Skrifture
1 Nefi 11


Hoofstuk 11

Nefi sien die Gees van die Here en word in ’n visioen die boom van die lewe getoon—Hy sien die moeder van die Seun van God en leer van die neerdalendheid van God—Hy sien die doop, bediening, en kruisiging van die Lam van God—Hy sien ook die roeping en bediening van die Twaalf Apostels van die Lam. Ongeveer 600–592 v.C.

1 Want dit het gebeur nadat ek begeer het om die dinge te wete te kom wat my vader gesien het, en omdat ek geglo het dat die Here in staat was om dit bekend te maak aan my, terwyl ek dit in my hart sit en abepeins het, is ek bweggevoer deur die Gees van die Here, ja, na ’n uitermate hoë cberg, wat ek nog nooit vantevore gesien het nie, en waarop ek nog nooit vantevore my voet gesit het nie.

2 En die Gees het aan my gesê: Kyk, wat begeer jy?

3 En ek het gesê: Ek begeer om die dinge te aanskou wat my vader agesien het.

4 En die Gees het aan my gesê: Glo jy dat jou vader die aboom gesien het waarvan hy gespreek het?

5 En ek het gesê: Ja, U weet dat ek al die woorde van my vader aglo.

6 En nadat ek hierdie woorde gespreek het, het die Gees geroep met ’n luide stem, en gesê: Hosanna aan die Here, die allerhoogste God; want Hy is God oor die hele aaarde, ja, ook bo alles. En geseënd is jy, Nefi, omdat jy bglo in die Seun van die allerhoogste God; daarom, jy sal die dinge aanskou wat jy begeer het.

7 En kyk, hierdie ding sal gegee word aan jou as ateken, dat nadat jy die boom gesien het wat die vrugte gedra het wat jou vader geproe het, jy ook ’n man sal sien neerdaal uit die hemel, en Hom sal jy aanskou; en nadat jy Hom aanskou het, sal jy bgetuig dat dit die Seun van God is.

8 En dit het gebeur dat die Gees aan my gesê het: Kyk! En ek het gekyk en ’n boom gesien; en dit was soos die aboom wat my vader gesien het; en die skoonheid daarvan was bomatig, ja, bo alle skoonheid; die bwitheid daarvan het die witheid van die windverstrooide sneeu oortref.

9 En dit het gebeur nadat ek die boom gesien het, het ek vir die Gees gesê: Ek sien dat U my die boom getoon het wat akosbaar is bo alles.

10 En Hy het vir my gesê: Wat begeer jy?

11 En ek het vir Hom gesê: Om die auitlegging daarvan te ken—want ek het gespreek met Hom soos ’n mens spreek: want ek het gesien dat Hy in die bvorm van ’n mens was; tog, desnieteenstaande, het ek geweet dat dit die Gees van die Here is; en Hy het met my gespreek soos ’n mens met ’n ander sou spreek.

12 En dit het gebeur dat Hy vir my gesê het: Kyk! En ek het gekyk om na Hom te kyk, en ek het Hom nie gesien nie; want Hy het weggegaan van my teenwoordigheid af.

13 En dit het gebeur dat ek gekyk het, en die grote stad Jerusalem gesien het, en ook ander stede; en ek het die stad aNásaret gesien; en in die stad Násaret sien ek ’n bmaagd, en sy was uitermate rein en wit.

14 En dit het gebeur dat ek die ahemele geopend gesien het; en ’n engel het neergedaal en het voor my kom staan; en hy het vir my gesê: Nefi, wat sien jy?

15 En ek het aan hom gesê: ’n Maagd, uitermate mooi en rein bo alle ander maagde.

16 En hy het vir my gesê: Ken jy die neerdalendheid van God?

17 En ek het vir hom gesê: Ek weet dat Hy sy kinders liefhet; desnieteenstaande, ek ken nie die betekenis van alle dinge nie.

18 En Hy het vir my gesê: Kyk, die amaagd wat jy sien, is die bmoeder van die Seun van God, volgens die vlees.

19 En dit het gebeur dat ek gewaar het dat sy weggevoer was in die Gees; en nadat sy weggevoer was in die aGees vir ’n tydlank, het die engel met my gespreek en gesê: Kyk!

20 En ek het gekyk en weer die maagd gesien, terwyl sy ’n akind in haar arms dra.

21 En die engel het vir my gesê: Aanskou die aLam van God, ja, en wel die bSeun van die Ewige cVader! Ken jy die betekenis van die dboom wat jou vader gesien het?

22 En ek het hom geantwoord, en gesê: Ja, dit is die aliefde van God, wat hom ver en wyd uitstort in die harte van die kinders van mense; daarom, dit is die begeerlikste bo alle dinge.

23 En hy het met my gespreek, en gesê: Ja, en die averblydendste vir die siel.

24 En nadat hy hierdie woorde gesê het, het hy vir my gesê: Kyk! En ek het gekyk en die Seun van God gesien wat auitgaan onder die kinders van mense; en ek het baie sien neerval aan sy voete en Hom aanbid.

25 En dit het gebeur dat ek gesien het dat die astaaf van yster, wat my vader gesien het, die woord van God was, wat gelei het na die bron van blewende waters, of na die cboom van die lewe; welke waters die liefde van God voorstel; en ek het ook gesien dat die boom van die lewe ’n voorstelling was van die liefde van God.

26 En die engel het weer vir my gesê: Kyk en aanskou die aneerdalendheid van God!

27 En ek het gekyk en die Verlosser van die wêreld agesien, van wie my vader gespreek het; en ek het ook die bprofeet gesien wat die weg voor Hom sou berei. En die Lam van God het uitgegaan en is cgedoop deur hom; en nadat Hy gedoop is, het ek die hemele sien oopgaan, en die Heilige Gees uit die hemel sien neerdaal en op Hom bly in die vorm van ’n dduif.

28 En ek het gesien dat Hy uitgaan en die mense dien, in akrag en groot heerlikheid; en die skares het bymekaargekom om Hom te hoor; en ek het gesien dat hulle Hom uitgewerp het uit hulle midde.

29 En ek het ook atwaalf ander Hom sien volg. En dit het gebeur dat hulle weggevoer was in die Gees van voor my aangesig, en ek het hulle nie gesien nie.

30 En dit het gebeur dat die engel weer met my gespreek, en gesê het: Kyk! En ek het gekyk en gesien, en ek het die hemele weer sien oopgaan en ek het aengele sien neerdaal op die kinders van mense, en hulle het hulle gedien.

31 En hy het weer met my gespreek, en gesê: Kyk! En ek het gekyk en gesien, en ek het die Lam van God sien uitgaan onder die kinders van mense. En ek het ’n skare mense gesien wat siek was, en wat verdruk was deur allerhande kwale en met aduiwels en bonrein geeste; en die engel het gespreek en al hierdie dinge aan my getoon. En hulle is cgenees deur die mag van die Lam van God; en die duiwels en die onrein geeste is uitgewerp.

32 En dit het gebeur dat die engel weer met my gespreek, en gesê het: Kyk! En ek het gekyk en die Lam van God gesien, dat Hy gevange geneem is deur die mense; ja, die Seun van die ewigdurende God is averoordeel deur die wêreld; en ek het gesien en getuienis gelewer.

33 En ek, Nefi, het gesien dat Hy opgehef is op die akruis en bgedood is vir die sondes van die wêreld.

34 En nadat Hy doodgemaak is, het ek die skares van die aarde gesien, dat hulle bymekaargekom het om te stry teen die apostels van die Lam; want so is die twaalf deur die engel van die Here genoem.

35 En die skare van die aarde het bymekaargekom; en ek het gesien dat hulle in ’n groot en ruim agebou was, soos die gebou wat my vader gesien het. En die engel van die Here het weer met my gespreek, en gesê: Kyk die wêreld en die wysheid daarvan; ja, kyk, die huis van Israel het bymekaargekom om te stry teen die twaalf apostels van die Lam.

36 En dit het gebeur dat ek gesien en getuienis gelewer het dat die groot en ruim gebou die ahoogmoed van die wêreld was; en dit het geval, en die val daarvan was uitermate groot. En die engel van die Here het weer met my gespreek, en gesê: So sal die vernietiging wees van al die nasies, stamme, tale en volke, wat sal stry teen die twaalf apostels van die Lam.