Skrifture
1 Nefi 14


Hoofstuk 14

’n Engel vertel vir Nefi van die seëninge en vervloekinge wat oor die nie-Jode sal kom—Daar is net twee kerke: die Kerk van die Lam van God en die kerk van die duiwel—Die Heiliges van God onder alle nasies word vervolg deur die groot en gruwelike kerk—Die Apostel Johannes sal skryf oor die einde van die wêreld. Ongeveer 600–592 v.C.

1 En dit sal gebeur dat as die anie-Jode op die Lam van God sal ag slaan op daardie dag wanneer Hy Homself sal openbaar aan hulle in woord, en ook in bkrag, en magtige dade, om hulle cstruikelblokke weg te neem—

2 En hulle nie hulle harte verhard teen die Lam van God nie, hulle gereken sal word onder jou vader se saad; ja, hulle sal agereken word onder die huis van Israel; en hulle sal vir ewig ’n bgeseënde volk wees in die land van belofte; hulle sal nie meer afgebring word in slawerny nie; en die huis van Israel sal nie meer vermeng wees nie.

3 En daardie groot akuil wat gegrawe is vir hulle deur daardie groot en gruwelike kerk, wat gestig is deur die duiwel en sy kinders, sodat hy die siele van mense kan aflei na die hel—ja, daardie groot kuil wat gegrawe is vir die vernietiging van mense, sal gevul word deur hulle wat dit gegrawe het, tot hulle algehele vernietiging, sê die Lam van God; nie die vernietiging van die siel nie, tensy dit gewerp word in daardie bhel wat geen einde het nie.

4 Want kyk, dit is volgens die slawerny van die duiwel, en ook volgens die geregtigheid van God, oor almal wat boosheid en gruwels bedryf voor Hom.

5 En dit het gebeur dat die engel met my, Nefi, gespreek, en gesê het: Jy het gesien dat as die nie-Jode bekeer, dit wel sal wees met hulle; en jy weet ook van die verbonde van die Here met die Huis van Israel; en jy het ook gehoor dat hy wat nie bekeer nie moet avergaan.

6 Daarom, awee die nie-Jode as dit so is dat hulle hul harte verhard teen die Lam van God.

7 Want die tyd kom, sê die Lam van God, dat Ek ’n groot en ’n awonderbaarlike werk sal bewerkstellig onder die kinders van mense; ’n werk wat ewigdurend sal wees, óf aan die een kant óf die ander—óf om hulle te oortuig tot vrede en die bewige lewe, óf tot hulle uitlewering aan die hardheid van hulle harte en die blindheid van hulle verstand totdat hulle afgebring word in slawerny, en ook tot vernietiging, beide stoflik en geestelik, volgens die cslawerny van die duiwel, waarvan ek gespreek het.

8 En dit het gebeur dat toe die engel hierdie woorde gespreek het, het hy vir my gesê: Onthou jy die averbonde van die Vader met die huis van Israel? Ek het vir hom gesê, Ja.

9 En dit het gebeur dat hy vir my gesê het: Kyk, en aanskou daardie groot en gruwelike kerk wat die moeder is van gruwels, wie se stigter die aduiwel is.

10 En hy het vir my gesê: Kyk, daar is net atwee kerke; die een is die kerk van die Lam van God, en die bander is die kerk van die duiwel; daarom, hy wat nie aan die kerk van die Lam van God behoort nie, behoort aan daardie groot kerk, wat die moeder is van gruwels; en sy is die choer van die hele aarde.

11 En dit het gebeur dat ek gekyk het en die hoer van die hele aarde gesien het, en sy het gesit op baie awaters; en bsy het heerskappy gehad oor die hele aarde, onder alle nasies, stamme, tale en volke.

12 En dit het gebeur dat ek die kerk van die Lam van God gesien het, en sy getalle was aklein, vanweë die boosheid en gruwels van die hoer wat gesit het op baie waters; nietemin, ek het gesien dat die kerk van die Lam, wat die heiliges van God was, ook op die bhele aangesig van die aarde was; en hulle heerskappye op die aangesig van die aarde was klein, vanweë die boosheid van die groot hoer wat ek gesien het.

13 En dit het gebeur dat ek gesien het dat die groot moeder van gruwels die menigtes op die aangesig van die hele aarde bymekaar gemaak het, onder al die nasies van die nie-Jode, om te astry teen die Lam van God.

14 En dit het gebeur dat ek, Nefi, die mag van die Lam van God gesien het, dat dit neergedaal het op die heiliges van die kerk van die Lam, en op die verbondsvolk van die Here, wat verstrooi was oor die hele aangesig van die aarde; en hulle was bewapen met regverdigheid, en met die akrag van God in groot heerlikheid.

15 En dit het gebeur dat ek gesien het dat die toorn van God auitgestort is op daardie groot en gruwelike kerk, sodat daar oorloë en gerugte van oorloë onder al die bnasies en stamme van die aarde was.

16 En omdat daar aoorloë en gerugte van oorloë onder al die nasies ontstaan het wat aan die moeder van gruwels behoort het, het die engel met my gespreek, en gesê: Kyk, die toorn van God is op die moeder van hoere; en kyk, jy sien al hierdie dinge—

17 En wanneer die adag kom dat die btoorn van God uitgestort word op die moeder van hoere, wat die groot en gruwelike kerk is van die hele aarde, wie se stigter die duiwel is, dan, op daardie dag, sal die cwerk van die Vader ’n aanvang neem om die weg te berei vir die vervulling van sy dverbonde, wat Hy gesluit het met sy volk wat van die huis van Israel is.

18 En dit het gebeur dat die engel met my gespreek, en gesê het: Kyk!

19 En ek het gekyk en ’n man gesien, en hy was geklee in ’n wit kleed.

20 En die engel het vir my gesê: Aanskou, aeen van die twaalf apostels van die Lam.

21 Kyk, hy sal die oorblywende dinge sien en neerskrywe; ja, en ook baie dinge wat was.

22 En hy sal ook aangaande die einde van die wêreld skrywe.

23 Daarom, die dinge wat hy sal skrywe is regverdig en waar; en kyk, hulle is in die aboek geskrywe wat jy sien voortkom het uit die mond van die Jood; in dié tyd toe hulle voortgekom het uit die mond van die Jood, of, in die tyd toe die boek uit die mond van die Jood voortgekom het, was die dinge wat geskrywe is, duidelik en suiwer, en baie bkosbaar en maklik om te verstaan vir alle mense.

24 En kyk, die dinge wat hierdie aapostel van die Lam sal skrywe, is baie dinge wat jy gesien het; en kyk, jy sal die oorblywende sien.

25 Maar die dinge wat jy hierna sal sien, moet jy nie skryf nie, want die Here God het die apostel van die Lam van God geordineer dat hy dit moet askrywe.

26 En ook aan ander wat was, aan hulle het hy alle dinge getoon, en hulle het dit neergeskrywe; en hulle is averseël om voort te kom in hulle suiwerheid, volgens die waarheid wat in die Lam is, op die Here se eie bepaalde tyd, na die huis van Israel.

27 En ek, Nefi, het gehoor en ek lewer getuienis dat die naam van die apostel van die Lam aJohannes was, volgens die woord van die engel.

28 En kyk, ek Nefi, word verbied om die oorblywende dinge neer te skrywe wat ek gesien en gehoor het; daarom is die dinge wat ek geskrywe het vir my genoeg; en ek het maar ’n klein gedeelte neergeskrywe van die dinge wat ek gesien het.

29 En ek lewer getuienis dat ek die dinge gesien het wat my avader gesien het, en die engel van die Here het hulle bekend gemaak aan my.

30 En nou maak ek ’n einde daaraan om te spreek aangaande die dinge wat ek gesien het terwyl ek weggevoer was in die Gees; en as al die dinge wat ek gesien het nie geskryf is nie, is die dinge wat ek wel geskrywe het awaar. En so is dit. Amen.