Skrifture
1 Nefi 1


Die Eerste Boek van Nefi

Sy Heerskappy en Bediening

’n Kroniek van Lehi en sy vrou Saria, en sy vier seuns, wat genoem is, (beginnende by die oudste) Laman, Lemuel, Sam, en Nefi. Die Here waarsku Lehi om te vertrek uit die land Jerusalem, omdat hy profeteer tot die volk aangaande hul ongeregtigheid en hulle soek om sy lewe te vernietig. Hy onderneem ’n reis van drie dae die wildernis binne met sy gesin. Nefi neem sy broers en keer terug na die land Jerusalem om die kronieke van die Jode in die hande te kry. Die kroniek van hul verdrukkinge. Hulle neem die dogters van Ismael tot vrou. Hulle neem hul gesinne en trek die wildernis binne. Hul ontberinge en verdrukkinge in die wildernis. Die roete van hulle reise. Hulle kom by die groot waters aan. Nefi se broers rebelleer teen hom. Hy beskaam hulle en bou ’n skip. Hulle noem die naam van die plek Oorvloed. Hulle seil oor die groot waters na die beloofde land, ensovoorts. Dit is volgens die kroniek van Nefi; of, met ander woorde, ek, Nefi, het hierdie kroniek geskrywe.

Hoofstuk 1

Nefi begin die kroniek van sy volk—Lehi sien in ’n visioen ’n kolom van vuur en lees uit ’n boek van profesie—Hy loof God, voorspel die koms van die Messias, en profeteer aangaande die vernietiging van Jerusalem—Hy word vervolg deur die Jode. Ongeveer 600 v.C.

1 Ek, aNefi, omdat ek gebore is uit beerbare couers, daarom is ek in ’n mate donderrig in al die geleerdheid van my vader; en omdat ek baie everdrukkinge in die loop van my dae gesien het, desnieteenstaande, omdat ek hoog begunstig is deur die Here in al my dae; ja, omdat ek ’n groot kennis gehad het van die goedheid en fverborgenhede van God, daarom stel ek ’n gkroniek op van my handelinge in my dae.

2 Ja, ek stel ’n kroniek op in die ataal van my vader, wat bestaan uit die geleerdheid van die Jode en die taal van die Egiptenare.

3 En ek weet dat die kroniek wat ek opstel, awaar is; en ek maak dit met my eie hand; en ek maak dit volgens my kennis.

4 Want dit het gebeur aan die begin van die aeerste jaar van die heerskappy van bSedekía, koning van Juda, (my vader, Lehi, het al sy dae by cJerusalem gewoon); in daardie selfde jaar het daar baie dprofete gekom, wat profeteer tot die volk dat hulle moet bekeer, anders moet die grote stad eJerusalem vernietig word.

5 Daarop het dit gebeur dat my vader, aLehi, terwyl hy verder gaan, tot die Here gebid het, ja, en wel met sy hele bhart, ten behoewe van sy volk.

6 En dit het gebeur terwyl hy tot die Here gebid het, kom daar ’n akolom van vuur en bly staan op ’n rots voor hom; en hy het baie gesien en gehoor; en vanweë die dinge wat hy gesien en gehoor het, het hy uitermate gesidder en gebeef.

7 En dit het gebeur dat hy teruggekeer het na sy eie huis by Jerusalem; en hy het homself neergewerp op sy bed, omdat hy aoorweldig was deur die Gees en die dinge wat hy gesien het.

8 En terwyl hy so oorweldig was deur die Gees, is hy weggevoer in ’n avisioen, en wel só dat hy die bhemele geopend gesien het, en hy het gemeen dat hy God op sy troon sien sit, omring deur tallose skares engele in ’n houding van sang en lofbetuiging tot hulle God.

9 En dit het gebeur dat hy Een sien neerdaal het uit die middel van die hemel, en hy het gewaar dat sy aglans meer was as dié van die son op die middag.

10 En hy het ook atwaalf ander Hom sien volg, en hulle helderheid het dié oortref van die sterre aan die uitspansel.

11 En hulle het neergedaal en heengegaan op die aangesig van die aarde; en die eerste het gekom, en gestaan voor my vader, en aan hom ’n aboek gegee, en hom beveel dat hy moes lees.

12 En dit het gebeur dat terwyl hy lees, was hy vervul met die aGees van die Here.

13 En hy het gelees, en gesê: Wee, wee Jerusalem, want ek het jou agruwels gesien! Ja, en baie dinge het my vader gelees aangaande bJerusalem—dat dit verwoes sou word, en die inwoners daarvan; baie sou omkom deur die swaard, en baie sou cgevange weggevoer word na Babilon.

14 En dit het gebeur dat nadat my vader baie groot en wonderbaarlike dinge gelees en gesien het, hy baie dinge tot die Here uitgeroep het; soos: Groot en wonderlik is u werke, o Here God Almagtig! U troon is hoog in die hemele, en u mag, en goedheid, en barmhartighede is oor al die inwoners van die aarde; en, omdat U barmhartig is, sal U nie toelaat dat diegene wat na U toe akom, sal vergaan nie!

15 En volgens hierdie wyse was die taal van my vader in die verering van sy God; want sy siel het gejubel, en sy hele hart was gevul, vanweë die dinge wat hy gesien het, ja, wat die Here aan hom getoon het.

16 En nou stel ek, Nefi, nie ’n volledige kroniek op van die dinge wat my vader geskryf het nie, want hy het baie dinge geskryf wat hy in visioene en in drome gesien het; en hy het ook baie dinge geskryf wat hy ageprofeteer en gespreek het met sy kinders, waarvan ek nie ’n volledige kroniek sal opstel nie.

17 Maar ek sal ’n kroniek opstel van my handelinge in my dae. Kyk, ek maak ’n averkorting van die kroniek van my vader, op plate wat ek met my eie hande gemaak het; daarom, nadat ek die bkroniek van my vader verkort het, dan sal ek ’n kroniek van my eie lewe opstel.

18 Daarom wil ek hê dat julle moet weet, dat nadat die Here soveel wonderlike dinge aan my vader, Lehi, getoon het, ja, aangaande die averwoesting van Jerusalem, kyk, hy het uitgegaan onder die volk, en begin om te bprofeteer en om te verkondig aan hulle aangaande die dinge wat hy beide gesien en gehoor het.

19 En dit het gebeur dat die Jode hom abespot het vanweë die dinge wat hy van hulle getuig het; want hy het waarlik getuig van hul boosheid en hul gruwels; en hy het getuig dat die dinge wat hy gesien en gehoor het, en ook die dinge wat hy in die boek gelees het, het duidelik die koms van ’n bMessias geopenbaar, en ook die verlossing van die wêreld.

20 En toe die Jode hierdie dinge hoor, was hulle kwaad vir hom; ja, net soos met die profete van ouds, vir wie hulle auitgewerp, en gestenig, en doodgemaak het; en hulle het ook sy lewe gesoek, om dit te neem. Maar kyk, ek, Nefi, sal aan julle toon dat die tere bbarmhartighede van die Here oor al diegene is wat Hy gekies het, vanweë hul geloof, om hulle magtig te maak selfs tot die mag van verlossing.