Skrifture
1 Nefi 13


Hoofstuk 13

Nefi sien in ’n visioen die kerk van die duiwel wat opgerig is onder die nie-Jode, die ontdekking en kolonisering van Amerika, die verlies van vele eenvoudige en kosbare dele van die Bybel, die daaruitvloeiende toestand van afvalligheid van die nie-Jode, die herstelling van die evangelie, die skrifture van die laaste dae wat te voorskyn kom, en die opbouing van Sion. Ongeveer 600–592 v.C.

1 En dit het gebeur dat die engel met my gespreek, en gesê het: Kyk! En ek het gekyk en baie nasies en koninkryke gesien.

2 En die engel het vir my gesê: Wat sien jy? En ek het gesê: Ek sien baie nasies en koninkryke.

3 En hy het vir my gesê: Hierdie is die nasies en koninkryke van die nie-Jode.

4 En dit het gebeur dat ek onder die nasies van die anie-Jode die oprigting van ’n bgroot kerk gesien het.

5 En die engel het vir my gesê: Aanskou die oprigting van ’n kerk wat gruweliker is as alle ander kerke, wat die heiliges van God adoodmaak, ja, en hulle pynig en hulle vasbind, en hulle juk met ’n bjuk van yster, en hulle afbring in slawerny.

6 En dit het gebeur dat ek hierdie agroot en gruwelike kerk aanskou het; en ek het die bduiwel gesien, dat hy die stigter daarvan was.

7 En ek het ook agoud, en silwer, en sy, en skarlaken, en fyngeweefde linne, en allerhande kosbare kleding gesien; en ek het baie hoere gesien.

8 En die engel het met my gespreek, en gesê: Aanskou die goud, en die silwer, en die sy, en die skarlaken, en die fyngeweefde linne, en die kosbare kleding, en die hoere, is die abegeertes van hierdie groot en gruwelike kerk.

9 En ter wille van die lof van die wêreld avernietig hulle die heiliges van God, en bring hulle af in slawerny.

10 En dit het gebeur dat ek gekyk en baie waters gesien het; en hulle het die nie-Jode geskei van my broers se saad.

11 En dit het gebeur dat die engel vir my gesê het: Kyk, die toorn van God is op jou broers se saad.

12 En ek het gekyk en ’n man onder die nie-Jode gesien wat geskei was van my broers se saad deur die baie waters; en ek het gesien hoe die aGees van God neerdaal en op die man inwerk; en hy het uitgegaan op die baie waters, en wel na my broers se saad, wat in die beloofde land was.

13 En dit het gebeur dat ek die Gees van God gesien het, dat dit op ander nie-Jode ingewerk het; en hulle het uitgegaan uit gevangenskap op die baie waters.

14 En dit het gebeur dat ek baie amenigtes van nie-Jode in die bland van belofte gesien het; en ek het gesien dat die toorn van God op my broers se saad was; en hulle is cverstrooi voor die nie-Jode en verslaan.

15 En ek het die Gees van die Here gesien, dat dit oor die nie-Jode was, en hulle was voorspoedig en het die aland vir hulle erfenis verkry; en ek het gesien dat hulle wit was, en uitermate skoon en brein, soos my mense voordat hulle cdoodgemaak is.

16 En dit het gebeur dat ek, Nefi, gesien het dat die nie-Jode wat uitgegaan het uit gevangenskap, hulle verootmoedig het voor die Here; en die mag van die Here was met ahulle.

17 En ek het gesien dat hulle moedervolk op die waters versamel was, en ook op land, om te stry teen hulle.

18 En ek het gesien dat die mag van God met hulle was, en ook dat die toorn van God op al diegene was wat teen hulle versamel om oorlog te maak.

19 En ek, Nefi, het gesien dat die nie-Jode wat uitgegaan het uit gevangenskap, averlos is deur die mag van God uit die hande van alle ander nasies.

20 En dit het gebeur dat ek, Nefi, aanskou het dat hulle voorspoedig was in die land; en ek het ’n aboek gesien, en dit is uitgedra onder hulle.

21 En die engel het vir my gesê: Ken jy die betekenis van die boek?

22 En ek het vir hom gesê: Ek weet nie.

23 En hy het gesê: Kyk, dit kom voort uit die mond van ’n Jood. En ek, Nefi, het dit gesien; en hy het vir my gesê: Die aboek wat jy sien, is ’n bkroniek van die cJode, wat die verbonde bevat van die Here wat Hy gesluit het met die huis van Israel; en dit bevat ook baie van die profesieë van die heilige profete; en dit is ’n kroniek soos die graverings wat op die dplate van brons is, behalwe dat daar nie so baie is nie; desnieteenstaande, hulle bevat die verbonde van die Here, wat Hy met die huis van Israel gesluit het; daarom is hulle van groot waarde vir die nie-Jode.

24 En die engel van die Here het vir my gesê: Jy het gesien dat die boek voortkom uit die mond van ’n Jood; en toe dit voortgekom het uit die mond van ’n Jood, het dit die volheid bevat van die evangelie van die Here, van wie die twaalf apostels getuienis lewer; en hulle lewer getuienis volgens die waarheid wat in die Lam van God is.

25 Daarom, hierdie dinge gaan in suiwerheid uit vanaf die aJode tot die bnie-Jode, volgens die waarheid wat in God is.

26 En nadat hulle uitgaan deur die hand van die twaalf apostels van die Lam, vanaf die aJode na die nie-Jode, sien jy die oprigting van daardie bgroot en gruwelike ckerk, wat gruweliker is bo alle ander kerke; want sien, hulle het baie dele dweggeneem uit die evangelie van die Lam wat eduidelik en uiters kosbaar is; en ook baie verbonde van die Here het hulle weggeneem.

27 En dit alles het hulle gedoen sodat hulle die reguit weë van die Here mag verdraai, sodat hulle die oë mag verblind en die harte mag verhard van die kinders van mense.

28 Daarom sien jy, dat nadat die boek uitgegaan het deur die hande van die groot en gruwelike kerk, dat daar baie eenvoudige en kosbare dinge is wat weggeneem is uit die boek, wat die boek van die Lam van God is.

29 En nadat hierdie duidelike en kosbare dinge weggeneem is, gaan dit uit na al die nie-Joodse nasies; en nadat dit uitgegaan het na al die nasies van die nie-Jode, ja, tot so mate oor die baie waters wat jy by die nie-Jode gesien het wat uitgegaan het uit gevangenskap, dan sien jy—vanweë die baie eenvoudige en kosbare dinge wat weggeneem is uit die boek, wat duidelik was vir die begrip van kinders van mense, volgens die duidelikheid wat in die Lam van God is—vanweë hierdie dinge wat weggeneem is uit die evangelie van die Lam, struikel ’n uitermate groot getal, ja, sodat Satan groot mag oor hulle het.

30 Desnieteenstaande sien jy hoe die nie-Jode wat uitgegaan het uit gevangenskap, en verhef is deur die mag van God bo alle ander nasies, op die aangesig van die land wat uitverkore is bo alle ander lande, wat die land is waaroor die Here God met jou vader ’n verbond gesluit het dat sy saad die aland van hulle erfenis sou hê; daarom, sien jy dat die Here God nie sal toelaat dat die nie-Jode die bvermenging van jou saad wat onder jou broers is, heeltemal sal vernietig nie.

31 Nóg sal Hy toelaat dat die nie-Jode jou broers se saad avernietig.

32 Nóg sal die Here God toelaat dat die nie-Jode vir ewig sal bly in daardie aaklige toestand van blindheid, wat jy sien waarin hulle verkeer, as gevolg van die duidelike en uiters kosbare dele van die evangelie van die Lam wat teruggehou is deur daardie agruwelike kerk waarvan jy die oprigting gesien het.

33 Daarom sê die Lam van God: Ek sal barmhartig wees teenoor die nie-Jode, tot die besoeking van die oorblyfsel van die huis van Israel met ’n groot oordeel.

34 En dit het gebeur dat die engel van die Here met my gespreek, en gesê het: Kyk, sê die Lam van God, nadat Ek die aoorblyfsel van die huis van Israel besoek het—en hierdie oorblyfsel waarvan Ek spreek, is die saad van jou vader—daarom, nadat Ek hulle met oordeel besoek het, en hulle geteister het deur die hand van die nie-Jode, en nadat die nie-Jode uitermate bstruikel, vanweë die eenvoudigste en kosbaarste dele van die cevangelie van die Lam wat teruggehou is deur daardie gruwelike kerk, wat die moeder van hoere is, sê die Lam—sal Ek barmhartig wees teenoor die nie-Jode in daardie dag, sodat Ek deur my eie mag veel van my evangelie aan hulle sal dvoortbring, wat eenvoudig en kosbaar sal wees, sê die Lam.

35 Want kyk, sê die Lam: Ek sal my openbaar aan jou saad, dat hulle baie dinge sal skrywe wat Ek aan hulle sal leer, wat eenvoudig en kosbaar sal wees; en nadat jou saad vernietig sal word, en kwyn in ongeloof, asook die saad van jou broers, kyk, ahierdie dinge sal verberg word om na vore te kom tot die nie-Jode, deur die gawe en mag van die Lam.

36 En in hulle sal my aevangelie geskrywe word, sê die Lam, en my brots en my heil.

37 En asalig is hulle wat sal probeer om my bSion in daardie dag voort te bring, want hulle sal die cgawe en die mag van die Heilige Gees hê; en as hulle dvolhard tot die einde toe, sal hulle verhef word op die laaste dag, en hulle sal gered word in die ewigdurende ekoninkryk van die Lam; en wie ook al fvrede sal verkondig, ja, tydings van groot blydskap, hoe lieflik op die berge sal hulle wees.

38 En dit het gebeur dat ek die oorblyfsel van my broers se saad gesien het, en ook die aboek van die Lam van God, wat voortgekom het uit die mond van die Jood, dat dit uitgegaan het vanaf die nie-Jode bna die oorblyfsel van die saad van my broers.

39 En nadat dit uitgegaan het na hulle, het ek ander aboeke gesien wat uitgegaan het deur die mag van die Lam, vanaf die nie-Jode na hulle toe, tot boortuiging van die nie-Jode en die oorblyfsel van my broers se saad, en ook die Jode wat verstrooi was oor die hele aangesig van die aarde, dat die kronieke van die profete en van die twaalf apostels van die Lam cwaar is.

40 En die engel het met my gespreek, en gesê: Hierdie alaaste kronieke, wat jy gesien het onder die nie-Jode, sal die bwaarheid bevestig van die ceerste, wat van die twaalf apostels van die Lam is, en sal die eenvoudige en kosbare dinge wat weggeneem is van hulle bekend maak; en sal aan alle stamme, tale en volke bekend maak, dat die Lam van God die Seun van die Ewige Vader is, en die dSaligmaker van die wêreld; en dat alle mense na Hom toe moet kom, of hulle kan nie gered word nie.

41 En hulle moet kom volgens die woorde wat bevestig sal word deur die mond van die Lam; en die woorde van die Lam sal in die kronieke van jou saad bekend gemaak word, sowel as in die kronieke van die twaalf apostels van die Lam; daarom sal hulle albei tot aeen bevestig word; want daar is been God en een cHerder oor die hele aarde.

42 En die tyd kom wanneer Hy Homself sal openbaar aan alle nasies, beide aan die aJode asook aan die nie-Jode; en nadat Hy Homself openbaar het aan die Jode en ook aan die nie-Jode, dan sal Hy Homself openbaar aan die nie-Jode en ook aan die Jode en die blaaste sal eerste wees, en die ceerste sal laaste wees.