word nie; want hy het geen mag oor die harte van die mense nie, want hulle woon in regverdigheid, en die Heilige Een van Israel cheers.

27 En nou kyk, ek Nefi, sê vir julle dat al hierdie dinge moet kom volgens die vlees.

28 Maar, kyk, alle nasies, stamme, tale en volke sal veilig woon by die Heilige Een van Israel as dit so sal wees dat hulle sal abekeer.

29 En nou ek, Nefi, maak ’n einde; want ek durf nie verder spreek oor hierdie dinge nie.

30 Daarom, my broers, ek wil hê dat julle moet besef dat die dinge wat geskryf is op die aplate van brons, waar is; en hulle getuig dat ’n mens gehoorsaam moet wees aan die gebooie van God.

31 Daarom, julle moet nie veronderstel dat ek en my vader die enigstes is wat getuig het, en hulle ook geleer het nie. Daarom, as julle gehoorsaam sal wees aan die agebooie, en volhard tot die einde toe, sal julle gered word op die laaste dag. En so is dit. Amen.