Skrifture
1 Nefi 12


Hoofstuk 12

Nefi sien in ’n visioen die land van belofte; die regverdigheid, ongeregtigheid en ondergang van sy bewoners; die koms van die Lam van God onder hulle; hoe die Twaalf Dissipels en die Twaalf Apostels Israel sal oordeel, en die verfoeilike en vieslike toestand van diegene wat in ongeloof kwyn. Ongeveer 600–592 v.C.

1 En dit het gebeur dat die engel vir my gesê het: Kyk, en aanskou jou saad en ook die saad van jou broers. En ek het gekyk, en die aland van belofte gesien. En ek het skares mense gesien, ja, en wel as’t ware in getal so veel soos die sand van die see.

2 En dit het gebeur dat ek menigtes bymekaar versamel gesien het om oorlog te voer, die een teen die ander; en ek het aoorloë gesien, en gerugte van oorloë, en groot slagtinge met die swaard onder my volk.

3 En dit het gebeur dat ek baie geslagte sien verbygaan het, volgens die verloop van oorloë en twiste in die land; en ek het baie stede gesien, ja, en wel dat ek hulle nie kon tel nie.

4 En dit het gebeur dat ek ’n amiswolk van bdonkerheid op die aangesig van die land van belofte gesien het; en ek het weerligte gesien, en ek het donderslae gehoor, en aardbewings, en allerhande rumoere; en ek het die aarde en die rotse gesien, dat hulle skeur; en ek het berge in stukke sien tuimel; en ek het die vlaktes van die aarde gesien, dat hulle verbrokkel was; en ek het baie stede gesien dat hulle cweggesink het; en ek het baie gesien dat hulle met vuur verbrand was; en ek het baie gesien wat op die aarde neergeval het vanweë die skudding daarvan.

5 En dit het gebeur nadat ek hierdie dinge gesien het, het ek die amis van die duisternis gesien, dat dit vanaf die aangesig van die aarde verbygegaan het; en kyk, ek het menigtes gesien wat nie geval het vanweë die groot en verskriklike oordele van die Here nie.

6 En ek het die hemele sien oopgaan, en die aLam van God neerdaal uit die hemel; en Hy het neergedaal en Homself getoon aan hulle.

7 En ek het ook gesien en getuienis gelewer dat die Heilige Gees op atwaalf ander neergedaal het; en hulle is deur God geordineer en gekies.

8 En die engel het met my gespreek, en gesê: Aanskou die twaalf dissipels van die Lam wat gekies is om jou saad te dien.

9 En hy het vir my gesê: Jy onthou die atwaalf apostels van die Lam? Kyk, dit is hulle wat die twaalf stamme van Israel sal boordeel; daarom sal die twaalf dienaars van jou saad deur hulle geoordeel word; want julle is van die huis van Israel.

10 En hierdie atwaalf dienaars wat jy sien, sal jou saad oordeel. En kyk, hulle is regverdig vir ewig; want vanweë hul geloof in die Lam van God is hulle bkleding wit gemaak in sy bloed.

11 En die engel het vir my gesê: Kyk! En ek het gekyk en gesien dat adrie geslagte heengaan in regverdigheid; en hulle kleding was wit soos dié van die Lam van God. En die engel het vir my gesê: Hulle word wit gemaak in die bloed van die Lam, vanweë hulle geloof in Hom.

12 En ek, Nefi, het ook baie van die avierde geslag gesien wat heengegaan het in regverdigheid.

13 En dit het gebeur dat ek die menigtes van die aarde versamel gesien het.

14 En die engel het vir my gesê: Aanskou jou saad, en ook die saad van jou broers.

15 En dit het gebeur dat ek gekyk en die mense van my saad gesien het, wat versamel het in menigtes, ateenoor die saad van my broers; en hulle het versamel om oorlog te maak.

16 En die engel het met my gespreek, en gesê: Aanskou die fontein van avieslike water wat jou vader gesien het; ja, en wel die brivier waarvan hy gespreek het; en die dieptes daarvan is die dieptes van die chel.

17 En die amiswolke van duisternis is die versoekings van die duiwel, wat die oë bverblind, en die harte van die kinders van mense verhard, en hulle weglei in cbreë weë, dat hulle vergaan en verlore is.

18 En die groot en ruim agebou, wat jou vader gesien het, is ydele binbeeldinge en die choogmoed van die kinders van mense. En ’n groot en ’n verskriklike dkloof skei hulle; ja, en wel die woord van egeregtigheid van die Ewige God, en die Messias wat die Lam van God is, van wie die Heilige Gees getuienis lewer, vanaf die begin van die wêreld tot nou toe, en van nou af en vir ewig.

19 En terwyl die engel hierdie woorde gespreek het, het ek gekyk en gesien dat die saad van my broers geveg het teen my saad, volgens die woord van die engel; en vanweë die hoogmoed van my saad, en die aversoekinge van die duiwel, het ek gesien dat my broers se saad die volk van my saad boorweldig het.

20 En dit het gebeur dat ek gekyk, en gesien het dat die volk van my broers se saad my saad oorweldig het; en hulle het uitgegaan in menigtes oor die aangesig van die land.

21 En ek het hulle in skares sien versamel; en ek het aoorloë en gerugte van oorloë onder hulle gesien; en in oorloë en in gerugte van oorloë het ek baie geslagte sien heengaan.

22 En die engel het vir my gesê: Kyk hulle sal akwyn in ongeloof.

23 En dit het gebeur dat ek gesien het, dat nadat hulle gekwyn het in ongeloof, hulle ’n adonker, en ’n verfoeilike en ’n bvieslike volk geword het, vol luiheid en callerlei gruwels.